Teokratiese nuus
◼ Ons is bly om die toewyding van nog ses Koninkryksale aan te kondig. Dit is: Rheederpark, Postmasburg, Bethanie, Sterkstroom, Ngqeleni en Masilo.
Die Koninkryksaalbouprogram in ons veld geniet nog steeds Jehovah se seën. Gedurende die 2005-diensjaar is altesaam 40 Koninkryksale toegewy. Sedert die begin van die 2006-diensjaar is tien nuwe Koninkryksale reeds gebou en gereed om toegewy te word.
Ons wil almal prys wat op een of ander manier aan die Koninkryksaalbouwerk deelgeneem en tot die goeie gees bygedra het. Ons is ook baie dankbaar vir die maandelikse bydraes tot die Koninkryksaalfonds wat ons van die gemeentes ontvang. Die getroue maandelikse terugbetaling van lenings wat gemeentes van die organisasie ontvang het, is noodsaaklik vir die voortgesette hulpprogram.
Mag almal voortgaan om hulle plaaslike Streekboukomitee ten volle te ondersteun. Die SBK’s wil hulle bouprogram gedurende die 2006-diensjaar versnel om sowat 250 gemeentes te help wat nog nie ’n Koninkryksaal het nie. Baie meer vrywilligers is dus nodig sodat elke vrywilliger slegs een naweek per maand gebruik sal word. Kan jy enigsins help? Dit is ons bede dat Jehovah alle pogings om arm gemeentes te help, sal bly seën.—Heb. 2:4.