Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/87 bl. 1-2
  • Getuig as ’n gesin gedurende Desember

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Getuig as ’n gesin gedurende Desember
  • Ons Koninkryksbediening—1987
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • MAAK VASTE PLANNE
  • ’n Spesiale maand vir velddiens
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Bied die Goeie Nuus Aan—In Desember
    Ons Koninkryksbediening—1985
  • Beplan vooruit vir hulppionierdiens
    Ons Koninkryksbediening—1989
  • Wees ’n hulppionier gedurende Desember
    Ons Koninkryksbediening—1992
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1987
km 12/87 bl. 1-2

Getuig as ’n gesin gedurende Desember

1 “U volk sal baie gewillig wees op die dag van u krygsmag.” Daardie woorde in Psalm 110:3 is ’n goeie beskrywing van Jehovah se hedendaagse, aktiewe organisasie waarin manne, vroue en kinders die goeie nuus van die Koninkryk ywerig verkondig. Gedurende Desember sal talle gesinslede uitstekende geleenthede hê om hulle ‘gewillige diens’ uit te brei deur ’n groter aandeel in die veldbediening te hê. Ons moet vaste planne maak en vroegtydig ons tyd noukeurig indeel as ons ‘die tyd wil uitkoop’.​—Kol. 4:5; 1 Kor. 9:26.

2 Maak getuieniswerk gerus ’n gesinsprojek. Kom bymekaar, en stel vas of dit moontlik is om gedurende Desember meer velddiens te doen. As elke gesinslid aan die bespreking deelneem, sal julle dalk aangenaam verras word deur hoeveel eintlik gedoen kan word.​—Spr. 11:14; 15:22.

3 Talle jongmense kan die skoolvakansie ten volle benut om aan die velddiens deel te neem. Kan jy, as jy ’n skolier is, by die baie ander jongmense aansluit wat gedurende Desember hulppionierdiens gaan doen? Dan sal jy talle ryk seëninge ontvang. Daar hulle kinders tuis is, sal moeders dalk vind dat die skoolvakansie ’n uitstekende geleentheid is om meer tyd aan velddiens saam met hulle kinders te bestee. Vaders en moeders, kan julle saam met julle kinders hulppionierdiens doen? Of kan julle, met die samewerking van elke gesinslid, ten minste een of moontlik meer gesinslede help om hulppionierdiens te doen? Sal julle ’n spesiale poging aanwend om gedurende Desember elke week velddiens te doen? Wat ’n bemoedigende en verenigende uitwerking sal dit tog op almal in julle gesin hê!

MAAK VASTE PLANNE

4 Nadat julle die moontlikhede om julle diens as ’n gesin te vermeerder noukeurig ondersoek het, sal julle vaste planne moet maak en julle moet inspan om dit deur te voer. Sit net ’n kort rukkie opsy om doelwitte vir elke gesinslid en elkeen se daaglikse velddiensrooster neer te skryf. Dit kan dalk op julle gesin se teokratiese kalender geskryf word. Onthou dat die tyd sal kom en sal gaan as julle dit nie indeel nie, met die gevolg dat julle dalk nie jul doelwit verwesenlik nie.

5 Die gemeente se diensopsiener moet natuurlik nou reeds spesiale bedrywighede vir groepgetuienis gedurende hierdie tyd beplan. Dit sal veral geld vir Kersdag en Nuwejaarsdag, wat albei op ’n Vrydag val. As julle streekbyeenkomste nie hiermee saamval nie, kan velddiensreëlings vir al drie dae van hierdie langnaweke getref word. Ons doen aan die hand dat julle huisbewoners wat dalk op hierdie vakansieoggende laat slaap spesiaal in aanmerking neem wanneer hierdie reëlings getref word, ’n Hele aantal gemeentes het goeie resultate behaal toe hulle hul velddiens op hierdie vakansiedae vir ’n bietjie later in die oggend as gewoonlik en dan weer in die middag gereël het.

6 Desember kan ’n besonder produktiewe maand vir die verkondiging van die goeie nuus wees. Dikwels is meer mense tuis, veral op die vakansiedae self, en is hulle in ’n gemoedeliker stemming. Diegene wat godsdienstig is, is dikwels bereid om oor geestelike aangeleenthede te praat. Ons wil hierdie omstandighede ten beste benut om die goeie nuus te verkondig en ons sodoende as gesin ‘gewillig aanbied op die dag van Jehovah se krygsmag’.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel