Rooster vir die week van 20 Desember
WEEK WAT BEGIN MET 20 DESEMBER
Lied 79 (66)
□ Gemeentelike Bybelstudie:
cf hfst. 15 ¶1-7
□ Teokratiese Bedieningskool:
Bybelleesgedeelte: 2 Kronieke 20-24
Nr. 1: 2 Kronieke 20:1-12
Nr. 2: Wat behels dit om die suiwer taal te leer en te praat? (Sef. 3:9)
Nr. 3: Was Jesus Christus ’n werklike persoon? (rs bl. 229 ¶3–bl. 230 ¶3)
□ Diensvergadering:
Lied 12 (109)
5 min: Aankondigings.
15 min: Het jy dit al probeer? Bespreking. Bespreek kortliks, in ’n toespraak, inligting uit hierdie onlangse artikels in Ons Koninkryksbediening: “Het jy al tydens die eerste besoek ’n studie gedemonstreer?” en “Hoe om nuwelinge op te lei om te preek” (km 5/10) en “Jy kan informeel getuig!” (km 8/10). Nooi die gehoor om kommentaar te lewer oor hoe hulle die wenke in hierdie artikels probeer toepas het en daarby baat gevind het.
15 min: “’n Nuwe reeks om Bybelstudies te begin.” Vrae en antwoorde. Voordat die bespreking begin, gee vir elkeen wat nie een gebring het nie, ’n eksemplaar van Die Wagtoring van 1 Januarie 2011. Sluit af met een of twee demonstrasies wat toon hoe om die artikel “Leer uit God se Woord—Waarom by God leer?” te gebruik om ’n Bybelstudie te begin.
Lied 17 (29)