Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwhf artikel 17
  • Help jou kinders om ontstellende nuusberigte te hanteer

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Help jou kinders om ontstellende nuusberigte te hanteer
  • Hulp vir die gesin
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe word kinders geraak deur die nuus?
  • Hoe kan jy jou kinders help om stresvolle nuusberigte te hanteer?
  • Ontstellende nuusberigte en jou kinders
    Ontwaak!—2012
  • “Hier is ons! Stuur ons!”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2020
  • Voed jou kind van kleins af op
    Die geheim van gesinsgeluk
  • Hoe kan jou gesin gelukkig wees? – Deel 2
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
Sien nog
Hulp vir die gesin
ijwhf artikel 17
’n Gesin kyk TV. Die pa besef dat ’n ontstellende nuusberig sy seun omkrap.

HULP VIR DIE GESIN | OUERSKAP

Help jou kinders om ontstellende nuusberigte te hanteer

Daar is altyd ontstellende nuus beskikbaar op TV, selfone, tablette en rekenaars, en dikwels is daar eksplisiete video’s in hierdie nuusberigte.

Kinders kyk hierna.

Hoe kan jy keer dat jou kinders oorweldig word deur ontstellende nuusberigte?

  • Hoe word kinders geraak deur die nuus?

  • Hoe kan jy jou kinders help om stresvolle nuusberigte te hanteer?

  • Wat as jou kind iets traumaties ondervind het?

Hoe word kinders geraak deur die nuus?

  • Baie kinders word ontstel deur slegte dinge wat hulle op die nuus sien. Party kinders sal nie openlik sê hoe hulle voel nie, maar ’n tragiese nuusberig kan hulle dalk baie ontstel.a Hulle kan nog angstiger word as hulle ouers ook onnodig angstig is.

  • Kinders verstaan dalk nie wat hulle op die nuus sien nie. Byvoorbeeld, party kinders dink dat wat hulle gesien het, met hulle gesin sal gebeur. En jong kinders wat video’s oor dieselfde gebeurtenis oor en oor kyk, dink dalk dat die ontstellende insident oor en oor gebeur.

  • Kinders vind dit dalk moeilik om die regte perspektief van die nuus te hê. Hulle besef dalk nie dat nuusagentskappe besighede is wat meer geld maak wanneer meer mense na hulle nuusberigte kyk nie. Daarom kan ’n nuusagentskap iets wat gebeur het, meer dramaties laat lyk sodat mense meer wil uitvind en aanhou om hulle nuusberigte te kyk.

Hoe kan jy jou kinders help om stresvolle nuusberigte te hanteer?

  • Beperk hoeveel slegte nuus jou kinders na kyk of luister. Dit beteken nie dat jou kinders nie moet weet wat in die wêreld aangaan nie. Maar niks goeds kan gebeur as hulle ’n ontstellende nuusberig oor en oor kyk of hoor nie.

    “Soms praat ons tot in die kleinste besonderheid oor ’n nuusberig, maar dan besef ons nie hoe oorweldigend dit vir ons kinders is wat ons hoor nie.” – Maria.

    Bybelwaarheid: “Bekommernis is ’n swaar las.” – Spreuke 12:25, Contemporary English Version.

  • Luister geduldig, wys meegevoel. As dit moeilik vir jou kind is om oor ’n insident te praat, laat hy eerder ’n prentjie daaroor teken. Praat met jou kind oor sy bekommernisse en gebruik woorde wat hy sal verstaan, maar vermy dit om onnodige besonderhede te bespreek wat die kind nie hoef te weet nie.

    “Dit lyk asof ons dogter beter voel nadat ons na haar geluister het. Maar sy sou nie beter voel as ons net vir haar sê: ‘Dit is hoe dinge nou is, en ons moet net gewoond raak daaraan’ nie.” – Sarahi.

    Bybelwaarheid: “Wees [gou] om te hoor, stadig om te praat.” – Jakobus 1:19.

  • Help jou kind om realisties te wees oor die nuus. Byvoorbeeld, ’n nuusberig oor ’n ontvoering kan dit dalk laat lyk asof so iets meer gereeld gebeur as wat dit regtig gebeur. Verduidelik aan jou kinders wat jy gedoen het om seker te maak dat hulle veilig is. Hou ook in gedagte dat ’n tragiese insident gewoonlik op die nuus is omdat dit selde gebeur – nie omdat dit algemeen is nie.

    “Help jou kinders om hulle gevoelens te verwerk. Dikwels beheer jou gedagtes jou gevoelens. So as ons ons kinders help om op iets positiefs te fokus, sal hulle beter voel.” – Lourdes.

    Bybelwaarheid: “’n Wyse persoon kies sy woorde versigtig, en daarom kan sy woorde mense oorreed.” – Spreuke 16:23.

a As jong kinders angstig is, maak hulle soms die bed nat of is hulle bang om skool toe te gaan en om weg van hulle ouers af te wees.

Wat as jou kind iets traumaties ondervind het?

Op 7 Mei 2019 het twee jongmense by ’n skool in Highlands Ranch, Colorado, VSA, begin skiet en een student doodgeskiet en agt beseer. Jack, wat 9 jaar oud is, was ’n student by daardie skool, en hy was daar op die dag van die skietery. Sy ouers, Ben en Casey, bespreek hoe hulle Jack gehelp het nadat dit gebeur het.

Ben en Casey.

Hoe is julle seun geraak deur die skietery?

Casey: Jack was maande lank baie gespanne.

Ben: In ’n oogwink het hy verander van ’n sorgvrye kind wat oor niks bekommerd was nie, na ’n kind wat aan sy ouers vasgeklou het as iets hom herinner het aan wat gebeur het. Jack het die heeltyd die ergste begin verwag, wat ’n mens kan verstaan as ’n mens dink aan waardeur hy gegaan het.

Het julle die nuus oor die skietery gekyk?

Casey: Aan die begin het ons. Om die waarheid te sê, ons al drie het vir ’n week lank die heeltyd die nuus gekyk. Toe besef ek en my man dat om die nuus te kyk, veroorsaak dat Jack gedurig dink aan wat gebeur het. Eerder as om dinge te doen wat ons beter sou laat voel, het ons al drie die heeltyd angstig gevoel.

Wat het Jack die meeste gehelp?

Casey: Fisiese aktiwiteite het gehelp dat Jack minder angstig voel, so ons het probeer om elke dag tyd hiervoor te maak. Maar nog belangriker, ons het geluister wanneer Jack reg was om te praat. Ek het opgelet dat Jack geneig was om sy hart uit te stort voordat hy gaan slaap het en wanneer dinge stil was. Soms het ons ’n uur lank gepraat, maar dit het hom die ondersteuning gegee wat hy nodig gehad het. Jack het geweet dat hy nie alleen hierdeur hoef te gaan nie.

Watter raad sou julle ouers gee wie se kinders deur so ’n tragiese ondervinding gegaan het?

Ben: Dit is belangrik dat kinders veilig binne die gesin voel voordat iets tragies gebeur. Op hierdie manier is dit makliker om hulle te help as hulle deur ’n traumatiese situasie gaan.

Casey: Elke kind is anders. Een kind is dalk sensitiewer as ’n ander kind. Party mense dink dalk dat jy oorbeskermend is, maar gee net jou kind wat hy of sy nodig het. Maak die gesinsband sterker sodat jou kind binne die huis veilig voel, veral omdat dit lyk asof die wêreld daar buite onveilig is.

Hersiening: Hoe kan jy jou kinders help om ontstellende nuusberigte te hanteer?

  • Beperk hoeveel nuus jou kinders na kyk of luister.

  • Luister geduldig, wys meegevoel.

  • Help jou kind om realisties te wees oor die nuus.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel