MAANDELIKSE TEMA: “VERKONDIG DIE WOORD, BLY DRINGEND DAARMEE BESIG.”—2 TIM. 4:2.
Hoe om ’n gevoel van dringendheid vir die predikingswerk aan te kweek
’n Gevoel van dringendheid moet aangekweek word, en dit is noodsaaklik as ons die einde van hierdie stelsel van dinge wil oorleef. As ons op die volgende herinneringe ag slaan, kan ons ons gevoel van dringendheid versterk.
Bid gereeld oor die Koninkryk.—Matt. 6:10.
Beskerm jou hart deur die Bybel daagliks te lees.—Heb. 3:12.
Gebruik jou tyd wyslik.—Ef. 5:15, 16; Fil. 1:10.
Behou ’n ‘eenvoudige’ oog. Moenie toelaat dat jou aandag deur wêreldse begeertes afgelei word nie.—Matt. 6:22, 25; 2 Tim. 4:10.
Hou aan waak deur te let op die vervulling van Bybelprofesieë.—Mark. 13:35-37.
As ons ’n gevoel van dringendheid het, sal dit ons motiveer om ’n volle aandeel te hê aan die werk wat nog voltooi moet word!—Joh. 4:34, 35.