Bied die Goeie Nuus Aan—Deur die Redenering-boek ten volle te gebruik
1 “Hoe wens ek tog dat ek my Redenering-boek. gehad het!” Het hierdie gedagte by jou opgekom terwyl jy probeer het om ’n skriftuurlike vraag te beantwoord wat opgeduik het in die velddiens of terwyl jy informeel by die werk of op skool getuig het? Diegene wat vertroud geraak het met die eienskappe van die Redenering-boek en wat dit saam met hulle dra, het gevind dat hulle daarop kan staatmaak vir hulp op die regte tyd. Wat van jou?
2 Vandat die Redenering-boek in 1985 vrygestel is, het talle nommers van Ons Koninkryksbediening uitstekende wenke gegee oor hoe ons dit kan gebruik. Kan jy sommige van die demonstrasies in vorige dele op die Diensvergadering onthou wat die veelsydigheid en waarde van die Redenering-boek beklemtoon het? Daar was demonstrasies wat getoon het hoe dit gebruik kan word deur ouers om hulle gesin te help voorberei vir velddiens, ’n ouere man wat ’n jeugdige help wat die wêreld aanloklik vind en sterker verkondigers wat diegene help wat bemoediging nodig het (kmAF 6/86 bl. 2; kmAF 7/86 bl. 2). Een artikel het jongmense aangemoedig om die Redenering-boek te gebruik om hul geestelik vir skool voor te berei (kmAF 11/87 bl. 3). Ander artikels het praktiese wenke gegee oor hoe om dit in elke aspek van ons velddiens te gebruik en hoe om die gebruik daarvan aan te pas by verskillende omstandighede, soos wanneer ons in gebiede werk waar geboue met streng sekuriteit is.—kmAF 10/86 bl. 7; kmAF 12/87 bl. 4.
GEBRUIK ONS DIT TEN VOLLE?
3 As ons die Redenering-boek doeltreffend wil gebruik, moet ons eers met die inhoud daarvan vertroud raak. Dan moet ons ’n poging aanwend om die wenke daarin te gebruik. Het jy probeer om ’n inleiding wat gegee word by die huidige ‘Onderwerp vir gesprekke’ aan te pas? As jy die tweede wenk onder “Koninkryk” op bladsy 11 van die Redenering-boek gebruik en Openbaring 21:3-5 kortliks meld, kan jy logieserwys die aandag vestig op die onderwerp van ons huidige ‘Onderwerp vir gesprekke’: “Wie sal ons aanbid?”
4 As ons materiaal uit die deel oor “Gesprekdempers” gebruik, kan ons aanvanklike besware met groter welslae te bowe kom. Dink gerus eers na oor hoe jy op ’n potensiële gesprekdemper kan antwoord. Wanneer ’n persoon byvoorbeeld sê: “Ek stel nie belang nie”, kan jy die vierde wenk op bladsy 16 gebruik, Openbaring 14:7 meld en dan daarop wys dat hierdie teks jou laat besef het hoe belangrik dit is om die ware God te identifiseer en te aanbid. Probeer dit. Ander het welslae behaal deur sulke uitdrukkings te gebruik.
5 Daar is inderdaad talle seëninge wat voortspruit uit die gebruik van die Redenering-boek. As ons tyd opsysit om nuwe benaderings en inleidings voor te berei wat by ons spesifieke gehoor byval sal vind, sal ons geesdriftiger wees om in die velddiens uit te gaan, selfs in gebiede wat dikwels gedek word (kmAF/86 bl. 8). Staan gerus die nodige tyd af om sommige van die vorige artikels te hersien wat wenke gegee het oor hoe om die Redenering-boek doeltreffend te gebruik.—kmAF 3/87 bl. 8; kmAF10/88 bl. 12.
6 Mag Jehovah jou pogings ten volle seën terwyl jy daarna streef om “die groot dade van God” aan ander bekend te maak (Hand. 2:11). Dan sal hulle dalk ook, soos die psalmis Dawid, aan Jehovah sê: “Hoe kosbaar is dan vir my u gedagtes!”—Ps. 139:17.