Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 7/93 bl. 3
  • Kan jy dit doen?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Kan jy dit doen?
  • Ons Koninkryksbediening—1993
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Prysenswaardige doelwit vir die nuwe diensjaar
    Ons Koninkryksbediening—2007
  • Hulppionierdiens—Het jy dit al probeer?
    Ons Koninkryksbediening—1987
  • Benodig—10 000 hulppioniers
    Ons Koninkryksbediening—1997
  • Kan jy hulppionierdiens doen?
    Ons Koninkryksbediening—1992
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1993
km 7/93 bl. 3

Kan jy dit doen?

1 ‘Wat doen?’ vra jy. Spreuke 3:27 antwoord: “Hou ’n weldaad nie terug van hom aan wie dit toekom as dit in jou mag is om dit te doen nie.” Is dit “in jou mag” om jou bedrywighede uit te brei en aan die hulp- of die gewone pionierdiens deel te neem? Kan jy dit doen?

2 Hoe bemoedigend was dit tog om in die 1993 Yearbook te lees dat daar gemiddeld 6303 gewone en hulppioniers in Suid-Afrika was, ’n verhouding van 1 pionier vir elke 8 verkondigers. Ja, 814 het verlede jaar die pionierdiens betree. Dit kom daarop neer dat meer as twee verkondigers per dag hulle omstandighede ondersoek en gevind het dat hulle meer in die bediening kan doen.

3 Die hulppionierdiens is een manier waarop ons aan ander goed kan doen. In April 1992 was daar 8611 hulppioniers in Suid-Afrika. Dit is uitstekend. Baie verkondigers soek na maniere om reg deur die jaar meer dikwels hulppionierdiens te doen.

4 Om vas te stel of jy dit kan “doen” of nie, moet jy ten eerste vasstel wat jou opregte begeerte is (Matt. 22:37-39). Handelinge 20:35 sê: “Dit is saliger om te gee as om te ontvang.” Diegene wat mildelik uit die hart geestelike hulp verleen, het ongetwyfeld die regte begeerte. As jy welslae as ’n verkondiger of pionier wil behaal, is daardie begeerte noodsaaklik.

5 Ten tweede moet jy jou huidige omstandighede in ag neem. Kan jy veranderinge in jou daaglikse bedrywighede aanbring sodat jy voltyds kan dien? Nie almal kan nie. Maar ná biddende selfondersoek vind duisende elke jaar ’n manier om “dit te doen” (Kol. 4:5; wAF78 2/1 bl. 10). Sommige gesinne kies byvoorbeeld sekere maande vir party of al die gesinslede om hulppionierdiens te doen. Ander gesinne help een van hulle lede om as ’n gewone pionier te dien. Het julle gesin al hierdie moontlikhede in aanmerking geneem?—Sien Spreuke 11:25.

6 Wanneer ’n mens ander help om die waarheid te ken, bring dit ware tevredenheid, of jy nou as ’n verkondiger of ’n pionier dien. Ons weet dat dit ware vreugde verskaf om goed aan ander te doen, veral as dit “in jou mag is om dit te doen”.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel