Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 6/06 bl. 32
  • Miljoene sal dit bywoon—Sal jy?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Miljoene sal dit bywoon—Sal jy?
  • Ontwaak!—2006
Ontwaak!—2006
g 6/06 bl. 32

Miljoene sal dit bywoon—Sal jy?

◼ Wat bywoon? Die “Verlossing is op hande!”-streekbyeenkoms van Jehovah se Getuies! Honderde van hierdie driedaagse byeenkomste, wat die laaste naweek in Mei in die Verenigde State begin het, sal binne die volgende paar maande in stede regoor die wêreld gehou word. Gedurende ’n onlangse jaar het byna 11 miljoen mense 2 981 van hierdie streekbyeenkomste bygewoon!

Op die meeste plekke sal die sessies om 09:30 met musiek begin. Op Vrydag sal die aandag gevestig word op onderwerpe soos “Gee ag op Jehovah se beloftes van verlossing” en “Hoe Jehovah ‘die arme verlos wat om hulp roep’”. Die programrede, “Jehovah se voorsienings vir ons ‘ewige verlossing’”, sal die oggendsessie afsluit.

Vrydag se middagsessie sal toesprake insluit soos “Bejaardes geniet Jehovah se tere sorg”, “Verlossing uit pynlike benoudheid” en “Die rol van engele in die lewering van ‘openbare diens’”. Die vierdelige simposium “Jehovah—‘die Een wat ontkoming verskaf’” word gevolg deur die sessie se finale toespraak “Geen wapen of tong van teenstanders sal sukses hê nie”.

Saterdag se oggendsessie sluit ’n driedelige simposium in met die tema “Gaan ‘sonder ophou’ voort in die bediening” sowel as die toesprake “Bevry uit die valstrik van die voëlvanger” en “Ondersoek ‘die diep dinge van God’”. Ná die laaste toespraak van die oggendprogram sal diegene wat aan die vereistes voldoen, in water gedoop word.

Saterdagmiddag sal toesprake gehou word soos “Behou ’n skriftuurlike beskouing van gesondheidsorg”, “Watter gees oorheers jou lewe?”, “Behou ‘’n driedubbele tou’ in die huwelik” en “Jongmense, ‘dink nou aan julle Grootse Skepper’”. Die slottoespraak “Lewe jy met Jehovah se dag in gedagte?” bied praktiese raad vir vandag.

Sondagoggend se program sal ’n simposium insluit met die tema “Die koninkryk van die hemele is soos . . . ” In die vier toesprake sal party van Jesus se gelykenisse kortliks bespreek word.

Die oggendprogram sal voortgaan met ’n toespraak wat ’n hoogtepunt van die byeenkoms inlei, die gekostumeerde drama wat op hoofstuk 13 van die Bybelboek Eerste Konings gebaseer is. Gedurende die byeenkoms se laaste sessie, Sondagmiddag, sal die openbare toespraak “Verlossing deur God se Koninkryk is op hande!” aangebied word.

Beplan nou om dit by te woon. Tree met Jehovah se Getuies by die plaaslike Koninkryksaal in verbinding of skryf aan die uitgewers van hierdie tydskrif om uit te vind waar die byeenkoms naaste aan jou gehou sal word.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel