Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mrt artikel 34
  • Sal terrorisme ooit tot ’n einde kom?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Sal terrorisme ooit tot ’n einde kom?
  • Nog onderwerpe
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe voel God oor terrorisme?
  • Die hoofoorsaak van terrorisme
  • Die einde van terrorisme
  • Terrorisme—Die einde is naby!
    Ontwaak!—2001
  • Vrede op aarde—Uiteindelik!
    Ontwaak!—2006
  • Geskiedenis in bloed geskryf
    Ontwaak!—2006
  • Inhoudsopgawe
    Ontwaak!—2001
Sien nog
Nog onderwerpe
mrt artikel 34
’n Brandweerman help mense om uit geboue te kom wat ineengestort het.

Sal terrorisme ooit tot ’n einde kom?

Ná ’n terroriste-aanval is dit natuurlik om jouself af te vra: ‘Gee God om? Hoekom gebeur hierdie dinge? Sal terrorismea ooit tot ’n einde kom? Hoe kan ek met die vrees saamlewe?’ Die Bybel voorsien bevredigende antwoorde op hierdie vrae.

Hoe voel God oor terrorisme?

God haat geweld en terrorisme (Psalm 11:5; Spreuke 6:16, 17). En Jesus, God se verteenwoordiger, het sy dissipels reggehelp toe hulle gewelddadig opgetree het (Matteus 26:50-52). Hoewel party sê dat hulle in God se naam gewelddadige dinge doen, het hy hulle nie die reg gegee om so op te tree nie. Om die waarheid te sê, hy luister nie eers na hulle gebede nie. – Jesaja 1:15.

God gee om oor almal wat swaarkry, insluitende diegene wat deur terroriste-aanvalle geraak word (Psalm 31:7; 1 Petrus 5:7). Die Bybel wys ook dat God iets sal doen om ’n einde aan geweld te maak. – Jesaja 60:18.

Die hoofoorsaak van terrorisme

Die Bybel wys wat die hoofrede vir terrorisme is: “Die mens [heers] oor die mens . . . tot sy nadeel” (Prediker 8:9). Regdeur die geskiedenis het mense met mag terrorisme gebruik om ander te onderdruk. As gevolg van die onderdrukking het ander mense terrorisme gebruik om terug te veg. – Prediker 7:7.

Die einde van terrorisme

God belowe om vrees en geweld te verwyder en om vrede op die aarde te bring (Jesaja 32:18; Miga 4:3, 4). Hy sal:

  • Die hoofoorsaak van terrorisme verwyder. God sal menseregerings met sy wêreldwye regering vervang. Die Heerser van hierdie regering, Jesus Christus, sal almal regverdig behandel, en hy sal onderdrukking en geweld wegneem (Psalm 72:2, 14). Dan sal niemand van terrorisme gebruik maak nie. Mense “sal groot vreugde vind in die oorvloed van vrede”. – Psalm 37:10, 11.

  • Al die gevolge van terrorisme wegneem. God sal al die mense wat deur terrorisme geraak is, fisies sowel as emosioneel gesond maak (Jesaja 65:17; Openbaring 21:3, 4). Hy belowe selfs dat hy die dooies weer lewend sal maak op ’n aarde waar daar vrede sal wees. – Johannes 5:28, 29.

Die Bybel gee ons goeie redes om te glo dat God binnekort iets sal doen. Maar jy wonder dalk: ‘Hoekom het God nog nie ’n einde aan terrorisme gemaak nie?’ Om die antwoord te kry, kyk na die video Hoekom laat God toe dat mense swaarkry?

a “Terrorisme” verwys oor die algemeen na die gebruik of gevaar van geweld – veral teen burgers. Die doel is om mense bang te maak sodat daar ’n politieke, godsdienstige of sosiale verandering kan gebeur. Maar of ’n spesifieke daad as terrorisme beskou kan word of nie, is ’n vraag waaroor mense nie saamstem nie.

Die Bybel help mense

Hier is twee voorstelle uit die Bybel wat jou kan help.

  • Bid tot God. – Filippense 4:6, 7.

  • Fokus op die Bybel se boodskap van hoop. – Hebreërs 6:19.

Vir meer wenke uit die Bybel, sien die artikel “Hoe om jou bekommernisse te beheer”.

Jehovah se Getuies wat deur terrorisme geraak is, het ook ondersteuning van medeaanbidders gekry. Kyk na twee voorbeelde:

  • Gedenkkranse wat buite ’n skool in Beslan, Rusland, gesit is.

    Natalya en haar negejarige seun, Aslan, was by ’n skool in Beslan, Rusland, toe gewapende terroriste die gebou bestorm het en meer as 1 000 mense gevange geneem het. Ongelukkig het honderde mense gesterf, en die meeste van hulle was kinders. Hoewel Natalya en Aslan dit oorleef het, was hulle getraumatiseer. Kyk wat hulle gehelp het om beter te voel.

  • Pablo en Sophie.

    Pablo en Sophie het hulle seun verloor toe die Tweelingtorings in New York aangeval is. Kyk na hierdie video om uit te vind wat hulle en ander gehelp het wat deur terroriste-aanvalle geraak is.

Die Bybel help mense om te verander

Baie mense voel gefrustreerd deur die ongeregtigheid en onderdrukking in die wêreld. Hulle voel dalk dat geweld en terrorisme die enigste oplossing tot hierdie probleme is. Kan sulke mense verander? Ja. Om uit te vind hoe die Bybel se boodskap party gehelp het om dit te doen, lees die artikel “Is ’n wêreld sonder terrorisme moontlik?”

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel