Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 9/04 bl. 4
  • Maak goed van die Bybel gebruik

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Maak goed van die Bybel gebruik
  • Ons Koninkryksbediening—2004
  • Soortgelyke materiaal
  • Voer jy jou bediening deeglik uit?
    Ons Koninkryksbediening—2001
  • Hoe om ’n tydskrifaanbieding voor te berei
    Ons Koninkryksbediening—2006
  • Deel 3: Hou progressiewe Bybelstudies
    Ons Koninkryksbediening—2004
  • Tekste behoorlik ingelei
    Vind baat by opleiding in die Teokratiese Bedieningskool
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2004
km 9/04 bl. 4

Maak goed van die Bybel gebruik

1. Wat kan jy doen om vir die veldbediening voor te berei?

1 Ongeag watter lektuur ons van plan is om in die bediening aan te bied, dit is goed om ’n gedagteprikkelende teks te kies wat ons wil lees vir dié wat sal luister (Heb. 4:12). As jy ’n teks kies uit die publikasie wat jy aanbied, sal jy op ’n doeltreffender wyse na die publikasie kan oorgaan. In sommige gebiede het verkondigers dit nuttig gevind om die Bybel in hulle hand te hou wanneer hulle iemand nader of van huis tot huis werk.

2. (a) Hoe kan ons ons aanbieding met ’n teks begin? (b) In watter Bybelonderwerpe stel mense in julle gebied belang?

2 Begin met ’n teks: Party verkondigers begin hulle aanbieding deur die huisbewoner ’n eenvoudige beskouingsvraag te vra oor ’n Bybelteks, wat hulle dan lees. Dit vestig dadelik die aandag op God se Woord. Sal van hierdie inleidings in julle gebied doeltreffend wees?

◼ “Sou jy hierdie veranderinge aangebring het as jy die mag gehad het om dit te doen?” Lees Openbaring 21:4.

◼ “Waarom lewe ons in sulke kritieke tye?” Lees 2 Timoteus 3:1-5.

◼ “Dink jy dat ons omgewing ’n beter plek sou gewees het as almal hierdie raad gevolg het?” Lees Matteus 7:12.

◼ “Dink jy jou kinders sal die toestande kan geniet wat hier beskryf word?” Lees Psalm 37:10, 11.

◼ “Dink jy die dag sal ooit aanbreek wanneer hierdie woorde vervul word?” Lees Jesaja 33:24.

◼ “Weet jy watter verandering van regering hier gemeld word?” Lees Daniël 2:44.

◼ “Wou jy God al ooit hierdie vraag vra?” Lees Job 21:7.

◼ “Is dit moontlik om ons afgestorwe dierbares weer te sien?” Lees Johannes 5:28, 29.

◼ “Weet die dooies wat die lewendes doen?” Lees Prediker 9:5.

3. Hoe kan ons mense help om die Bybeltekste wat ons lees, te verstaan?

3 Verduidelik, lig toe, pas toe: Wanneer iemand bereid is om te gesels, moet jy nie deur die bespreking jaag nie. Neem tyd om die teks wat jy gelees het, te verduidelik, toe te lig en toe te pas sodat hy dit kan verstaan (Neh. 8:8). As mense verstaan en aanneem wat God se Woord leer, kan dit wonderlike veranderinge in hulle lewe meebring.—1 Tess. 2:13.

4. Hoe kan ons tydens herbesoeke goed van die Bybel gebruik maak?

4 Hou aan om goed van die Bybel gebruik te maak terwyl jy die belangstelling lewendig hou. Jy kan hierdie selfde metode gebruik wanneer jy herbesoeke doen: (1) Kies ’n gepaste teks. (2) Vra ’n eenvoudige beskouingsvraag oor die teks. Lees dit dan. (3) Verduidelik dit, lig dit toe en pas dit toe. Probeer voortbou op die persoon se kennis van God se Woord elke keer as jy hom besoek. Jy sal dalk binnekort ’n Bybelstudie hou!

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel