Gebruik brosjures doeltreffend in julie
1 Die organisasie het mildelik ’n groot verskeidenheid publikasies voorsien om die dissipelmaakwerk te bespoedig. Onder hulle is brosjures wat oor spesifieke onderwerpe handel, soos God se voorneme vir die aarde, die Drie-eenheid, God se naam, die Koninkryksregering en God se toelating van goddeloosheid. Hoe kan ons brosjures doeltreffend gebruik om mense in ons gebied te help?
2 Die brosjure Gee God werklik vir ons om? verduidelik op ’n logiese wyse dat ’n nuwe wêreld sonder lyding op hande is. Hoe kan ons dit aanbied? Wenke kan in die Redenering-boek gevind word onder die hoofopskrif “Lyding”, wat op bladsy 279 begin, of jy verkies dalk die inleiding op bladsy 13 onder die opskrif “Ongeregtigheid/Lyding”.
3 Jy kan sê:
◼ “Het jy al ooit gewonder: ‘Is God waarlik besorg oor die ongeregtigheid en lyding wat mense ondervind?’” Laat huisbewoner antwoord. Lees Psalm 72:12-14. Blaai dan na bladsy 22 van die brosjure Gee God werklik vir ons om? en bespreek die vetgedrukte opskrifte in deel 10, asook wat die illustrasie op bladsy 23 beteken. As die brosjure nie geneem word nie, kan jy gerus ’n traktaat aanbied, soos Vertroosting vir dié wat aan depressie ly of Die lewe in ’n vreedsame nuwe wêreld.
4 Goeie regering is ’n onderwerp waaroor mense vandag besorg is. Baie wonder of menseheerskappy die wêreld sal verenig. Nuttige inligting verskyn onder “Regering”, wat op bladsy 348 van die Redenering-boek begin.
5 Jy kan vra:
◼ “Is dit vir mense moontlik om ’n regering op te rig wat werklik blywende geluk sal bring?” Laat huisbewoner antwoord, en vra dan: “Wat toon die mensegeskiedenis?” Blaai na Jeremia 10:23 of blaai na bladsy 348 van die Redenering-boek en lees gepaste tekste en kommentare. Blaai daarna na bladsye 24 en 25 in die Regering-brosjure en bespreek die illustrasies en tekste. Verduidelik hoe God se regering mense wêreldwyd sal verenig. As die huisbewoner nie die brosjure neem nie, kan jy die traktaat Sal hierdie wêreld bly voortbestaan? aanbied.
6 As mense in jou buurt misdaad vrees, kan die volgende inleiding byval vind.
7 Jy kan sê:
◼ “Baie mense wonder: ‘As God liefde is, waarom laat hy goddeloosheid toe?’ Het jy ook al hieroor gewonder?” Laat huisbewoner antwoord, en sê dan: “Let op dat Spreuke 19:3 ’n mens daarteen waarsku om God die skuld te gee vir die slegte dinge wat mense doen.” Nadat jy die teks gelees het, kan jy die aandag op bladsy 15 van die brosjure “Kyk, Ek maak alles nuut” vestig en paragraaf 27 lees. Dit kan tot ’n bespreking van die daaropvolgende paragrawe lei.
8 Ons almal kan die brosjures gebruik om skaapgeaarde mense die goeie nuus te leer. Ons kan mense van alle lewensterreine help om met God se organisasie om te gaan. Dit is ons voorreg om aan die predikingsbedrywigheid deel te neem terwyl ons ons tydige brosjures doeltreffend gebruik.