Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 6/89 bl. 1-4
  • Geniet teokratiese omgang

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Geniet teokratiese omgang
  • Ons Koninkryksbediening—1989
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • BY VERGADERINGE
  • HEILSAME OMGANG
  • Leer jou broers beterken
    Ons Koninkryksbediening—1994
  • Waardeer Christelike samekomste
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
  • Help jy om Christelike vergaderinge opbouend te maak?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Waarom moet ons vir aanbidding bymekaarkom?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2016
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1989
km 6/89 bl. 1-4

Geniet teokratiese omgang

1 Jehovah se Getuies noem mekaar “broer” en “suster”. Dit dui op die hegte verhouding wat daar tussen alle knegte van Jehovah God behoort te wees.

2 Die woord “broer” beteken letterlik “seun van dieselfde ouers”. Kan jy die bande van ’n innige geestelike verhouding met almal wat toegewyde knegte van Jehovah is, aanvoel? Hoe kan ons die soort liefde wat toon dat ons broers of susters vir ons Christenmetgeselle is verder aankweek?

BY VERGADERINGE

3 Jesus se dissipels het besef dat dit belangrik is om saam te vergader (Hand. 2:42, 46; 20:7, 8). Ons beskou ook die voorreg om hartlike Christenomgang te geniet as kosbaar (Rom. 16:3, 5). Maar toon die dinge wat ons by die vergaderinge sê dat ons opreg besorg is oor die geestelike welsyn van ons broers en susters? Deur ons kommentare by vergaderinge kan ons liefde en onselfsugtige belangstelling in die welsyn van ander bevorder. Ons wil ons broers aanspoor om ywerig te wees in die verkondiging van die goeie nuus en om voorbeeldig te wees in alle aspekte van hulle daaglikse lewe.​—Hebr. 10:24, 25.

4 Daar is talle geleenthede vir teokratiese omgang voor en na die vergaderinge. Ons moet dit gebruik om in groter mate met ander om te gaan deur nuwelinge te verwelkom en soveel mense moontlik te leer ken. Velddiensondervindinge en ander opbouende gesprekke sal help om ander aan te moedig.​—1 Thess. 5:11, 15.

HEILSAME OMGANG

5 ’n Mens kan nie met God wandel terwyl jy omgang geniet met diegene in die goddelose en siek samelewing wat alles wat God verafsku, goedkeur nie. Die Bybel waarsku: “Slegte geselskap bederf goeie sedes” (1 Kor. 15: 33, NAV). Sommige in die gemeente het dalk die neiging om wêreldse vriende en ongelowige familie wat glad nie in die waarheid belangstel nie na gesellighede te nooi omdat hulle meen dat dit hulle sal aanmoedig om die waarheid te aanvaar. Maar is dit verstandig en in ooreenstemming met die Skrif?

6 Ons is aangeraai om versigtig te wees in ons omgang met heidene, ongelowiges en gewone persone. (Kyk Die Wagtoring van 15 November 1988, bladsye 15, 16.) Waarom moet ons onnodige sosiale kontak met mense hê wat steeds wêreldse weë najaag en wat nie aanbidders van Jehovah geword het nie? (2 Kor. 6:14, 15). Sommige wat geestelik nalatig is, soek dalk die geselskap op van ander wat ook wêreldse weë en denke aanhang pleks van om te gaan met ryp Christene wat hulle kan help om sterk in die geloof te word. Hulle besef nie dat gesellighede waar wêreldse, beginsellose mense is hulle geloof kan verswak en hulle kan besmet nie.​—Vergelyk 2 Thessalonicense 3:14, 15.

7 Elkeen wat die waarheid wil uitleef, moet metgeselle soek wat aan Jehovah toegewy is en wat hom sal help om in die waarheid te wandel en daartoe sal bydra dat hy vordering maak in sy diens aan God. Ons vriende en metgeselle kan ’n diepgaande invloed op ons hê. Hoe verstandig is dit dus om die geselskap van godvrugtige persone op te soek wat ’n hegte verhouding met Jehovah behou!

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel