Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mrt artikel 35
  • Uiterste weerstoestande – Kan die Bybel jou help?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Uiterste weerstoestande – Kan die Bybel jou help?
  • Nog onderwerpe
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Uiterste weerstoestande van vandag is nie ’n straf van God nie
  • God gee om oor slagoffers wat deur uiterste weerstoestande geraak is
  • Wanneer uiterste weerstoestande nie meer ’n probleem sal wees nie
  • Hoe om nou met uiterste weerstoestande saam te lewe
  • Die kuns en wetenskap van weervoorspelling
    Ontwaak!—2001
  • Die somer van 2023 se wêreldwye hittegolf – Wat sê die Bybel?
    Nog onderwerpe
  • Wat sê die Bybel oor natuurrampe?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Die weer—Is iets fout?
    Ontwaak!—2003
Sien nog
Nog onderwerpe
mrt artikel 35
Collage: ’n Paar rampspoedige gevolge van uiterste weerstoestande. 1. ’n Huis wat erg beskadig is en omring is deur verwoesting en bome wat geval het. 2. ’n Verwoestende bosbrand langs die kant van ’n berg. 3. ’n Kar wat halfpad onderwater is op ’n oorstroomde straat in die stad.

Uiterste weerstoestande – Kan die Bybel jou help?

Is jy een van die miljoene mense wat deur uiterste weerstoestande geraak is? Weerstoestande wat gevaarlik is en die verwoestende uitwerking daarvan, kom in verskillende vorme. Orkane, tifone, siklone en tornado’s veroorsaak dikwels oorstromings en skade as gevolg van die wind. Swaar reën kan grondstortings veroorsaak, sowel as storms met weerlig wat vernietigende veldbrande kan begin. Droogtes, hittegolwe en storms in die winter kan net so vernietigend wees.

In baie dele van die wêreld is daar al hoe meer weerstoestande wat rampe veroorsaak, en dit bring meer skade as ooit tevore. ’n Verslag deur die Internasionale Federasie van Rooi Kruis- en Rooi Halfmaanverenigings sê: “Meer mense as ooit tevore word deur rampe geraak. Dit is omdat daar al hoe meer oorstromings, storms en droogtes is. As gevolg hiervan sterf baie mense, kan ander nie ’n bestaan maak nie en verloor miljoene hulle huise.”

Wanneer sulke dinge gebeur, kry mense nie net fisies swaar nie, maar ook emosioneel. Hulle kry swaar omdat hulle hulle besittings, hulle huis of selfs ’n geliefde in die dood verloor het.

As jy deur uiterste weerstoestande geraak is, kan die Bybel jou help. Dit voorsien vertroosting, hoop en praktiese raad. Dit het al baie slagoffers gehelp wat geraak is deur rampe wat deur slegte weerstoestande veroorsaak word (Romeine 15:4). Dit beantwoord ook belangrike vrae wat baie mense pla, soos: Hoekom het God toegelaat dat dit gebeur? Straf hy my?

Uiterste weerstoestande van vandag is nie ’n straf van God nie

Die Bybel wys dat God nie verantwoordelik is vir die swaarkry wat mense ondervind nie. Die Bybel verseker ons: “God kan nie met slegte dinge getoets word nie, en hy toets ook niemand met slegte dinge nie” (Jakobus 1:13). Dit beteken dat hy nie die uiterste weerstoestande veroorsaak wat mense vandag raak nie.

Die Bybel beskryf wel gebeure waar God natuurkragte gebruik het om slegte mense te straf. Maar daardie gebeure was anders as die vernietigende weerstoestande van vandag. Vandag se slegte weerstoestande kom sonder waarskuwing en tref goeie sowel as slegte mense. Maar die Bybel wys dat God altyd onskuldige mense beskerm het, hulle voor die tyd gewaarsku het en verduidelik het wat die redes vir sy optrede is. Byvoorbeeld, God het verduidelik hoekom hy die wêreldwye Vloed in Noag se tyd veroorsaak het, hy het almal voor die tyd gewaarsku en hy het Noag en sy familie beskerm. – Genesis 6:13; 2 Petrus 2:5.

Om meer uit te vind oor hoe ons weet dat vandag se natuurrampe nie ’n straf van God is nie, sien die artikel “Wat sê die Bybel oor natuurrampe?”

God gee om oor slagoffers wat deur uiterste weerstoestande geraak is

Die Bybel wys dat Jehovaha God omgee en meegevoel het. Kyk na die volgende vertroostende verse.

  • Jesaja 63:9: “Wanneer dit sleg gegaan het met hulle, het [God] saam met hulle gely.”

    Betekenis: Dit maak Jehovah seer om te sien hoe mense swaarkry.

  • 1 Petrus 5:7: “Hy gee om vir julle.”

    Betekenis: Jehovah wil hê dat dit met jou goed moet gaan.

Jehovah se besorgdheid en meegevoel beweeg hom om op te tree. Hy voorsien vertroosting deur middel van die Bybel. Dit bevat praktiese raad en ’n betroubare hoop op ’n toekoms sonder rampe wat deur slegte weerstoestande veroorsaak word. – 2 Korintiërs 1:3, 4.

Wanneer uiterste weerstoestande nie meer ’n probleem sal wees nie

In die Bybel belowe Jehovah om ons “’n toekoms en ’n hoop [te] gee” (Jeremia 29:11). Hy wil hê dat die aarde ’n paradys moet word en dat mense die lewe daarop moet geniet sonder om bang te wees vir die weer. – Genesis 1:28; 2:15; Jesaja 32:18.

God sal sy Koninkryk gebruik, ’n hemelse regering met Jesus as Koning, om hierdie wonderlike toekoms te laat gebeur (Matteus 6:10). Jesus het die wysheid sowel as die mag wat nodig is om natuurrampe te voorkom. Toe Jesus op die aarde was, het hy gewys dat hy die mag het om die weer te beheer (Markus 4:37-41). Hy sal met begrip en wysheid regeer en mense leer hoe om vir die omgewing te sorg en hoe om in eenheid met die natuur te lewe (Jesaja 11:2). Onder Jesus se heerskappy sal mense nooit weer deur uiterste weerstoestande geraak word nie.

Jy wonder dalk: ‘Wanneer sal Jesus sy mag gebruik om die weer te beheer?’ Om hierdie vraag te beantwoord, sien die artikel “Wanneer sal God se Koninkryk oor die aarde regeer?”

Hoe om nou met uiterste weerstoestande saam te lewe

Die Bybel se raad kan jou voor, gedurende en ná uiterste weerstoestande help.

  • ’n Grypsak met kos, water en medisyne.

    Voor die tyd: Wees voorbereid om dadelik op te tree.

    Wat die Bybel sê: “Die verstandige sien die gevaar en vermy dit, maar die onervarene gaan voort en moet die gevolge dra.” – Spreuke 22:3.

    Betekenis: Wees bewus van rampe wat jou gebied kan raak sodat jy vinnig kan optree en jou gesin kan beskerm.

    Ondervinding: “Toe ons vir die veldbrand moes vlug, was ons voorbereid. Ons grypsakke was gereed. Ons het ons medikasie gehad. Ons het ons klere gehad. Die mense om ons was paniekerig, en hulle kon nie reguit dink nie. Maar ek is so dankbaar dat ons alles gehad het wat nodig was!” – Tamara, Kalifornië, VSA.

  • ’n Paartjie hou hulle kind vas terwyl hulle na hulle oorstroomde huis kyk.

    Gedurende: Fokus op wat belangrik is.

    Wat die Bybel sê: “Selfs wanneer iemand ’n oorvloed het, hang sy lewe nie van sy besittings af nie.” – Lukas 12:15.

    Betekenis: Die lewe is belangriker as besittings.

    Ondervinding: “Toe tifoon Lawinb ons huis vernietig het, kon ek nie reguit dink oor wat ek moes doen nie. Maar wat ek wel gedoen het, was om intens tot Jehovah God te bid. Ek het besef dat ons net materiële dinge verloor het, en nie ons lewens nie.” – Leslie, Filippyne.

  • ’n Kalender met dae wat afgemerk is.

    Ná die tyd: Vat een dag op ’n slag.

    Wat die Bybel sê: “Moet . . . nooit bekommerd wees oor die volgende dag nie, want die volgende dag sal sy eie bekommernisse hê.” – Matteus 6:34.

    Betekenis: Moenie te besorg wees oor dinge wat in die toekoms kan gebeur nie.

    Ondervinding: “Nadat orkaan Irma my huis oorstroom het, moes ek baie besluite maak, en dit het my uitgestres. Ek het probeer om die Bybel se raad te volg om dinge een dag op ’n slag te vat. Ek het gevind dat met Jehovah se hulp ek baie meer kan hanteer as wat ek ooit kon gedink het.” – Sally, Florida, VSA.

Vir nog praktiese wenke, sien die artikel “Wanneer ’n ramp tref—Hoe lewens gered kan word”.

a Jehovah is God se persoonlike naam. – Psalm 83:18.

b Ook bekend as tifoon Haima.

Ware verhale

Kyk na die volgende video’s oor hoe Bybelwaarhede Jehovah se Getuies gehelp het om mekaar te ondersteun nadat hulle deur natuurrampe getref is.

  • Oorstromings in Brasilië

  • Veldbrande in Kalifornië

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel