Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwbq artikel 190
  • Wat beteken dit om ’n “Goeie Samaritaan” te wees?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat beteken dit om ’n “Goeie Samaritaan” te wees?
  • Antwoorde op Bybelvrae
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Bybel se antwoord
  • Wat is die storie van die “Goeie Samaritaan”?
  • Hoekom het Jesus hierdie storie vertel?
  • Wat is die les van die storie?
  • Wie was die Samaritane?
  • Het die storie van die “Goeie Samaritaan” regtig gebeur?
  • ’n Samaritaan betoon naasteliefde
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
  • ’n Les om goedhartig te wees
    Leer by die Groot Onderwyser
  • ’n Goeie Samaritaan
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Die gelykenis van die goeie Samaritaan
    Ons Christelike lewe en bediening — Vergaderingwerkboek — 2018
Sien nog
Antwoorde op Bybelvrae
ijwbq artikel 190
’n Persoon gryp iemand anders se hand vas.

Wat beteken dit om ’n “Goeie Samaritaan” te wees?

Die Bybel se antwoord

Die uitdrukking “Goeie Samaritaan” word gewoonlik gebruik om iemand te beskryf wat goeie dinge doen vir mense wat dit nodig het. Die term het oorspronklik gekom uit ’n storie, of illustrasie, wat Jesus vertel het. Die storie het gewys dat iemand wat ’n goeie naaste en genadig is, ander help, maak nie saak wat hulle nasionaliteit of agtergrond is nie.a

In hierdie artikel

  • Wat is die storie van die “Goeie Samaritaan”?

  • Hoekom het Jesus hierdie storie vertel?

  • Wat is die les van die storie?

  • Wie was die Samaritane?

  • Het die storie van die “Goeie Samaritaan” regtig gebeur?

Wat is die storie van die “Goeie Samaritaan”?

Hier is ’n kort opsomming van die storie wat Jesus vertel het: ’n Joodse man was op pad van Jerusalem na Jerigo. Langs die pad was hy beroof, geslaan en halfdood agtergelaat.

’n Joodse priester en toe ’n ander Joodse godsdiensleier het verby die beseerde man gestap. Al was hulle van dieselfde nasionaliteit as die beseerde man, het nie een van hulle gestop om hom te help nie.

Uiteindelik het ’n man van ’n ander nasie verbygekom. Hy was ’n Samaritaan (Lukas 10:33; 17:16-18). Die Samaritaan het jammer gevoel vir die man en het sy wonde behandel. Toe het hy die beseerde man na ’n herberg geneem. Daar het hy vir die man deur die nag gesorg. Die volgende dag het hy die eienaar betaal om vir die man te sorg en aangebied om ook vir enige ekstra onkoste te betaal. – Lukas 10:30-35.

Die goeie Samaritaan van Jesus se illustrasie smeer olie op die wonde van ’n man wat geslaan en langs die pad agtergelaat was.

Hoekom het Jesus hierdie storie vertel?

Jesus het die storie aan ’n man vertel wat gedink het dat net mense van sy eie ras en godsdiens, sy naaste was. Jesus wou die man ’n belangrike les geleer het. Hy moes verstaan dat sy “naaste” meer as net sy mede-Jode insluit (Lukas 10:36, 37). Hierdie storie is in die Bybel opgeteken om almal wat God gelukkig wil maak, iets belangriks te leer. – 2 Timoteus 3:16, 17.

Wat is die les van die storie?

Die storie leer ons dat ’n goeie naaste wys dat hy meegevoel het deur wat hy doen. Hy of sy doen iets om iemand te help wat swaarkry, maak nie saak wat hulle agtergrond, ras of nasionaliteit is nie. ’n Goeie naaste behandel ander soos hy behandel wil word. – Matteus 7:12.

Wie was die Samaritane?

Die Samaritane het in die land gewoon wat direk noord van Judea was. Hulle sluit die nageslag in van gemengde huwelike tussen Jode en nie-Jode.

Teen die eerste eeu HJ het die Samaritane hulle eie godsdiens ontwikkel. Hulle het die eerste vyf boeke van die Hebreeuse Geskrifte aanvaar, maar het gewoonlik die res verwerp.

Baie Jode in Jesus se dag het die Samaritane gehaat en het probeer om geen kontak met hulle te hê nie (Johannes 4:9). Party Jode het die woord “Samaritaan” as ’n belediging gebruik. – Johannes 8:48.

Het die storie van die “Goeie Samaritaan” regtig gebeur?

Die Bybel sê nie of die storie van die Samaritaan op regte gebeure gebaseer was nie. Maar Jesus het dikwels na bekende gebruike en plekke verwys wanneer hy onderrig het sodat sy luisteraars maklik die punt kon verstaan.

Baie besonderhede van die storie se agtergrond is geskiedkundig akkuraat. Byvoorbeeld:

  • Jerusalem was 1 kilometer hoër as Jerigo. En daarom was die pad tussen Jerusalem en Jerigo, wat meer as 20 kilometer lank was, ’n steil afdraande. Die verslag is reg wanneer dit sê dat reisigers “van Jerusalem na Jerigo afgegaan” het. – Lukas 10:30.

  • Priesters en Leviete wat in Jerigo gebly het, het gereeld op hierdie pad na Jerusalem gereis.

  • Rowers het baie keer langs die afgesonderde pad weggesteek en gewag vir reisigers wat niks vermoed het nie, veral dié wat alleen gereis het.

a Die storie van die “Goeie Samaritaan” is ook bekend as die storie van die “Goedhartige Samaritaan”.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel