Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mrt artikel 14
  • Het Johannes die Doper regtig bestaan?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Het Johannes die Doper regtig bestaan?
  • Nog onderwerpe
  • Soortgelyke materiaal
  • Moord gedurende ’n verjaarsdagpartytjie
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Wie was Johannes die Doper?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Moord gedurende ’n verjaarsdagparty
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • ‘Daar is niemand groter nie’
    Wees moedig en maak God gelukkig
Sien nog
Nog onderwerpe
mrt artikel 14
Johannes die Doper doop mense.

Het Johannes die Doper regtig bestaan?

Die Evangelieverslae praat van ’n man wat Johannes die Doper genoem is, wat in Judea oor God se Koninkryk gepreek het. Is die Bybel se verslag oor hierdie man akkuraat? Dink hieraan:

  • Die Bybel sê: “Johannes die Doper [het] in die wildernis van Judea kom preek en gesê: ‘Toon berou, want die Koninkryk van die hemel het naby gekom’” (Matteus 3:1, 2). Word hierdie stelling deur sekulêre bronne bevestig? Ja.

    Die eerste-eeuse geskiedskrywer Flavius Josefus het gepraat van ’n man wat “Johannes, met die van, die Doper,” genoem is, wat “die Jode aangemoedig het om ’n regverdige lewe te lei,” hulle “aan God toe te wy” en “gedoop te word”. – Jewish Antiquities, Book XVIII.

  • Die Bybel verduidelik dat Herodes Antipas, wat die distriksheerser in Galilea en Perea was, deur Johannes teregwys is. Herodes het gesê dat hy ’n Jood was wat die Wet van Moses gehoorsaam het. Johannes het vir Herodes gesê dat dit verkeerd is om met sy halfbroer se vrou, Herodias, te trou (Markus 6:18). Hierdie besonderhede word ook deur ander bronne, buiten die Bybel, bevestig.

    Die geskiedskrywer Josefus het gesê dat Antipas “op Herodias verlief geraak het” en “skaamteloos met haar oor trou gepraat het”. Herodias het toe haar man gelos en met Antipas getrou.

  • Die Bybel sê dat “Jerusalem en die hele Judea en die hele omgewing om die Jordaanrivier na hom toe gegaan [het], en hulle is deur hom in die Jordaanrivier gedoop.”– Matteus 3:5, 6.

    Josefus het ook hierdie besonderhede bevestig. Hy het geskryf dat mense in “groot groepe” na hom toe gekom het en dat “hulle diep geraak is deur die dinge wat hy hulle geleer het”.

Dit is duidelik dat die eerste-eeuse geskiedskrywer Josefus Johannes die Doper as ’n werklike persoon beskou het. En ons kan ook.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel