Ontsluit die krag van God se Woord in jou bediening
Wanneer iemand bereid is om na die goeie nuus te luister, maak ons goed gebruik van die geleentheid en ontsluit ons die krag van God se Woord deur tekste regstreeks uit die Bybel te lees. Dit is by verlede jaar se spesiale byeenkomsdag beklemtoon. Die kringopsiener het ’n toespraak gehou met die titel “Benut die krag van God se Woord ten volle in jou bediening”. Kan jy die hoofpunte onthou?
Waarom is Jehovah se woord kragtiger as ons s’n?—2 Tim. 3:16, 17.
Die Bybel wek emosies op, vorm denke, verfyn beweegredes en bepaal gedrag. Hoe?—Sien Die Wagtoring van 15 Junie 2012, bl. 27, par. 7.
Hoe kan ons, wanneer ons in die bediening vir iemand ’n teks lees, die aandag op God se Woord vestig op ’n manier wat respek daarvoor wek?—Sien die Bedieningskool-boek, bl. 148, par. 3-4, en Ons Koninkryksbediening vir Maart 2013, bl. 6, par. 8.
Waarom is dit belangrik dat ons die tekste wat ons lees, verduidelik en daaroor redeneer, en hoe kan ons dit doen?—Hand. 17:2, 3; sien die Bedieningskool-boek, bl. 154, par. 4 tot bl. 156, par. 5.