Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/13 bl. 3-6
  • Gedrag wat God verheerlik

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Gedrag wat God verheerlik
  • Ons Koninkryksbediening—2013
  • Soortgelyke materiaal
  • “Handhaaf goeie gedrag onder die nasies”
    Ons Koninkryksbediening—2014
  • Herinneringe vir die streekbyeenkoms
    Ons Koninkryksbediening—2015
  • Ons Streekbyeenkomste—Kragtige getuienis vir die waarheid
    Ons Koninkryksbediening—2012
  • Drie dae van geestelike verkwikking
    Ons Koninkryksbediening—2011
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2013
km 4/13 bl. 3-6

Gedrag wat God verheerlik

1. Waarom trek Jehovah se Getuies aandag wanneer hulle streekbyeenkomste bywoon?

1 Wanneer ons streekbyeenkomste bywoon, trek ons gewoonlik aandag. In baie byeenkomsstede lig die plaaslike media die gemeenskap in omtrent ons teenwoordigheid. Die hotelle en restaurante is dikwels vol byeenkomsgangers, en mense in die omgewing merk die baie besoekers met byeenkomslapelkaarte op. Hier volg ’n paar herinneringe wat ons sal help om God deur ons goeie gedrag te verheerlik terwyl ons in die byeenkomsstad is.—1 Pet. 2:12.

2. Hoe kan ons God deur ons beskeie kleredrag verheerlik terwyl ons in die byeenkomsstad is?

2 Beskeie kleredrag: Ons beskeie kleredrag terwyl ons die program bywoon beïndruk mense dikwels. Maar ons kleredrag op ander tye—wanneer ons by die hotel aankom, by restaurante in die omgewing eet, inkopies doen, ensovoorts—kan selfs ’n groter indruk maak op mense wat ons sien. Hoewel ons by hierdie ander geleenthede nie formele klere hoef te dra nie, moet ons kleredrag beskeie, waardig en nie te informeel wees nie. Mense wat ons waarneem, behoort die verskil tussen ons en ongelowiges te kan sien (Rom. 12:2). Ons moet ook ons byeenkomslapelkaart dra, want dit sal die streekbyeenkoms adverteer, tot geleenthede lei om te getuig en ander byeenkomsgangers in staat stel om ons te identifiseer.

3. Hoe kan ons geduld en hoflikheid aan die dag lê?

3 Geduld en hoflikheid: Ons lewe in ’n tyd wanneer baie in die wêreld selfsugtig en ondankbaar is. Hoe verfrissend sal ons geduld en hoflikheid dan tog wees vir toeskouers, soos hotel- en restaurantpersoneel! (2 Tim. 3:1-5). Wanneer ons sitplekke hou of in die ry staan om byeenkomsvrystellings te kry, moet ons nie ons eie voordeel soek nie, maar dié van die ander persoon (1 Kor. 10:23, 24). Nadat ’n belangstellende man sy eerste streekbyeenkoms bygewoon het, het hy gesê: “Ek onthou nie enige van die toesprake wat daardie dag gehou is nie, maar die gedrag van die Getuies het ’n blywende indruk op my gemaak.”

4. Waarom moet ons dit oorweeg om ons hulp by die streekbyeenkoms aan te bied as ons omstandighede dit toelaat?

4 Gewillige vrywilligers: ’n Vrywillige gees is ’n kenmerk van ware Christene (Ps. 110:3). Kan jy aanbied om by die streekbyeenkoms te help? By een byeenkomsterrein het sowat 600 broers en susters voor die byeenkoms met die skoonmaakwerk gehelp. Die personeel het gesê: “Dit is die merkwaardigste ding wat ons nog gesien het! Dit is moeilik om te glo dat al hierdie mense vrywilligers is.” Ons sien gretig uit na die streekbyeenkomste vir 2013 en na die geleentheid wat ons sal hê om nie net na God te luister en by hom te leer nie, maar ook om hom te verheerlik.

[Venster op bladsye 3-6]

Herinneringe vir die streekbyeenkoms vir 2013

◼ Programtye: Die inleidende musiek sal al drie dae om 9:00 vm. begin. Wanneer hierdie musiek begin, moet ons almal na ons sitplekke gaan sodat die program op ’n waardige wyse kan begin. Die slotlied en -gebed sal Vrydag en Saterdag om 4:30 nm. en Sondag om 3:15 nm. aangekondig word.

◼ Parkering: By al die byeenkomsterreine waar ons beheer oor die parkeerterreine het, sal die parkering gratis wees; dié wat eerste kom, sal die eerste parkeerplekke kry. Aangesien parkering gewoonlik beperk is, moet byeenkomsgangers sover moontlik met vol motors ry.

◼ Huisvesting: Special Needs Room Request-vorms (CO-5-E) is beskikbaar vir verkondigers wat huisvesting nodig het. Die Gemeentelike Dienskomitee moet kyk of die verkondiger hiervoor kwalifiseer deur gebruik te maak van die riglyne op die vorm sowel as die brief van 14 Desember 2010 aan alle liggame van ouer manne. Hierdie voorsiening is slegs vir verkondigers wat ’n goeie naam in die gemeente het, asook hulle goedgemanierde kinders.

◼ Die hou van sitplekke: Sitplekke mag net gehou word vir dié wat saam met jou in dieselfde huis woon of saam met jou in dieselfde voertuig ry, asook dié met wie jy tans ’n Bybelstudie hou. Omdat sitplekke vir die bejaardes en verswaktes beperk is, sal hulle hele gesin dalk nie by hulle kan sit nie. Laat asseblief hierdie sitplekke vir die bejaardes en verswaktes en diegene wat hulle help.—1 Kor. 13:5.

◼ Middagete: Bring asseblief ’n ligte middagete saam eerder as om tydens die middagpouse die byeenkomsterrein te verlaat om iets te ete te kry. ’n Klein koelhouer wat onder ’n sitplek pas, kan gebruik word. Groot piekniekkoelhouers moet in ooreenstemming met die saalwagters se instruksies geberg word. Glashouers en alkohol word nie op die byeenkomsterrein toegelaat nie.

◼ Bydraes: Ons kan ons waardering vir die byeenkomsreëlings toon deur vrywillige bydraes vir die wêreldwye werk by die byeenkoms te maak. Alle tjeks moet aan die “Christian Congregation of Jehovah’s Witnesses of South Africa” uitgemaak word. By verskeie byeenkomste kan bydraes ook met ’n debiet- of kredietkaart gemaak word.

◼ Medisyne: As jy voorskrifmedisyne gebruik, moet jy asseblief seker maak dat jy genoeg saambring, aangesien dit nie by die byeenkoms beskikbaar sal wees nie. Spuitnaalde wat deur diabete gebruik word, word as gevaarlike afval beskou; daar moet dus op gepaste wyse daarvan ontslae geraak word. Dit moenie in asblikke op die byeenkomsterrein en by hotelle gegooi word nie.

◼ Skoene: Elke jaar is daar beserings as gevolg van die soort skoene wat byeenkomsgangers dra, veral hoëhakskoene. Dit is raadsaam om skoene te kies wat beskeie is en goed pas sodat jy veilig op skuinstes, trappe, traliewerk, ensovoorts kan loop.

◼ Kinderwaentjies en opvoustoele: Kinderwaentjies en opvoustoele moenie in die ouditorium ingebring word nie. Babastoeltjies wat op stoele langs die ouers vasgemaak kan word, is egter toelaatbaar.

◼ Parfuums: Die meeste streekbyeenkomste word in geboue met meganiese lugversorging gehou. Dit sal dus liefdevol van ons wees om die gebruik te beperk van skerp naskeermiddels en parfuums wat persone met asemhalings- of verwante probleme kan aantas.—1 Kor. 10:24.

◼ Volg asseblief op-vorms (S-43): ’n Volg asseblief op-vorm moet gebruik word om inligting te voorsien aangaande enigiemand wat tydens informele getuieniswerk gedurende die byeenkoms belangstelling toon. Voltooide vorms kan by die boekekamer ingedien word of aan die gemeentelike sekretaris gegee word nadat jy van die streekbyeenkoms teruggekeer het.

◼ Restaurante: Verheerlik Jehovah se naam deur jou goeie gedrag by restaurante. Dra klere wat gepas is vir ’n Christenbedienaar. Dit is gebruiklik om ’n fooitjie van 10 tot 15 persent te gee.

◼ Vrywilligerdiens: Enigiemand wat wil aanbied om te help, moet na die Vrywilligerafdeling by die byeenkoms gaan. Kinders onder 16 kan ’n goeie bydrae lewer deur te werk onder die toesig van ’n ouer of ’n voog of ’n ander volwassene wat deur die ouer of die voog goedgekeur is.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel