Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g93 9/22 bl. 32
  • Hulp vir mense wat in nood verkeer

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hulp vir mense wat in nood verkeer
  • Ontwaak!—1993
Ontwaak!—1993
g93 9/22 bl. 32

Hulp vir mense wat in nood verkeer

Hulp is presies wat talle mense met goeie bedoelings wil verleen. Maar watter soort hulp? En hoe kan dit voorsien word? ’n Goedhartige persoon het verlede Oktober aan die takkantoor van Jehovah se Getuies in Nederland geskryf en verduidelik hoe hy graag hulp wil verleen.

“Verlede Saterdag”, het hy verduidelik, “het iemand vir my ’n traktaatjie met die titel Lewe in ’n vreedsame nuwe wêreld aangebied. Ek dink dit is ’n aantreklike, maklik verstaanbare traktaat met ’n goeie boodskap. Dit lyk vir my of dit gepas is vir mense met baie probleme, mense wat werklik hulp wil hê, mense wat graag so ’n traktaat sal lees.

“Naby ons skool, Laurenskerkplein in Rotterdam, sit daar altyd ’n paar boemelaars, alkoholiste en dwelmverslaafdes rond. Ek wil graag ’n paar van julle traktate hê, wat ek dan vir hulle kan aanbied. Ek sal nie opdringerig wees wanneer ek dit doen nie. My idee is om vir hulle iets te gee wat ek interessant gevind het, wanneer ek by hulle verbystap.

“Ek hoop julle sal my in hierdie opsig help. Ek wens julle groot sukses toe met julle werk!”

Jehovah se Getuies lê hulle daarop toe om mense te help om meer omtrent God se voornemens te leer. As jy graag die bogenoemde traktaat of ’n gratis tuisbybelstudie wil hê, kan jy gerus skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740 of na die gepaste adres op bladsy 5.

[Prent op bladsy 32]

Lewe in ’n vreedsame nuwe wêreld

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel