Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 11/09 bl. 1
  • Gaan terug na belangstellendes—Wanneer?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Gaan terug na belangstellendes—Wanneer?
  • Ons Koninkryksbediening—2009
  • Soortgelyke materiaal
  • Bied die Goeie Nuus Aan—Deur spoedig terug te gaan na belangstellendes
    Ons Koninkryksbediening—1989
  • Herbesoeke om waardering op te bou
    Ons Koninkryksbediening—1994
  • Skraap die vrymoedigheid bymekaar om herbesoeke te doen
    Ons Koninkryksbediening—1997
  • Gaan sonder versuim na belangstellendes terug
    Ons Koninkryksbediening—1992
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2009
km 11/09 bl. 1

Gaan terug na belangstellendes—Wanneer?

1. Wat behels dit om dissipels te maak?

1 Om dissipels te maak, behels dat ons teruggaan na enigiemand wat belangstelling daarin toon om oor Jehovah se Koninkryksreëling te leer (Matt. 28:19, 20). Die beste tyd om ’n herbesoek te doen, hang dikwels af van ons rooster sowel as van die belangstellende s’n. Waarom moet ons kort ná ons eerste besoek teruggaan?

2, 3. Waarom moet ons so gou as moontlik probeer teruggaan?

2 Waarom sonder versuim teruggaan? Die werk om “hierdie goeie nuus van die koninkryk” te verkondig, is al ver gevorderd, en die einde van hierdie stelsel van dinge is naby (Matt. 24:14; 1 Pet. 4:7). Terwyl “’n dag van redding” dus nog moontlik is vir belangstellendes, moet ons ag slaan op die vermaning om ‘die woord dringend te verkondig’, wat insluit dat ons so gou as moontlik belangstelling verder ontwikkel.—2 Kor. 6:1, 2; 2 Tim. 4:2.

3 Satan is gretig om enige Koninkryksaad wat ons dalk in ’n belangstellende se hart saai, weg te neem (Mark. 4:14, 15). Gesinslede, werksmaats en ander bespot dikwels dié wat belangstelling toon. As ons sonder versuim teruggaan, kan ons voortbou op ons vorige bespreking voordat ander daarin slaag om die belangstelling uit te doof.

4. Hoe kan ons tydens die eerste besoek die grondslag lê vir ’n herbesoek?

4 Maak ’n afspraak: Die beste is om teen die einde van die eerste besoek definitiewe reëlings te tref om terug te gaan. Vra ’n vraag wat jy tydens die volgende besoek sal beantwoord. Dit is belangrik dat jy goeie aantekeninge maak. As jou rooster jou toelaat, kan jy vra of jy die volgende dag of kort daarna kan terugkom. As die eerste besoek oor die naweek gedoen is en die belangstellende gedurende die week werk, sal hy dalk instem dat jy hom die volgende naweek weer besoek. Wanneer jy ’n afspraak maak, moet jy sorg dat jy dit nakom.—Matt. 5:37.

5. Hoe sal dit ons help om Jesus se opdrag om dissipels te maak, uit te voer as ons so gou as moontlik na mense teruggaan?

5 Ons het goeie redes om so gou as moontlik na belangstellendes terug te gaan. Maak dus ’n afspraak en gaan sonder versuim terug, want “die oorblywende tyd is kort” (1 Kor. 7:29). Hoe gouer ons teruggaan na dié wat in die Koninkryksboodskap belangstel, hoe doeltreffender sal ons pogings waarskynlik wees.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel