Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwbq artikel 185
  • Het die Bybel voorspel hoe mense vandag sou dink en optree?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Het die Bybel voorspel hoe mense vandag sou dink en optree?
  • Antwoorde op Bybelvrae
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Bybel se antwoord
  • Wat het die Bybel voorspel oor mense in ons tyd?
  • Watter uitwerking sou selfsugtige mense op ander hê?
  • Hoekom sou mense oor die algemeen erger word?
  • Hoe moet ons op die negatiewe veranderinge in mense reageer?
  • Sou almal erger word?
  • Sal mense uiteindelik so erg word dat die aarde heeltemal chaoties sal wees?
  • Wat is die teken van “die laaste dae”, of “die eindtyd”?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Lewe ons werklik in “die laaste dae”?
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
  • Sien die verskil in mense
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) — 2018
  • Wat beteken dit alles?
    Ontwaak!—2000
Sien nog
Antwoorde op Bybelvrae
ijwbq artikel 185
Collage: Mense wat hulle sleg gedra. 1. ’n Gierige ou vrou tel ’n handvol geld. 2. ’n Gemaskerde man wat betoog, gooi ’n brandende bottel. 3. ’n Arrogante sakeman. 4. ’n Selfbehepte jong vrou neem ’n selfie. 5. ’n Woedende man skree.

Het die Bybel voorspel hoe mense vandag sou dink en optree?

Die Bybel se antwoord

Die Bybel het beslis voorspel dat daar in ons tyd ’n negatiewe verandering in mense sou wees. Dit het gewys dat die meeste mense hoë sedelike standaarde en waardes sou verwerp wat mense help om in vrede saam te lewe (2 Timoteus 3:1-5).a Maar die Bybel het ook voorspel dat party mense nie hierdie negatiewe eienskappe of gebruike sou volg nie. Hulle sou eerder met God se hulp negatiewe invloede weerstaan en leer om op ’n manier te dink en op te tree wat hom gelukkig maak. – Jesaja 2:2, 3.

In hierdie artikel

  • Wat het die Bybel voorspel oor mense in ons tyd?

  • Watter uitwerking sou selfsugtige mense op ander hê?

  • Hoekom sou mense oor die algemeen erger word?

  • Hoe moet ons op die negatiewe veranderinge in mense reageer?

  • Sou almal erger word?

  • Sal mense uiteindelik so erg word dat die aarde heeltemal chaoties sal wees?

Wat het die Bybel voorspel oor mense in ons tyd?

Die Bybel beskryf ’n verskeidenheid negatiewe eienskappe en optrede wat algemeen sou word en deur selfsugtigheid veroorsaak sou word. Mense sou “geen selfbeheersing hê nie”, “selfsugtig wees” en ook “lief [wees] vir plesier eerder as vir God”. – 2 Timoteus 3:2-4.

Baie mense in ons dag dink net aan hulleself, doen dinge wat tot hulle eie voordeel is, dinge wat hulle goed sal laat voel, dinge wat hulle lewe betekenisvol sal maak, ensovoorts. Soos hierdie profesie voorspel het, gee baie mense vandag net vir hulleself om, en dit lyk asof hierdie gesindheid al hoe erger word. Baie mense is “sonder liefde vir wat goed is” omdat hulle so behep is met hulleself. Dit wil sê hulle kan nie eers lief wees vir goeie eienskappe nie. Omdat hulle “ondankbaar” is, dink hulle nie dat dit nodig is om waardering te toon vir wat hulle het of wat ander mense vir hulle doen nie. – 2 Timoteus 3:2, 3.

Selfsugtigheid veroorsaak ook ander gesindhede wat die Bybel gesê het algemeen in ons dag sou wees:

  • Gierig. Baie mense is “geldgierig”. Hulle dink dat hulle geld of materiële dinge wys hoe suksesvol hulle is. – 2 Timoteus 3:2.

  • Trots. Baie is “hoogmoedig” en “opgeblase van trots” (2 Timoteus 3:2, 4). Hulle spog met en oordryf hulle vermoëns, eienskappe of rykdom.

  • Lasterlik. Vandag is daar oral mense wat “beledigende dinge” en “slegte dinge van mense sê” (2 Timoteus 3:2, 3). Hierdie uitdrukkings kan verwys na mense wat God of ander mense beledig of wat leuens oor hulle vertel.

  • Opstandig. Baie mense is “dislojaal”, “nie bereid . . . om tot enigiets in te stem nie”, “verraaiers” en “hardkoppig” (2 Timoteus 3:2-4). Mense wys dat hulle hierdie eienskappe het wanneer hulle weier om toe te gee, nie tot ’n ooreenkoms wil kom nie of nie hulle beloftes wil hou nie.

  • Gewelddadig. Vandag is baie mense “wreed”. Hulle raak gou kwaad, en dit lei dikwels tot wrede of gewelddadige gedrag. – 2 Timoteus 3:3.

  • Wetteloos. Jesus het voorspel dat daar “al hoe meer wetteloosheid” in ons tyd sou wees (Matteus 24:12). Hy het ook voorspel dat daar oral “oproere”, of opstand, sou wees. – Lukas 21:9.

  • Geen liefde onder gesinne nie. Omdat so baie mense “ongehoorsaam [is] aan hulle ouers”, word meer gesinslede as ooit tevore geraak deur verwaarlosing, mishandeling en gesinsgeweld. – 2 Timoteus 3:2, 3.

  • Skynheiligheid in godsdiens. Al hoe meer mense “lyk asof hulle God dien” (2 Timoteus 3:5). Maar eerder as om te doen wat God wil hê hulle moet doen, volg hulle godsdiensleiers wat vir hulle vertel wat hulle wil hoor. – 2 Timoteus 4:3, 4.

Watter uitwerking sou selfsugtige mense op ander hê?

Omdat baie mense so selfsugtig is, is daar al hoe meer mense wat groot emosionele probleme het (Prediker 7:7). Byvoorbeeld, party wat geldgierig is, maak misbruik van ander. Mense word depressief of het selfmoordneigings omdat hulle deur familielede mishandel word wat nie natuurlike liefde het nie. En mense wat ander verraai, veroorsaak groot emosionele pyn wat vir ’n lang tyd kan aanhou.

Hoekom sou mense oor die algemeen erger word?

Die Bybel verduidelik hoekom mense al hoe erger sou word:

  • Daar is al hoe minder opregte liefde vir God en naaste (Matteus 24:12). As gevolg hiervan is mense al hoe meer selfsugtig.

  • Satan die Duiwel is uit die hemel na die aarde toe neergegooi (Openbaring 12:9, 12). Vandat dit gebeur het, het hy die mens beïnvloed om selfsugtiger te word. – 1 Johannes 5:19.

Hoe moet ons op die negatiewe veranderinge in mense reageer?

God se woord sê: “Bly weg van hierdie mense af” (2 Timoteus 3:5). Dit beteken nie dat ons onsself moet afsonder nie. Maar ons moet ook nie vriende wees met mense wat selfsugtig en goddeloos is nie. – Jakobus 4:4.

Sou almal erger word?

Nee. Die Bybel het voorspel dat party sou “sug en steun oor al die afskuwelike dinge” (Esegiël 9:4). Hulle sou nie selfsugtig wees nie en volgens God se standaarde lewe. Dit sou duidelik wees dat die manier hoe hulle praat en optree oor die algemeen anders sou wees van ander mense (Maleagi 3:16, 18). Hulle sou byvoorbeeld probeer om in vrede met alle mense te lewe en om nie betrokke te raak by oorloë en geweld nie. – Miga 4:3.

Sal mense uiteindelik so erg word dat die aarde heeltemal chaoties sal wees?

Nee. Die mensegemeenskap sal nie so erg word dat daar net wanorde en geweld sal wees nie. God gaan eerder die mense vernietig wat aanhou om ongehoorsaam te wees aan sy standaarde (Psalm 37:38). Hy sal sorg dat daar “’n nuwe aarde” sal wees – ’n nuwe mensegemeenskap hier op ons aarde – waar net nederige mense vir ewig in vrede sal lewe (2 Petrus 3:13; Psalm 37:11, 29). Hierdie hoop is nie ’n droom nie. Die Bybel help mense selfs nou al om hulle lewe te verander sodat hulle volgens God se wil kan lewe. – Efesiërs 4:23, 24.

a Vandag wys Bybelprofesie en wêreldgebeure dat ons in “die laaste dae” lewe. Dit word beskryf as “swaar tye” (2 Timoteus 3:1). Vir meer inligting, lees die artikel “Wat is die teken van die ‘laaste dae’ of ‘die tyd van die einde’?”

Het mense nie altyd so opgetree nie?

Ja, selfs in Bybeltye was sommige mense selfsugtig en goddeloos (Romeine 1:18, 29-31; Titus 1:12). Maar die Bybel het voorspel dat in die laaste dae sou “goddelose mense en bedrieërs . . . al hoe slegter word” (2 Timoteus 3:13). En net soos die Bybel voorspel het, wys baie meer mense vandag dat hulle slegte eienskappe het, en hulle is baie erger as in die verlede.b

b Ander kenmerke van die teken van die laaste dae – soos oorloë, aardbewings, mense wat honger ly en siekte-epidemies – het ook in die verlede gebeur (Lukas 21:10, 11). Maar hierdie dinge het nog nooit tevore op dieselfde tyd en op so ’n duidelike manier gebeur nie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel