Voorgestelde aanbiedings
Die Wagtoring 1 Oktober
“Ons wys vir almal in die buurt hierdie interessante nommer van Die Wagtoring. [Wys vir die persoon die voorblad.] Party mense dink dat gebed net ’n vermorsing van tyd is en dat niemand daarna luister nie. Ander glo dat God na hulle gebede luister. Wat dink jy? [Wag vir ’n antwoord.] Let op wat die Bybel oor gebed sê. [Lees Jesaja 30:19.] Hierdie tydskrif voorsien bewyse dat God wel luister en dat hy gebede verhoor wanneer mense op die regte manier en vir die regte dinge bid.”
Ontwaak! Oktober
“Ons besoek ons bure kortliks omdat baie mense wonder waarom God lyding toelaat. Dink jy dat dit disrespekvol teenoor God is as ons sulke vrae vra? [Wag vir ’n antwoord.] Die regverdige man Job het ’n begeerte gehad om God vrae te vra. [Lees Job 23:3-5.] Hierdie tydskrif bespreek drie vrae wat baie mense God graag wil vra as hulle kon, sowel as die bevredigende antwoorde wat die Bybel voorsien.”