Diensvergaderinge vir April
Week wat begin met 6 April
10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Herinner almal aan die plek en tyd van die Gedenkmaalviering op Saterdag, 11 April. Teokratiese nuus.
15 min: “Ons bediening ’n blyk van ware liefde.” Vrae en antwoorde. Sluit kort kommentare in oor Die Wagtoring van 1 Februarie 1987, bladsye 16-17, paragrawe 3-7.
20 min: “Tydskrifte kondig die Koninkryk aan.” Ouer man bespreek artikel met ’n paneel van drie of vier verkondigers wat welslae behaal in die verspreiding van tydskrifte. Bespreek die treffende kenmerke van die jongste tydskrifte en stel maniere voor waarop hierdie punte in ons aanbiedings ingesluit kan word. Kyk na hoe tydskrifverspreiding in die plaaslike gebied vermeerder kan word. Vestig die aandag op artikels in die jongste nommers wat belangstelling wek, soos dié oor maatskaplike, gesins- of gemeenskapsprobleme. Laat twee of drie kort aanbiedings gedemonstreer word.
Lied 205 en slotgebed.
Week wat begin met 13 April
10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag.
15 min: Plaaslike behoeftes.
20 min: “Woon ‘des te meer’ vergaderinge by.” Vrae en antwoorde. Hersien na gelang van tyd die vermaning in Ons bediening-boek, bladsye 64-5. Prys almal hartlik wat vergaderinge gereeld bywoon.
Lied 119 en slotgebed.
Week wat begin met 20 April
10 min: Plaaslike aankondigings. Verduidelik dat dit nie te laat is om aansoek te doen om in Mei aan die hulppionierdiens deel te neem nie.
10 min: Vraebus. ’n Toespraak deur ’n ouer man wat vriendelik op spesifieke maniere wys waarop daar plaaslik verbeter kan word.
25 min: “Op soek na meer Bybelstudies.” Toespraak en gehoorbespreking wat deur die diensopsiener behartig word. Hersien die plaaslike Bybelstudiebedrywigheid. Prys die gemeente waar hulle goed gedoen het. Wys op wat nog gedoen kan word om Bybelstudies, asook gesinstudies, te begin en te hou. Illustreer paragraaf 5 deur ’n onderhoud te voer met ’n ouer wat ’n gesinstudie met welslae hou. Lees paragraaf 8, en beklemtoon die agt punte wat genoem word. Verduidelik paragraaf 13 deur ’n verkondiger te vra wat studies met welslae hou om te vertel hoe dit moontlik is om materiaal sonder onnodige vertraging te dek. Sluit ’n goedgekose ondervinding in wat toon hoe goeie resultate plaaslik verkry is.
Lied 109 en slotgebed.
Week wat begin met 27 April
12 min: Plaaslike aankondigings. Herinner almal daaraan om hulle velddiensrapporte vir April in te gee. Kondig die name aan van diegene wat in Mei aan die hulppionierdiens gaan deelneem. Gee ’n oorsig van die bykomende reëlings wat plaaslik getref word vir velddiensvergaderinge. Gee ’n paar nuttige wenke oor hoe om aanbiedings van die huidige tydskrifte voor te berei.—Sien Ons Koninkryksbediening vir Oktober 1996, bladsy 12.
15 min: Hoe Christenherders jou dien. ’n Toespraak deur ’n ouer man wat gebaseer is op Die Wagtoring van 15 Maart 1996, bladsye 24-7.
18 min: Behou ’n positiewe gesindheid wanneer ons in ’n gebied getuig wat dikwels gedek word. ’n Ouer man bespreek hierdie behoefte met twee of drie verkondigers wat ontmoedig geword het weens die min reaksie in gebied wat herhaaldelik gedek word. Hy bespreek met hulle Die Wagtoring van 15 Julie 1988, bladsye 16-19, paragrawe 4-14. Hulle praat optimisties oor maniere waarop hulle hierdie wenke plaaslik kan toepas.
Lied 191 en slotgebed.