Hersiening van die Teokratiese Bedieningskool
Die volgende vrae sal gedurende die week wat begin met 27 Oktober 2014, tydens die Teokratiese Bedieningskool bespreek word.
Waarom het die Israeliete, soos opgeteken in Numeri 21:5, teen God en Moses gepraat, en hoe dien dit vir ons as ’n waarskuwing? [1 Sept., w99 8/15 bl. 26-27]
Waarom het Jehovah se toorn teen Bileam ontvlam? (Num. 22:20-22). [8 Sept., w04 8/1 bl. 27 par. 2]
Wat toon Numeri 25:11 oor Pinehas se gesindheid, en hoe kan ons hom navolg? [8 Sept., w04 8/1 bl. 27 par. 4]
Hoe het Moses vir ons ’n uitstekende voorbeeld in nederigheid gestel? (Num. 27:5, 15-18). [15 Sept., w13 2/1 bl. 5]
Hoe het Josua en Kaleb kragtige bewys gelewer dat onvolmaakte mense ondanks teëspoed in God se weë kan wandel? (Num. 32:12). [22 Sept., w93 11/15 bl. 14 par. 13]
Hoe kan die gehoorsaamheid van Selofhad se dogters ’n ongetroude Christen se beskouing van die huwelik beïnvloed? (Num. 36:10-12). [29 Sept., w08 2/15 bl. 4-5 par. 10]
Wat het die Israeliete se klaende gesindheid en negatiewe spraak tot gevolg gehad, en watter les kan ons uit hierdie verslag leer? (Deut. 1:26-28, 34, 35). [6 Okt., w13 8/15 bl. 11 par. 7]
Watter tweevoudige verantwoordelikheid moes die Israeliete nakom om Jehovah se seën te hê en in die Beloofde Land voorspoedig te wees? (Deut. 4:9). [13 Okt., w06 6/1 bl. 29 par. 15]
In watter opsig het die Israeliete se klere nie verslyt en hulle voete nie geswel terwyl hulle in die wildernis rondgetrek het nie? (Deut. 8:3, 4). [20 Okt., w04 9/15 bl. 26 par. 1]
Hoe kan ons die vermaning toepas wat aan die Israeliete gegee is om Jehovah ‘aan te kleef’? (Deut. 13:4, 6-9). [27 Okt., w02 10/15 bl. 16 par. 14]