Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 6/89 bl. 1-2
  • Verkondig ware vrede en veiligheid

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Verkondig ware vrede en veiligheid
  • Ons Koninkryksbediening—1989
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • VERSPREI OUER PUBLIKASIES
  • Ware vrede en veiligheid
    Ons Koninkryksbediening—1986
  • Onderwerp vir Gesprekke
    Ons Koninkryksbediening—1989
  • Onderwerp vir Gesprekke
    Ons Koninkryksbediening—1989
  • Onderwerp vir Gesprekke
    Ons Koninkryksbediening—1989
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1989
km 6/89 bl. 1-2

Verkondig ware vrede en veiligheid

1 Ware vrede en veiligheid kan van slegs een bron, Jehovah God, kom. Miga deel ons mee dat Jehovah “sal oordeel tussen baie volke en regspreek vir magtige nasies”. Die gevolge? “Nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie.” —Miga 4:3.

2 Aangesien Jehovah die enigste bron van ware vrede is, moet mense “optrek na die berg van die HERE” en in sy weë geleer word sodat hulle in sy paaie kan wandel (Miga 4:2). Hulle sal leer dat Jehovah God, deur middel van sy Koninkryk, ware vrede na hierdie aarde sal bring. Maar hoe kan ons meer mense help om van die Bron van ware vrede en veiligheid te leer?

VERSPREI OUER PUBLIKASIES

3 Die boeke Die Woord van God, Goeie nuus en Jou jeug (Engels: True Peace) bevat tydige informasie vir mense wat ‘na die berg van Jehovah wil optrek’. ’n Dokter wat in Finland woon, het ’n eksemplaar van die Ware vrede-boek ontvang. Hy het dit nie dadelik gelees nie, maar dit op die boekrak gesit. Later het sy vrou onthou dat hulle die boek het en dit deurgelees. Sy was onmiddellik daarvan oortuig dat sy die waarheid gevind het. Sy het begin studeer, en haar man het later saam met haar gestudeer. Hulle is nou gedoop, en hulle kinders is ook verkondigers van die goeie nuus. Hierdie ondervinding met die Ware vrede-boek toon die waarde daarvan om die Genootskap se publikasies in soveel huise moontlik te kry.

4 Ons voorbereiding vir velddiens moet ’n hersiening insluit van die boeke se inhoudsopgawes en van die hoofstukke wat ons meen by mense byval sal vind. Ons kan spesifieke gedagtes uit die boeke kies wat in gesprekke met huisbewoners gebruik kan word.

5 Jy kan die volgende wenke probeer. Nadat jy die tekste in die ‘Onderwerp vir gesprekke’ gelees en bespreek het, kan jy die huisbewoner se aandag op gepaste gedagtes uit hoofstuk 10 van Die Woord van God-boek vestig. (In Engels kan bladsy 8 in die True Peace-boek beklemtoon word. As die tyd dit toelaat, kan jy ’n paar van die teksverwysings naslaan om die aandag te vestig op die verskil tussen wat God se Koninkryk sal doen en wat menseleiers kan doen. Lees dan paragraaf 13.) Daarna kan jy die huisbewoner vra of hy graag ’n paar van die gedagtes in die volgende hoofstuk wil bespreek. Op hierdie manier kan ’n Bybelstudie onmiddellik begin word. Anders kan jy ’n studie probeer begin wanneer jy die herbesoek doen.

6 Dit is duidelik dat onvolmaakte mense nie ware vrede en veiligheid kan bring nie. As mense ’n vaste toekomshoop wil hê, moet hulle hul geloof in God stel. Maar “hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek?” (Rom. 10:14). Die tyd waarin mense die geleentheid gebied word om hulle tot die werklike Bron van ware vrede en veiligheid te wend, raak min. Mag ons gedurende Junie doen wat ons kan om die boodskap van ware vrede aan die talle opregtes van hart in die gemeente se gebied te verkondig.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel