Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w26 Februarie bl. 32
  • Obadja – Ontwikkel vrees vir God

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Obadja – Ontwikkel vrees vir God
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2026
  • Soortgelyke materiaal
  • Moedig weens geloof en godvrugtige vrees
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
  • Hoekom moet ons Jehovah vrees?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2023
  • Bybelboek nommer 31—Obadja
    “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
  • Obadja waarsku en troos
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2026
w26 Februarie bl. 32

BYBELKARAKTER

Obadja – Ontwikkel vrees vir God

Obadja was in beheer van die huishouding van goddelose koning Agab, die heerser wat toegelaat het dat Baälaanbidding die land vul. Maar Obadja het “van jongs af” ’n gesonde vrees vir Jehovah ontwikkel (1 Kon. 18:​1-13). So toe koningin Isebel beveel dat al Jehovah se profete doodgemaak moet word, het Obadja geweet dat hy moedig sou moes optree om te keer dat dit gebeur. Om net een profeet weg te steek, was gevaarlik, maar Obadja het 100 profete weggesteek en het gedurende ’n hongersnood vir hulle kos geneem! Dink net hoe moeilik dit was om nie uitgevang te word deur die honderde valse profete wat vir die koning en die koningin gewerk het nie. – 1 Kon. 18:19.

Wat kan ons leer by hierdie man wat vrees vir God gehad het? Al was Obadja bang vir Agab, het hy groter vrees vir God gehad. Dit het hom die moed gegee om sy lewe te waag om sy broers te beskerm. As ware godsdiens verbied word waar ons woon, kan ons ook vrees vir God ontwikkel. Hierdie soort vrees sal ons versterk om ons broers en susters wat moeilike tye deurmaak, te ondersteun.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel