Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 1/00 bl. 1
  • Maak Jehovah se naam op die hele aarde bekend

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Maak Jehovah se naam op die hele aarde bekend
  • Ons Koninkryksbediening—2000
  • Soortgelyke materiaal
  • Die goeie nuus word in die openbaar en van huis tot huis verkonding
    Jehovah se Getuies—Verkondigers van God se Koninkryk
  • Maniere om die goeie nuus te verkondig
    Georganiseer om Jehovah se wil te doen
  • Predikingsmetodes​—Alle moontlike maniere word gebruik om mense te bereik
    God se Koninkryk regeer!
  • Die huis-tot-huis-bediening—Waarom nou belangrik?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2000
km 1/00 bl. 1

Maak Jehovah se naam op die hele aarde bekend

1 Toe Jesus sy dissipels beveel het om getuies te wees “tot in die mees afgeleë deel van die aarde” het hy reeds vir hulle die voorbeeld gestel om te volg (Hand. 1:8). Wanneer en waar hy ook al mense gevind het, het hy gepraat oor God se voorneme met die mensdom. In navolging van Jesus gebruik die ‘getroue slaaf’-klas verskeie maniere om Jehovah se naam “op die hele aarde bekend [te maak]”.—Jes. 12:4, 5.

2 Wat in die verlede gedoen is: In vroeëre jare is preke in koerante gepubliseer; die “Fotodrama van die Skepping” is gemaak en aan miljoene vertoon; klankmotors is gebruik en daar is intensief van die grammofoon en, ’n tyd lank, die radio gebruik gemaak—alles om die goeie nuus te verkondig. Die grootste klem is natuurlik nog altyd geplaas op persoonlike kontak met mense sodat belangstelling wat gevind word, gekweek kan word. Die huis-tot-huis-bediening is gevolglik ’n baie doeltreffende manier om Jehovah se naam oral bekend te maak.—Hand. 5:42.

3 Wat in ons dag gedoen word: Met die tye wat verander, beweeg die wêreld teen ’n koorsagtige pas, en op baie plekke word mense selde tuis gevind. Min neem die tyd om geestelike dinge te lees of daaroor te peins. Ons moet ons bediening dus dienooreenkomstig aanpas. Behalwe dat ons voortdurend die gebied van huis tot huis dek, is ons ook aangemoedig om te gaan na waar die mense is en om “altyd gereed” te wees om die hoop in ons te verdedig (1 Pet. 3:15). Dit beteken dat ons vir werksmaats, skoolmaats, mense op straat en in die park of parkeerterrein, van winkel tot winkel en op enige ander plek waar mense gevind kan word, moet probeer getuig. Omdat ons Jehovah se steun geniet, behaal ons sukses. Probeer jy ook mense bereik waar hulle ook al mag wees?

4 Mag ons as individue geen steen onaangeroer laat om Jehovah se naam in ons gebied bekend te maak nie. Ons kan groot bevrediging daaruit put as ons ons bediening ten volle uitvoer, terwyl ons op Jehovah vertrou om regskapenes te trek.—Joh. 6:44.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel