Wat ons oor die tydskrifte kan sê
Wagtoring 15 Nov.
“Baie mense wonder waarom dit lyk of die probleme wat die mensdom teister, erger word, nie beter nie. Dink jy dat hierdie vers ’n moontlike rede hiervoor gee? [Lees Openbaring 12:9. Wag dan vir ’n antwoord.] Hierdie tydskrif bespreek die Duiwel se planne om mense te mislei en hoe ons sy invloed kan weerstaan.”
Ontwaak! 22 Nov.
“Hoewel genoeg voedsel geproduseer word om almal op die aarde te voed, is sowat 800 miljoen mense ondervoed. Is dit nie tragies nie? [Wag vir ’n antwoord.] Hierdie tydskrif ondersoek waarom dit al hoe moeiliker word om die stede te voed. Dit bespreek ook die Bybel se belofte van ’n wêreld waar niemand meer honger sal wees nie.” Lees Psalm 72:16a.
Wagtoring 1 Des.
“Wanneer mense die woord ‘Armageddon’ hoor, stel baie hulle ’n verskriklike massavernietiging voor. [Wys die venster op bladsy 3.] Sal dit jou verbaas om te hoor dat Armageddon eintlik een van die beste dinge is wat met ons kan gebeur? [Wag vir ’n antwoord.] Hierdie tydskrif verduidelik waarom.” Lees 2 Petrus 3:13.
Ontwaak! 8 Des.
“Ek wil jou graag vertel van ’n tyd wanneer elkeen ’n geskikte woonplek sal hê. Is dit nie hartseer dat soveel mense haweloos is nie? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan Jesaja 65:21, 22.] Hierdie tydskrif ondersoek die oorsake van haweloosheid. Dit verduidelik ook hoe God die belofte sal vervul wat ons so pas gelees het.”