Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/98 bl. 1
  • Woon “des te meer” vergaderinge by

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Woon “des te meer” vergaderinge by
  • Ons Koninkryksbediening—1998
  • Soortgelyke materiaal
  • Waarom moet ons vir aanbidding bymekaarkom?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2016
  • Waarom jy Christelike vergaderinge moet bywoon
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
  • Hoe kan die vergaderinge van Jehovah se Getuies jou help?
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
  • Hoe Jehovah ons lei
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1998
km 4/98 bl. 1

Woon “des te meer” vergaderinge by

1 Dit was nog altyd vir Jehovah se volk van die allergrootste belang om saam te vergader. Die Israeliete het die tempel en hulle sinagoges as sentrums vir ware aanbidding, Goddelike onderrigting en vreugdevolle assosiasie gehad. Die vroeë Christene het eweneens nie hulle onderlinge vergaderinge nagelaat nie. Namate die druk en beproewinge in hierdie kritieke laaste dae toeneem, het ons ook die geestelike versterking nodig wat ons gemeentelike vergaderinge voorsien en ons het dit “des te meer” nodig (Heb. 10:25). Kom ons kyk na drie redes waarom ons vergaderinge bywoon.

2 Vir die assosiasie: Die Skrif vermaan ons om ‘aan te hou om mekaar te vertroos en mekaar op te bou’ (1 Tess. 5:11). Goddelike assosiasie vul ons verstand met goeie gedagtes en motiveer ons om goeie werke te doen. Maar as ons ons afsonder, is ons geneig om dwase, selfsugtige of selfs onsedelike gedagtes te bedink.—Spr. 18:1.

3 Vir die onderrigting: Christelike vergaderinge voorsien ’n voortgesette program van Bybelonderrig wat bedoel is om die liefde van God in ons hart lewend te hou. Dit verskaf praktiese riglyne om “al die raad van God” toe te pas (Hand. 20:27). Vergaderinge lei ons op in die kuns om die goeie nuus te verkondig en aan ander te leer vaardighede wat nou des te meer nodig is as ons die onbeskryflike vreugde wil ervaar om diegene te vind en te help wat Bybelwaarheid sal aanneem.

4 Vir die beskerming: In hierdie goddelose wêreld is die gemeente ’n ware geestelike toevlug ’n hawe van vrede en liefde. Wanneer ons gemeentelike vergaderinge bywoon, het God se heilige gees ’n kragtige invloed op ons en bring dit “liefde, vreugde, vrede, lankmoedigheid, goedhartigheid, goedheid, geloof, sagmoedigheid, selfbeheersing” as vrugte voort (Gal. 5:22, 23). Vergaderinge versterk ons om ferm en vas in die geloof te wees. Hulle rus ons toe om voorbereid te wees vir die beproewinge wat voorlê.

5 Deur gereelde vergaderingbywoning ondervind ons wat die psalmis in Psalm 133:1, 3 beskryf het: “Kyk, hoe goed en hoe lieflik is dit dat broers ook saamwoon!” Waar God se volk ook al vandag dien en bymekaarkom, “daar gebied die HERE die seën, die lewe tot in ewigheid!” (Ons kursiveer.)

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel