Justin Paget/Stone via Getty Images
’n Epidemie van eensaamheid – Hoe kan jy minder eensaam voel?
“Ongeveer die helfte van die volwassenes in die Verenigde State het gesê dat hulle eensaam voel, en party van die hoogste syfers is onder jong volwassenes.” – Our Epidemic of Loneliness and Isolation: The U.S. Surgeon General’s Advisory on the Healing Effects of Social Connection and Community, 2023.
Die Wêreldgesondheidsorganisasie het aangekondig dat hulle ’n groep mense toegewys het wie se werk dit is om eensaamheid as ’n dringende gesondheidsprobleem te hanteer. Hulle moet ook mense aanmoedig om daarop te fokus om verhoudings met ander te ontwikkel en beter maniere vind om eensaamheid in alle lande te behandel, maak nie saak hoe arm daardie lande is nie. – Die Wêreldgesondheidsorganisasie, 15 November 2023.
Die Bybel gee praktiese raad wat ons help om gesonde verhoudings met ander mense te ontwikkel.
Raad in die Bybel wat kan help
Probeer om minder dinge te doen wat jou van ander afsonder. Sulke dinge sluit in dat jy te veel op sosiale media is. Soek eerder na geleenthede om tyd met mense te spandeer en om regte vriende te maak.
Bybelwaarheid: “’n Ware vriend betoon altyd liefde en is ’n broer gedurende moeilike tye.” – Spreuke 17:17.
Soek na geleenthede om ander te help. Wanneer ons liefdevolle dinge vir ander doen, versterk dit nie net ons verhouding met hulle nie, maar laat dit ons ook emosioneel beter voel.
Bybelwaarheid: “Dit maak ’n mens gelukkiger om te gee as om te ontvang.” – Handelinge 20:35.
Gaan na ons webwerf vir meer inligting uit die Bybel oor hoe om goeie vriendskappe op te bou.