Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 9/04 bl. 1
  • Branch Letter

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Branch Letter
  • Ons Koninkryksbediening—2004
  • Soortgelyke materiaal
  • Voorsien met vreugde in die behoeftes wat die oeswerk meebring
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • Vertrou op Jehovah in alles wat ons onderneem
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • Die bou van Koninkryksale in Suid-Afrika en sy buurstate
    Ons Koninkryksbediening—1997
  • Jou rol in die bouwerk vir die toekoms
    Ons Koninkryksbediening—1991
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2004
km 9/04 bl. 1

Branch Letter

Liewe Koninkryksverkondigers:

Die drukkery-uitbreiding van 8 000 vierkante meter by ons takkantoor is voltooi en in gebruik. Die nuwe MAN-Lithoman-rolpers, wat tot 90 000 tydskrifte per uur kan druk, is geïnstalleer en in werking. Hierdie pers, sowel as ons Hantscho-pers, sal ook boekkaterns druk, aangesien die Bestuursliggaam goedgekeur het dat die Suid-Afrikaanse takkantoor sagtebandboeke druk. Ons maak nou gereed om die boekbindery te installeer wat die takkantoor in Duitsland aan ons gestuur het.

Ons is ook besig om ons Versendingsafdeling na die nuwe uitbreiding te verskuif. Nuwe rakke is geïnstalleer waarop 2 352 laaiborde met lektuur en tydskrifte gepak kan word. Ons sal binnekort outomatiese rollervervoerbande ontvang wat die sortering en verpakking van gemeentelike aanvrae sal vereenvoudig en bespoedig vir die ongeveer 8 000 gemeentes in Suider-Afrika waaraan ons op die oomblik lektuur voorsien. Toere is welkom om Bethel nou te besoek en na die nuwe drukkery-uitbreiding te kom kyk.

Die Gedenkmaalseisoen was ’n tyd van ywerige bedrywigheid in die gebied waaroor die takkantoor toesig hou. In April was daar altesaam 7 297 hulppioniers, en ’n nuwe hoogtepunt van 193 661 het die herdenking van die Here se Aandmaal in Suid-Afrika bygewoon.

Aan die begin van hierdie 2005-diensjaar sien ons saam met julle daarna uit om “baie . . . in die werk van die Here te doen”.—1 Kor. 15:58.

Julle broers

Suid-Afrikaanse takkantoor

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel