Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w26 Mei bl. 8-13
  • Jou gewete – Gebruik Bybelbeginsels om dit op te lei

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jou gewete – Gebruik Bybelbeginsels om dit op te lei
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2026
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • WAT IS DIE GEWETE?
  • HOE OM ONS GEWETE OP TE LEI
  • HOE OM GEPASTE BYBELBEGINSELS TE VIND
  • WYS DAT JY ’N GOED OPGELEIDE GEWETE HET
  • ’n Goeie gewete voor God
    Hoe om in God se liefde te bly
  • Is jou gewete ’n betroubare gids?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
  • Hoe kan jy ’n goeie gewete behou?
    ‘Hou julle in God se liefde’
  • Hoe om goeie besluite te maak
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2026
w26 Mei bl. 8-13

13-19 JULIE 2026

LIED 127 Die soort mens wat ek moet wees

Jou gewete – Gebruik Bybelbeginsels om dit op te lei

“Elkeen sal sy eie vrag dra.” – GAL. 6:5.

FOKUS

Om te wys hoe Bybelbeginsels ons kan help om ons gewete op te lei om ’n goeie gids te wees.

1-2. (a) Watter gawe is aan Adam en Eva gegee? (b) Hoe moes hulle hulle waardering vir daardie gawe gewys het?

DIERE tree volgens instink op. Baie masjiene kan geprogrammeer word om op ’n sekere manier te werk. Maar mense is anders. Ons is met ’n spesiale gawe geskep, een wat vir ware Christene baie kosbaar is. Daardie gawe is vrye wil – dit wil sê die vermoë om ons eie besluite en keuses in die lewe te maak. Die Bybel sê vir ons dat die eerste man, Adam, na God se beeld, of gelykenis, gemaak is (Gen. 1:​26, 27). As intelligente skepsele is Adam en sy vrou, Eva, die geleentheid gegee om hulle eie besluite te maak.

2 Jehovah het nie vir Adam en Eva ’n lang lys wette gegee nie. Hy het net vir hulle gesê om na die aarde om te sien, om dit met hulle kinders te vul en om sy reg te respekteer om redelike perke te stel op wat hulle kan doen (Gen. 1:28; 2:​16, 17). Hoe moes Adam en Eva hulle waardering gewys het teenoor die Een wat hulle die gawe van vrye wil gegee het? In die lig van alles wat Jehovah vir hulle gegee het, moes hulle liefde vir hom en hulle begeerte om hom gelukkig te maak, hulle beweeg het om hierdie basiese gebooie te gehoorsaam. – Spr. 23:15.

3. Hoe het Adam en Eva hulle gawe van vrye wil gebruik?

3 Die Bybel sê dat Adam en Eva nie hulle vrye wil wyslik gebruik het nie. Hulle het eerder besluit om ongehoorsaam aan Jehovah te wees. Hulle besluit was nie deur liefde en waardering vir Jehovah gerig nie, maar eerder deur selfsugtigheid (Gen. 3:​1-7). Ons ly nog steeds as gevolg van daardie slegte besluit. – Rom. 5:12.

4. (a) Wat moet ons almal doen volgens Galasiërs 6:5? (b) Watter ander gawe sal ons in hierdie artikel bespreek?

4 Vandag is ons lewe verskriklik ingewikkeld. Ons moet elke dag baie besluite maak. (Lees Galasiërs 6:5.) Party is redelik eenvoudig, maar ander is moeiliker. Hoe kan ons besluite maak wat Jehovah gelukkig sal maak? Ons moet eers erken dat ons Jehovah se hulp nodig het (Spr. 16:3; Jer. 10:23). Selfs die volmaakte man Jesus het besef dat hy God se hulp nodig het (Heb. 5:7). As onvolmaakte mense het ons ’n baie groter behoefte aan leiding as wat Jesus gehad het. Kom ons bespreek nou nog ’n godgegewe gawe wat ons sal help om die regte besluite te maak – ons gewete.

WAT IS DIE GEWETE?

5. (a) Wat is die gewete? (b) Hoe help die gewete ons? (Romeine 2:​14, 15)

5 Ons gewete is ons innerlike sin van reg en verkeerd. Selfs ’n persoon wat niks omtrent God se wette weet nie, het ’n gewete (2 Kor. 4:2). Ons gewete is soos ’n innerlike regter wat ons kan beskuldig of kan vryspreek vir ons gedagtes en dade. (Lees Romeine 2:​14, 15.) Ons gewete kan ons waarsku sodat ons nie iets doen wat ons weet verkeerd is nie (1 Sam. 26:​8-11). Of dit kan ons aanspoor om te doen wat ons weet reg is. Net omdat ons die gawe van vrye wil het, beteken nie dat elke besluit wat ons maak, vir Jehovah aanvaarbaar is nie. Ons gewete moet ons help om die verskil te sien tussen ’n goeie besluit en ’n slegte een.

6. Watter probleem het ons met ons gewete?

6 Maar daar is ’n probleem met ons gewete. Net soos ons onvolmaak is, is ons gewete ook onvolmaak. Hoe ons grootgemaak is, ons kultuur en ons sondige begeertes kan ’n negatiewe uitwerking daarop hê. Die Bybel sê dat ’n gewete “swak”, “onrein”, “ongevoelig . . . asof dit met ’n brandyster gebrand is”, of selfs ‘goddeloos’ kan word (1 Kor. 8:12; Tit. 1:15; 1 Tim. 4:2; Heb. 10:22). Hierdie soort gewete is nie meer ’n goeie gids nie. Dit is soos ’n stukkende skaal wat reggemaak moet word. So ons gewete moet behoorlik in stand gehou word om dit in ’n goeie toestand te hou (1 Pet. 3:16). Hoe kan ons dit doen?

HOE OM ONS GEWETE OP TE LEI

7-8. (a) Wat sal ons help om ons gewete op te lei? (b) Hoe help Bybelbeginsels om ons te lei? Illustreer. (Sien ook prent.)

7 Hoe kan ons ons gewete oplei? Ons moet die Bybel gereeld lees en leer wat uit Jehovah se oogpunt reg en verkeerd is. As ons God se wette bestudeer, sal dit ons help om sy denke te verstaan. Maar soos in die vorige artikel genoem is, kan spesifieke wette beperkte toepassing hê. Dit is hoekom ons ook na beginsels moet soek aangesien dit ons ’n baie breër begrip van Jehovah se denke en gevoelens gee. – Jes. 55:9.

8 Ons reis in die lewe kan met ’n staptog deur ’n woestyn vergelyk word. Stel jou ’n woestyn voor sonder duidelik gemerkte paaie of padtekens. Die posisie van die son en die sterre kan die algemene rigting aandui wat ons moet volg om ons bestemming te bereik. Maar ’n kaart wat sekere bakens langs die pad uitwys, sal ons selfs meer help. So ’n kaart sal ons verseker dat ons in die regte rigting loop en sal ons help om te besef wanneer ons in die verkeerde rigting begin loop. Ons bestemming in die lewe is om Jehovah gelukkig te maak. Die Bybel is soos ’n kaart wat vir ons spesifieke leiding gee. Bybelbeginsels is soos die bakens langs die pad. As ons volgens daardie beginsels lewe, sal dit verseker dat ons ons bestemming bereik.

’n Stapper in die woestyn soek op sy kaart na bakens om te bevestig dat hy op pad is na sy bestemming.

Bybelbeginsels is soos die bakens langs die pad wat ons verseker dat ons in die regte rigting loop (Sien paragraaf 8)


9. Wat kan ons nog help om ons gewete op te lei volgens Romeine 9:1?

9 Om ons gewete reg op te lei, het ons die hulp van God se heilige gees nodig. (Lees Romeine 9:1.) Heilige gees sal ons help om God se denke oor sake te verstaan. Dit kan ons ook motiveer en versterk om dinge volgens Jehovah se wil te doen (Fil. 2:13). Maar hoe kan ons die hulp van Jehovah se heilige gees kry?

10. Hoe kan ons die hulp van die heilige gees kry? (Lukas 11:​10, 13)

10 Bid vir heilige gees. (Lees Lukas 11:​10, 13.) Ons kan daarvan seker wees dat Jehovah se hand oop is wanneer dit kom by hoe hy sy heilige gees aan ons gee (Joh. 3:34). Hy gee dit oorvloedig aan dié wat in ooreenstemming met sy leiding optree (Spr. 1:23; Jak. 1:5). Maar wat sal ons nog help om ons gewete op te lei?

11. (a) Wat moet ons hoofdoelwit in die lewe wees? (b) Hoekom moet ons seker maak dat ons gewete opgelei is en reg werk?

11 Soek altyd Jehovah se goedkeuring (Spr. 8:​34, 35). Dit moet ons hoofdoelwit in die lewe wees. As ons daardie doelwit in gedagte hou in elke situasie wat ons in die lewe ondervind, kan dit ons help om ons gewete op te lei. ’n Goed opgeleide gewete is die kombinasie van ’n verstand wat ingestel is op hoe Jehovah dink, en ’n hart wat omgee oor hoe hy voel. Wanneer ons dink aan hoe ingewikkeld die lewe vandag is, besef ons hoe belangrik ’n goed opgeleide gewete is. Ons ondervind dikwels situasies wat nie spesifiek in die Bybel genoem word nie. Hierdie situasies het dalk te doen met ons vermaak, ons werk, ons opvoeding of ons verhoudings met ander. So hoe kan ons seker wees dat Jehovah die besluite wat ons in verband met hierdie sake maak, goedkeur? – 2 Kor. 1:12.

12. Wat sal ons help om te weet of ons gewete ons in die regte rigting lei? (Efesiërs 5:10)

12 Dink na oor wat jy in God se Woord lees (Ps. 49:3). Wanneer jy die Bybel lees, soek na beginsels wat jou sal help om Jehovah se denke te verstaan. (Lees Efesiërs 5:10.) Terwyl ons die moeilike probleme wat ons in die lewe ondervind, hanteer, moet ons na beginsels in die Bybel soek wat ons sal help om te weet of ons gewete ons lei om die regte besluite te maak (Spr. 2:​4-9, 11-13). Hierdie beginsels kan ons help om ons gewete aan te pas en reg te stel soos dit nodig is om te verseker dat ons doen wat reg is. – Heb. 5:14.

13. Wat moet ons nie doen nie? Gee ’n voorbeeld.

13 Moenie ’n besluit maak en dan na beginsels soek om dit te ondersteun nie. Ons wil nie die Israeliete navolg wat in die land van Juda agtergebly het nadat Jerusalem in 607 VHJ vernietig is nie. Hulle het vir Jeremia gesê: “Mag Jehovah u God vir ons sê watter weg ons moet volg en wat ons moet doen” (Jer. 42:​3-6). Maar hulle het reeds besluit wat hulle wou doen. Toe hulle nie gehou het van wat Jehovah vir hulle gesê het om te doen nie, het hulle by hulle oorspronklike besluit gebly. Dit het baie slegte gevolge gehad (Jer. 42:​19-22; 43:​1, 2, 4). So voordat ons ’n besluit maak, moet ons na Bybelbeginsels soek wat wys hoe Jehovah dink en dan in ooreenstemming daarmee optree.

14. Hoekom moet ons Bybelbeginsels toepas wanneer ons besluite maak?

14 Maak besluite wat op Bybelbeginsels gebaseer is (Matt. 7:​24-29; Jak. 1:​23-25). Wanneer ons besluite maak wat op Bybelbeginsels gebaseer is, werk ons in ooreenstemming met die heilige gees. As gevolg daarvan hou Jehovah aan om vir ons sy gees te gee (Hand. 5:32). Maar as ons die leiding van Jehovah se gees ignoreer, kan ons die heilige gees “bedroef”, of daarteen werk (Ef. 4:30; Jes. 63:10; Hand. 7:51). Jehovah kan selfs sy gees van ons weerhou (Ps. 51:11; 1 Tess. 5:19). Dit sal baie sleg wees omdat ons die krag wat van die heilige gees af kom, nodig het. – Ef. 3:16.

HOE OM GEPASTE BYBELBEGINSELS TE VIND

15-16. (a) Hoe kan ons gepaste Bybelbeginsels vind? (b) Watter Bybelbeginsels kan ’n Bybelstudent help om die krag te kry om op te hou rook?

15 Maak gebruik van studiehulpe. Voordat ons Bybelbeginsels kan toepas, moet ons dit in die Bybel kan identifiseer. Byvoorbeeld, wat as jou Bybelstudent huiwerig is om op te hou rook? Hy redeneer dalk: ‘Rook word nie in die Bybel genoem nie. So hoe weet ons dat dit verkeerd is?’ Hoe kan jy hom help om die gepaste Bybelbeginsels te vind en daaroor te redeneer? ’n Waardevolle hulpmiddel is die Navorsingsgids vir Jehovah se Getuies. Jy kan jou student se aandag vestig op die hofie “Tabak en rook”. Onder daardie hofie sal hy die verwysing sien na die artikel “Wat is God se beskouing van rook?” (Sien Die Wagtoring van 1 Junie 2014.) Watter tekste en beginsels sal hy vind terwyl hy daardie artikel lees?

16 Kyk na vyf van die beginsels wat in daardie artikel genoem word. (1) Ons moenie ’n slaaf word van iets wat tot die dood lei nie (Rom. 6:16). (2) Ons moet enige iets vermy wat ons liggaam skade kan aandoen (2 Kor. 7:1). (3) Jehovah wil hê dat ons hom heelhartig moet dien (Matt. 22:37). (4) Ons moenie ander benadeel deur wat ons doen nie (Matt. 22:39; 1 Kor. 10:24). (5) Jehovah kan ons die krag gee om te doen wat reg is (Fil. 4:13). So al word rook nie spesifiek in die Bybel genoem nie, kan die beginsels daarin jou student help om uit te vind wat Jehovah dink.

17. Hoe kan ’n Getuiepaartjie wat ’n troue beplan, gepaste Bybelbeginsels vind om hulle te help?

17 Hoe kan ’n Getuiepaartjie wat ’n troue beplan, gepaste Bybelbeginsels vind wat hulle sal help om goeie besluite te maak? Die Navorsingsgids kan weer eens help. Onder die hofie “Troues en onthale” is daar ’n lys artikels wat basiese Bybelbeginsels bevat. Kyk na ses beginsels wat ’n paartjie kan oorweeg. (1) Al die reëlings moet Jehovah eer (1 Kor. 10:​31, 32). (2) Ons klere moet gepas en beskeie wees en niemand laat struikel nie (1 Tim. 2:9; 1 Pet. 3:​3, 4). (3) Ons moet dit vermy om soos Satan se wêreld te spog oor wat ons kan doen of met wat ons het (Joh. 17:14; Jak. 1:27; 1 Joh. 2:​15, 16). (4) Die reëlings moet ordelik wees (1 Kor. 14:40). (5) Onthale moenie wilde partytjies wees waar mense te veel drink nie (Gal. 5:21). (6) Iemand moet die verantwoordelikheid hê om toesig oor die geleentheid te hou. – Joh. 2:​8, 9. 

18-19. (a) Watter ander hulpmiddel kan ons help? (b) Watter beginsels kan jy vind deur hierdie hulpmiddel te gebruik wat jou sal help om besluite in verband met vieringe te maak? (Sien die venster “Kan jy die beginsels raaksien?”)

18 Nog ’n hulpmiddel wat al baie mense gehelp het, is Bybeltekste vir ons Christelike lewenswyse. Hierdie publikasie bevat tekste onder ’n verskeidenheid praktiese onderwerpe. Wanneer jy die onderwerp gekies het, sal jy ’n lys vrae sien, sowel as tekste wat jou kan help om Bybelbeginsels te verstaan. Byvoorbeeld, ’n Christen wonder dalk of hy ’n sekere viering moet bywoon. As hy na die hofie “Vieringe” gaan, sal hy die onderhofie “Vieringe wat Christene vermy” vind.

19 Kyk na van die inligting wat onder daardie deel bespreek word: “Hoekom is dit verkeerd om deel te neem aan vieringe wat te doen het met valse godsdiens? (1 Kor. 10:21; 2 Kor. 6:​14-18; Ef. 5:​10, 11).” Voorbeelde van sulke vieringe word dan gegee. Onder die onderhofie “Nasionalistiese vieringe” is Bybelbeginsels wat van toepassing is wanneer ’n Christen oorweeg of hy moet deelneem aan vieringe wat gebeure van ’n nasie se politieke geskiedenis of oorloë herdenk of wat belangrike mense vereer. Ons is baie dankbaar dat Jehovah se organisasie ons sulke hulpmiddele gee wat ons help om ons gewete op te lei!

Kan jy die beginsels raaksien?

Bybeltekste vir ons Christelike lewenswyse bevat baie Bybelbeginsels oor ’n verskeidenheid onderwerpe. Hoekom gebruik jy nie party van die onderwerpe hier onder vir ’n Gesinsaanbiddingprojek om te sien of jy die Bybelbeginsels kan raaksien nie?

  • Alkohol

  • Vergifnis

  • Vriendskap met die wêreld

  • Eerlikheid

  • Afgodediens

  • Geloofsvermenging

  • Leuens

  • Geld

  • Neutraliteit

  • Pornografie

  • Ontspanning

  • Hoe om probleme met ander op te los

  • Verkeerde gebruike

WYS DAT JY ’N GOED OPGELEIDE GEWETE HET

20. Hoe kan ons wys dat ons ons gewete reg opgelei het?

20 Die gawe van vrye wil is vir ons baie kosbaar. Maar ons besef ook dat ons ons gewete moet oplei sodat ons ons vrye wil op ’n verantwoordelike manier kan gebruik. ’n Goed opgeleide gewete sal ons help om besluite te maak wat Jehovah eer en wat in ooreenstemming met sy wil is. Om dit te doen, het ons die hulp van Jehovah se heilige gees nodig. So ons moet aanhou om vir heilige gees te vra en dan in ooreenstemming met die leiding daarvan werk. Bybelbeginsels sal ook help om ons gewete te rig. Mag ons hierdie gawes reg gebruik en dan die krag van God se Woord in ons lewe sien. – 2 Tim. 3:​16, 17; Heb. 4:12.

HOE SAL JY ANTWOORD?

  • Wat is die gewete?

  • Hoe kan ons ons gewete oplei?

  • Hoe kan Bybelbeginsels ons help wanneer ons besluite maak?

LIED 135 God se liefdevolle versoek: “Wees wys, my seun”

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel