Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/06 bl. 4
  • Nuwe program vir die spesiale byeenkomsdag

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Nuwe program vir die spesiale byeenkomsdag
  • Ons Koninkryksbediening—2006
  • Soortgelyke materiaal
  • “Voedsel op die regte tyd”
    Ons Koninkryksbediening—2010
  • Program vir die spesiale byeenkomsdag vir 2010
    Ons Koninkryksbediening—2009
  • Nuwe program vir die spesiale byeenkomsdag
    Ons Koninkryksbediening—1996
  • Die nuwe program vir die spesiale byeenkomsdag
    Ons Koninkryksbediening—1994
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2006
km 8/06 bl. 4

Nuwe program vir die spesiale byeenkomsdag

Die vroeë Christene het deur middel van die heilige gees krag ontvang en hulle ywerig ingespan om die goeie nuus na soveel plekke moontlik te versprei (Hand. 1:8; Kol. 1:23). Die program vir die spesiale byeenkomsdag vir die 2007-diensjaar, ‘Hou julle intensief besig met die woord’, sal ons help om hulle uitstekende voorbeeld na te volg.—Hand. 18:5.

Koning Dawid het aangaande God se woord gesê: “Die herinnering van Jehovah is betroubaar; dit maak die onervarene wys” (Ps. 19:7). Die program vir die spesiale byeenkomsdag vir 2007, wat sorgvuldig vir ons voorberei is, sal beklemtoon hoe nuttig die Skrif is “om dinge reg te stel” en sal ons aanmoedig om God se Woord met ’n gevoel van dringendheid te verkondig en aan ander te leer (2 Tim. 3:16, 17). Die nuwe program sal toon hoe ons slaggate kan vermy en onsself kan bevoordeel deur Bybelbeginsels in die daaglikse lewe toe te pas. Dit sal ons ook help om God se Woord te gebruik om jongmense en nuwelinge te help om geestelike vooruitgang te maak.

Maak seker dat jy daar is wanneer die program begin, en skenk noukeurig aandag. Maak aantekeninge van die punte wat jy persoonlik kan toepas. Toon jou waardering vir die onderrigting en herinneringe wat jy ontvang het, en dink na oor hoe jy die dinge wat jy geleer het, gaan toepas.

Die spesiale byeenkomsdagprogram sal ons waardering vir God se Woord vergroot, ons herinner om aan te hou om die goeie nuus van die Koninkryk ywerig te verkondig en vir ons wys hoe om ander te help om dit ook te doen. Wees dus vasbeslote om baat te vind by al die geestelike leiding en onderrigting wat Jehovah op hierdie manier voorsien!—Jes. 30:20b, 21.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel