Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mrt artikel 138
  • “Julle sal van oorloë . . . hoor”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Julle sal van oorloë . . . hoor”
  • Nog onderwerpe
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat Jesus ander geleer het
  • Wat Jesus sal doen
  • Wanneer sal mense ophou veg? – Wat sê die Bybel?
    Nog onderwerpe
  • Lewe ons in die laaste dae?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Binnekort ’n wêreld sonder oorlog
    Ontwaak!—1996
  • Hoe ons weet dat Armageddon naby is
    Leer by die Groot Onderwyser
Sien nog
Nog onderwerpe
mrt artikel 138
Collage: Jesus praat met sy volgelinge oor die tye waarin ons vandag lewe. Prentjies wat tonele van moderne oorloë wys: ’n straat in ’n stad wat uitgebrand het, ’n reuse paddastoelwolk wat deur ’n kernontploffing veroorsaak is en soldate en militêre tenke wat die strate van ’n stad patrolleer.

LEER BY JESUS

“Julle sal van oorloë . . . hoor”

‘Gedurende my loopbaan, wat in die 1960’s begin het, het ek verslag gelewer oor meer as 40 oorloë regoor die wêreld. Ek het gesien hoe die Koue Oorlog ’n hoogtepunt bereik en toe skielik net ophou. Maar ek het nog nooit ’n jaar gesien wat my so bekommer het soos 2025 nie – nie net omdat daar ’n hele paar groot konflikte aan die gang is nie, maar omdat dit duidelik word dat een van hulle ’n baie slegte impak op die politiek van die wêreld kan hê op ’n manier wat nog nooit voorheen gebeur het nie.’ – John Simpson, BBC se redakteur vir wêreldgebeure, deur ons beklemtoon.

Mense is bekommerd oor die oorloë wat regoor die wêreld plaasvind. Baie mense wonder of dinge ooit beter sal word. Wat het Jesus ander geleer?

Wat Jesus ander geleer het

Jesus het die toestande wat ons vandag sien, voorspel. Hy het sy volgelinge gewaarsku: “Julle sal van oorloë en berigte van oorloë hoor.” – Matteus 24:6.

Al is die oorloë en gewelddadige konflikte wat ons vandag sien baie ontstellend, het ons goeie rede om hoop te hê. Hoekom? Omdat Jesus ander geleer het dat groot oorloë – asook ander gebeure, toestande en gesindhede – “die teken” sou wees dat ons in “die einde van die wêreldstelsel” lewe (Matteus 24:3; Lukas 21:7). Dit beteken dat die dag sal kom wanneer Jesus oorloë iets van die verlede sal maak. Hoe?

Wat Jesus sal doen

In die nabye toekoms sal Jesus, as Koning van God se Koninkryk, “regoor die aarde ’n einde aan oorloë” maak. – Psalm 46:9.

Om meer uit te vind oor hierdie vreedsame toekoms, hoe dit sal gebeur en wat dit vir jou kan beteken, lees die artikel “Hoe oorlog en gewelddadige konflik sal eindig”.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel