Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwex artikel 5
  • Notas onder die wasmasjien

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Notas onder die wasmasjien
  • Ondervindinge van Jehovah se Getuies
  • Soortgelyke materiaal
  • Liefde verenig gesinne
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • “Ek het nog nooit sulke liefde ervaar nie”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • ’n Moeder se geloof seëvier oor ’n tragedie
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
  • Soeke na die waarheid beloon
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
Sien nog
Ondervindinge van Jehovah se Getuies
ijwex artikel 5
Notas en ’n potlood onder ’n wasmasjien

Notas onder die wasmasjien

Nadat Zarina as een van Jehovah se Getuies gedoop is, het sy uit Rusland teruggekeer na haar tuisland in Sentraal-Asië, en sy was vasbeslote om haar twee dogters in haar geloof groot maak. As gevolg van haar finansiële situasie het sy ’n eenvertrekwoonstel met haar ouers en haar broer en sy vrou gedeel. Haar ouers het vir haar gesê om nie vir haar kinders Bybelwaarheid te leer nie. Hulle het ook vir haar dogters gesê om nie met hulle ma oor die Bybel te praat nie.

Zarina het diep nagedink oor hoe sy haar dogters kon help om oor Jehovah te leer (Spreuke 1:8). Daarom het sy vurig tot hom gebid en hom vir leiding en wysheid gevra. Zarina het toe in ooreenstemming met haar gebede opgetree deur saam met haar dogters te gaan stap en met hulle te praat oor die wonderlike skepping. Hierdie kort uitstappies het haar dogters gehelp om in die Skepper belang te stel.

Toe het Zarina ’n manier gedink om haar dogters meer te leer deur die boek Wat leer die Bybel werklik?a te gebruik. Sy het paragrawe en vrae woord-vir-woord uit die boek op stukkies papier neergeskryf. Sy het ook ’n paar ekstra sinnetjies neergeskryf om haar dogters te help om die materiaal beter te verstaan. Toe het sy die stukkies papier saam met ’n potlood onder die wasmasjien in die badkamer weggesteek. Wanneer die dogters in die badkamer was, het hulle die paragrawe gelees en hulle antwoorde neergeskryf.

Deur hierdie metode te gebruik, kon Zarina twee hoofstukke van die Leer Bybel-boek met haar dogters studeer voordat hulle drie ’n ander plek gevind het om te bly. Daar kon sy haar dogters grootmaak sonder dat enigiemand inmeng. In Oktober 2016 is albei dogters gedoop. Hulle was bly dat hulle ma verstandig en versigtig opgetree het om hulle geestelik te voed.

a Baie mense gebruik nou die boek Wat kan die Bybel ons leer?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel