Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mrt artikel 131
  • Hulp vir dié wat blind is

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hulp vir dié wat blind is
  • Nog onderwerpe
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe God voel oor dié wat blind is
  • Hoe Jehovah se Getuies help
  • Watter hulpmiddele vir Bybelonderrigting voorsien ons?
  • Help die blindes om van Jehovah te leer
    Ons Koninkryksbediening—2015
  • Kolletjies wat lewens verander
    Hoe jou donasies gebruik word
  • Verbeter jou vaardighede in die bediening – Preek vir die blindes
    Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2020
  • Die lewe as ’n blinde persoon
    Ontwaak!—2015
Sien nog
Nog onderwerpe
mrt artikel 131
’n Man wat blind is, sit buite op ’n bankie en luister na ’n oudio-opname op die “JW Library”-app.

Hulp vir dié wat blind is

Daar word geskat dat daar wêreldwyd 43 miljoen mense is wat blind is en 295 miljoen mense is wat swak siga het. Ongelukkig word baie van hierdie individue sleg of selfs onregverdig behandel.

Hoe voel God oor mense wat blind is? Wat sê die Bybel oor hulle? En hoe help Jehovah se Getuies hulle vandag?

Hoe God voel oor dié wat blind is

Die Bybel wys dat Jehovahb regtig omgee oor dié wat blind is. Hy wil hê dat hulle regverdig behandel moet word en moet baat vind by die onderrigting wat hy voorsien. Hy gee hulle ook ’n wonderlike hoop vir die toekoms.

Bybelteks: “Vervloek is die persoon wat ’n blinde persoon . . . laat verdwaal.” – Deuteronomium 27:18.

Betekenis: In eertydse tye het die Wet wat God aan sy volk gegee het blinde mense teen mishandeling beskerm.

Bybelteks: “God [is] nie partydig . . . nie.” – Handelinge 10:34.

Betekenis: God het mense wat blind is net so lief soos mense wat kan sien.

Bybelteks: Jesus “het baie blindes laat sien”. – Lukas 7:21.

Betekenis: Deur party blindes te laat sien, het Jesus gewys wat God se Koninkryk in die toekoms sal doen.

Bybelteks: “Die oë van die blindes [sal] kan sien.” – Jesaja 35:5.

Betekenis: Jehovah belowe dat binnekort, wanneer God se Koninkryk oor die aarde regeer, blindes weer sal kan sien.

Hoe Jehovah se Getuies help

Wêreldwyd deel ons as Jehovah se Getuies God se boodskap van hoop met mense wat blind is. Hoe doen ons dit?

  • Ons vervaardig die Bybel sowel as Bybelstudiepublikasies en -video’s in verskeie formate wat vir blindes en dié wat swak sig het toeganklik is, insluitende braille, groot druk en oudio.

  • Ons het gereeld Christelike vergaderinge waar almal welkom is, insluitende dié wat blind is.

  • Ons bied almal die geleentheid aan om die Bybel saam met ’n persoonlike onderrigter te studeer.c

Al hierdie dinge is gratis. Hoekom? Omdat Jesus beveel het: “Julle het verniet ontvang, verniet moet julle gee.” – Matteus 10:8.

Jehovah se Getuies gee werklik om vir mense wat blind is. Dié wat God saam met ons wil aanbid, sal goeie en behulpsame vriende vind. Kyk na die ondervindinge van party Getuies van Jehovah wat blind is.

Talita Alnashi, in Swede, het al van geboorte af swak sig. Vind uit hoe haar ouers haar oor die Bybel geleer het en hoe sy en haar gesin liefde en ondersteuning van hulle vriende ontvang het.

James Ryan, in die Verenigde State, is doof gebore en het later blind geword. Vind uit hoe hy ’n bevredigende lewe lei.

Cynthia Pablo.

Cynthia Pablo, in die Filippyne, is doof en blind. Hoe het haar medeaanbidders haar gedurende die moeilike COVID-19-pandemie ondersteun? Vind uit in die artikel “Gemeente help dowe en blinde suster gedurende pandemie”.

Watter hulpmiddele vir Bybelonderrigting voorsien ons?

’n Man wat blind is, gebruik ’n brailletikmasjien.

Braillepublikasies. Ons gee braille-uitgawes van die Bybel, in sy geheel of gedeeltelik, in ’n hele paar tale uit. (Vir ’n lys van tale sien die venster “Nuwe Wêreld-vertaling van die Bybel in braille”.) Ons vervaardig ook braille-uitgawes van baie van ons Bybelpublikasies. Ons gee ’n werkboek met die titel Learn to Read Braille uit aan dié wat graag braille wil leer. Dit is ontwerp om iemand wat blind is te help om te leer hoe om braille te lees met behulp van iemand wat kan sien.

  • Kry harde kopieë van braillepublikasies deur met een van Jehovah se Getuies te praat of vra om besoek te word.

  • Laai lêers vir brailletikmasjiened op jw.org af.

Grootdrukpublikasies en digitale inhoud wat vergroot kan word. Grootdrukweergawes van baie van ons publikasies is beskikbaar vir dié wat swak sig het. Ons webwerf, jw.org, is ontwerp om reg te vertoon selfs wanneer die webblad vergroot word. Op die JW Library-app kan die teksgrootte van ’n publikasie ook verander word.

  • Kry harde kopieë van grootdrukpublikasies deur met een van Jehovah se Getuies te praat of vra om besoek te word.

  • Laai digitale grootdrukpublikasies op jw.org af wat soortgelyk is aan die harde kopieë.

Oudiopublikasies. Ons maak oudio-opnames van die Nuwe Wêreld-vertaling van die Bybel in meer as 200 tale. Ons maak ook oudio-opnames van baie van ons Bybelpublikasies. Hierdie opnames sluit dikwels beskrywings van die prente in.

  • Stroom of laai oudio op jw.org en in die JW Library-app af.

  • Laai lêers op jw.org af vir leesstelsels, soos skermlesers en digitale praatboek-spelers.e

’n Prentjie van ’n persoon wat hard praat.

Video’s met oudiobeskrywings.f Jehovah se Getuies maak Bybelvideo’s met oudiobeskrywings in meer as 100 tale. Hierdie video’s help mense om die Bybel se praktiese raad te verstaan en toe te pas.

Jy kan na ’n paar voorbeelde van oudiobeskrywings in hierdie videoreekse luister:

  • Vir ’n gelukkige huwelik

  • Die Bybel verander lewens

  • Witbord-tekenprente

Vergaderinge en geleenthede. Ons het gemeentes regoor die wêreld waar ons elke week bymekaarkom om te leer en te aanbid. Ons organiseer ook elke jaar groter geleenthede vir Bybelonderrigting. By ons geleenthede wat video’s insluit, probeer ons om oudiobeskrywings beskikbaar te maak aan dié wat dit nodig het. Wanneer dit moontlik is, doen ons tasbare gebaretaal vir dié wat blind en doof is by ons vergaderinge en geleenthede. Almal is welkom en ons diskrimineer nie teen enige iemand nie.

  • Vind ’n vergadering naby jou.

  • Leer meer oor ons jaarlikse streekbyeenkomste.

  • Woon die Herdenking van Jesus se dood by, ons belangrikste geleentheid van die jaar.

José Luis Ayala bly in Mexiko. Hy is doof gebore en het teen die ouderdom vir 29 blind geword. Vind uit watter rol ons vergaderinge in sy lewe gespeel het en hoe hy gehelp is om ’n effektiewe onderrigter van die Bybel te word.

Die Nuwe Wêreld-vertaling van die Bybel in braille

Braille-uitgawes van hierdie Bybel wat maklik is om te lees, is vanaf 1 Mei 2025 in die volgende tale beskikbaar.

Chichewa

Duits

Engels

Frans

Georgies

Grieks

Hongaars

Italiaans

Japannees

Koreaans

Nederlands

Oekraïens

Portugees (Brasilië)

Russies

Spaans

a ’n Persoon wat “swak sig” het se sig kan nie reggestel word nie en dit affekteer sy daaglikse lewe. In hierdie artikel verwys “blind” na algehele blindheid en swak sig.

b Jehovah is die persoonlike naam van God. (Psalm 83:18) Sien die artikel “Wie is Jehovah?”

c Jy kan vir ’n demonstrasie van hierdie gratis Bybelstudieprogram vra.

d Brailletikmasjiene is draagbare elektroniese toestelle wat ’n brailleskerm het wat verfris kan word of ’n stem het wat deur ’n rekenaar gegenereer is of albei. Brailleskerms wat kan verfris, werk deur pennetjies op te lig of af te sak om braillekarakters te skep. Wanneer iemand ’n brailletikmasjien het, het hy nie baie gebrailleerde harde kopieë nodig nie.

e Skermlesers en digitale praatboek-spelers lees teks hardop deur ’n stem te gebruik wat deur ’n rekenaar gegenereer is of deur oudio te gebruik wat voor die tyd opgeneem is. Hierdie tegnologieë help gebruikers om sekere dele van die publikasie te vind.

f Oudiobeskrywings is sinnetjies wat by ’n video gevoeg word om te verduidelik wat op die skerm gebeur.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel