Vraebus
◼ Wat moet die sekretaris doen wanneer ’n gewone pionier in die gemeente se gebied intrek?
Die sekretaris moet die Genootskap daarvan in kennis stel deur gebruik te maak van die ruimte wat agterop die Gemeenterapport (S-1) voorsien word. Hy moet ook onmiddellik met die sekretaris van die pionier se vorige gemeente in verbinding tree en al die verkondigerverslagkaarte (S-21) op lêer sowel as ’n bekendstellingsbrief van die Gemeentelike Dienskomitee aanvra.
Wanneer ’n pionier van gemeente verander, vind hy dit dikwels moeilik om gevestig te raak en ’n goeie roetine in die diens te begin volg. ’n Pionier waardeer dit baie wanneer ouere manne liefdevolle hulp verleen sodat sy aanpassing by die nuwe gemeente so glad as moontlik verloop.
Onthou: Die sekretaris voorsien die nuwe pionierdiensidentifikasiekaarte (S-202) net aan pioniers wat binne die Suid-Afrikaanse takkantoor se gebied van gemeente verander. Pioniers wat hulle kaart verloor, hulle naam verander omdat hulle trou of skei of uit ’n ander takkantoor se gebied trek, moet hulle nuwe kaart by die Genootskap kry en nie by die sekretaris nie. Die sekretaris of die pionier moet aan die Genootskap skryf, die situasie verduidelik en ’n nuwe kaart aanvra.