Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwyp artikel 101
  • Tuisonderrig: Hoe kan ek ’n sukses hiervan maak?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Tuisonderrig: Hoe kan ek ’n sukses hiervan maak?
  • Jongmense vra
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Vyf wenke wat jou kan help om suksesvol te wees
  • Só baie huiswerk—Wat kan ek doen?
    Ontwaak!—1993
  • Hoe kan ek leer om te fokus?
    Jongmense vra
  • Waarom moet ek hard leer op skool?
    Ontwaak!—1992
  • Hoe kan ek my tyd goed gebruik?
    Jongmense vra
Sien nog
Jongmense vra
ijwyp artikel 101
’n Tienerseun studeer by ’n tafel naby ’n venster in sy huis.

JONGMENSE VRA

Tuisonderrig: Hoe kan ek ’n sukses hiervan maak?

Baie studente kry nou hulle opvoeding in ’n ander soort “klaskamer” – by die huis. As dit die geval is, hoe kan jy ’n sukses hiervan maak? Hier is ’n paar voorstelle.a

  • Vyf wenke wat jou kan help om suksesvol te wees

  • Wat ander jongmense sê

Vyf wenke wat jou kan help om suksesvol te wees

  • Kry ’n roetine. Probeer om by ’n rooster te bly, net soos jy sou as jy op skool was. Sit spesifieke tye opsy vir skoolwerk, takies by die huis en ander belangrike dinge. Jy kan jou rooster aanpas as dit nodig is.

    Bybelwaarheid: “Laat alles . . . ordelik plaasvind.” – 1 Korintiërs 14:40.

    “Reël jou dag asof jy by die skool is. Jy moet dinge teen ’n sekere tyd klaarkry.” – Katie.

    Iets om oor te dink: Hoekom is dit ’n goeie idee om jou rooster neer te skryf en dit dan iewers te sit waar jy dit maklik kan sien?

  • Ontwikkel selfdissipline. Om ’n grootmens te word, moet jy besef dat jy soms dinge moet doen wat nodig is – al is jy nie lus daarvoor nie. Moenie uitstel nie!

    Bybelwaarheid: “Wees hardwerkend.” – Romeine 12:11.

    “Die grootste uitdaging is selfdissipline. Dis maklik om verskonings te maak en te sê: ‘Ek sal my skoolwerk later doen.’ En as jy dit nie later doen nie, het jy op die ou einde te veel om te doen.” – Alexandra.

    Iets om oor te dink: Hoe kan jy meer selfdissipline ontwikkel as jy jou skoolwerk op dieselfde plek en dieselfde tyd elke dag doen?

  • Kry ’n plek waar jy kan studeer. Sorg dat jy al jou studiemateriaal en skryfbehoeftes naby jou het. Jou studeerplek moet gemaklik wees, maar nie te gemaklik nie. Jy is daar om te werk, nie om te slaap nie! As jy nie ’n plek het waar jy jou skoolwerk kan doen nie, kan jy miskien gedurende die dag die kombuis of ’n slaapkamer gebruik om te studeer.

    Bybelwaarheid: “Die planne van hardwerkende mense lei tot sukses.” – Spreuke 21:5.

    “Sit die sportsballe, die video-speletjies en die kitaar weg, en stel jou foon sodat jy dit nie kan hoor nie. Wanneer jy studeer, is dit belangrik dat niks jou aandag aftrek nie.” – Elizabeth.

    Iets om oor te dink: Wat kan jy aan jou studeerplek verander sodat jy beter kan konsentreer?

  • Leer om te fokus. Konsentreer op wat jy doen, en moenie baie dinge op dieselfde tyd probeer doen nie. As jy dit doen, sal jy heel moontlik foute maak en langer vat om jou werk klaar te maak.

    Bybelwaarheid: “Maak die beste gebruik van julle tyd.” – Efesiërs 5:16.

    “Dit was onmoontlik om te fokus as ek my foon by my gehad het. Ek het baie tyd gemors op onbelangrike dinge.” – Olivia.

    Iets om oor te dink: Kan jy probeer om jou tye van konsentrasie geleidelik langer te maak om op een taak te fokus?

  • Neem af en toe ’n pouse. Gaan stap, ry jou fiets of oefen. ’n Stokperdjie kan jou help om weer energie te hê. Die boek School Power sê: “Maar maak eers jou werk klaar. Jy sal jou vrye tyd meer geniet as jy klaar is met jou werk.”

    Bybelwaarheid: “’n Hand vol rus is beter as twee hande vol harde werk en ’n gejaag na wind.” – Prediker 4:6.

    “Op skool kan jy gewoonlik leer om ’n musiekinstrument te speel of ’n kunsklas vat. Ek het nie besef hoeveel ek hierdie dinge gemis het totdat ek dit nie meer kon doen nie. Behalwe vir jou skoolwerk, is dit goed om iets kreatiefs te doen.” – Taylor.

    Iets om oor te dink: Watter dinge kan jy doen wanneer jy ’n pouse vat wat jou kan help om meer energie te hê vir jou skoolwerk?

a Daar is verskillende opsies wanneer dit kom by tuisonderrig. Gebruik die voorstelle in hierdie artikel wat op jou situasie van toepassing is.

Wat ander jongmense sê

Jacob.

“Neem gereeld kort pouses. Dit kan moeilik wees om ure lank stil te sit. So as jy gereeld opstaan, sal dit makliker wees om te konsentreer en gemotiveerd te bly.” – Jacob.

Juliana.

“As jy nie gedissiplineerd is nie, sal jy niks gedoen kry nie. Stel daaglikse doelwitte vir wat jy moet doen. Op hierdie manier sal dit makliker wees om jou take klaar te maak.” – Juliana.

Hersiening: Tuisonderrig: Hoe kan ek ’n sukses hiervan maak?

  • Kry ’n roetine. As jy nie alreeds ’n rooster vir jou skoolwerk het nie, stel een op en bly daarby.

  • Ontwikkel selfdissipline. Leer om te doen wat nodig is – selfs al is jy nie lus nie.

  • Kry ’n plek waar jy kan studeer. Maak jou studeerplek gemaklik, maar nie te gemaklik nie. Verwyder enigiets wat jou aandag kan aftrek.

  • Leer om te fokus. Konsentreer op wat jy doen, en moenie baie dinge op dieselfde tyd probeer doen nie.

  • Neem af en toe ’n pouse. Fisiese aktiwiteite of ’n stokperdjie kan jou weer energie gee.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel