Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w05 11/1 bl. 13-14
  • Die losprys verheerlik God se regverdigheid

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die losprys verheerlik God se regverdigheid
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • Soortgelyke materiaal
  • Die losprys – God se grootste geskenk
    Wat kan die Bybel ons leer?
  • Die losprys—God se grootste geskenk
    Wat leer die Bybel werklik?
  • Jehovah voorsien “’n losprys in ruil vir baie”
    Kom nader aan Jehovah
  • ’n Ooreenstemmende losprys vir almal
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
w05 11/1 bl. 13-14

Die losprys verheerlik God se regverdigheid

NÁ DIE opstand van Adam en Eva het Jehovah sy voorneme uitgespreek om ’n Saad te verwek wat in die hakskeen gewond sou word (Genesis 3:15). Dit is vervul toe God se vyande Jesus Christus se dood aan ’n folterpaal veroorsaak het (Galasiërs 3:13, 16). Jesus het geen sonde gehad nie omdat hy wonderbaarlik deur die krag van die heilige gees in die baarmoeder van ’n maagd verwek is. Sy vergote bloed kon derhalwe gebruik word as die losprys om mense te bevry, wat sonde en die dood van Adam geërf het.—Romeine 5:12, 19.

Niks kan die almagtige God, Jehovah, keer om sy voorneme te verwesenlik nie. Ná die mens se sondeval was die losprys dus uit Jehovah se oogpunt so goed as betaal en kon hy handel met diegene wat geloof beoefen in die vervulling van sy beloftes. Dit het sondige nakomelinge van Adam, soos Henog, Noag en Abraham, in staat gestel om met God te wandel en selfs sy vriende te word sonder dat dit sy heiligheid geskend het.—Genesis 5:24; 6:9; Jakobus 2:23.

Party wat geloof in Jehovah gestel het, het ernstige sondes gepleeg. Koning Dawid is een voorbeeld. ‘Hoe’, vra jy dalk, ‘kon Jehovah voortgaan om koning Dawid te seën nadat Dawid met Batseba egbreuk gepleeg het en toe die dood van haar man Uria veroorsaak het?’ ’n Belangrike faktor was Dawid se opregte berou en geloof (2 Samuel 11:1-17; 12:1-14). God kon die berouvolle Dawid op grond van Jesus Christus se toekomstige offerande vergewe en nogtans Sy eie geregtigheid en regverdigheid behou (Psalm 32:1, 2). As bewys hiervan verduidelik die Bybel wat die wonderlikste gevolg van Jesus se losprysoffer is, naamlik “om [God se] eie regverdigheid te toon, want hy het die sondes vergewe wat in die verlede plaasgevind het” en “in die teenswoordige tyd”.—Romeine 3:25, 26.

Ja, die mensdom ontvang groot voordele weens die waarde van Jesus se bloed. Op grond van die losprys kan berouvolle menslike sondaars ’n hegte verhouding met God geniet. Daarbenewens maak die losprys ’n opstanding van die dooies in God se nuwe wêreld moontlik. Dit sal getroue knegte van God insluit wat gesterf het voordat Jesus die losprys betaal het en selfs baie wat in onkunde gesterf het en Hom nie aanbid het nie. Die Bybel sê dat “daar ’n opstanding van die regverdiges sowel as die onregverdiges sal wees” (Handelinge 24:15). Dan sal Jehovah op grond van die losprys die ewige lewe aan alle gehoorsame mense gee (Johannes 3:36). Jesus het verduidelik: “God het die wêreld so liefgehad dat hy sy enigverwekte Seun gegee het, sodat elkeen wat geloof in hom beoefen, nie vernietig sal word nie maar die ewige lewe kan hê” (Johannes 3:16). Die mensdom sal al hierdie voordele ontvang as gevolg van God se voorsiening van die losprysoffer.

Die voortreflikste aspek van die losprys is egter nie die voordele wat ons daardeur ontvang nie. Wat van groter belang is, is wat Christus se losprys vir Jehovah se naam doen. Dit bewys dat Jehovah ’n God van volmaakte geregtigheid is wat met sondige mense kan handel en nog steeds rein en heilig kan bly. As God hom nie voorgeneem het om die losprys te voorsien nie, sou dit nie moontlik gewees het vir enige nakomeling van Adam, nie eens Henog, Noag en Abraham, om met Jehovah te wandel of sy vriend te wees nie. Die psalmis het dit besef en geskryf: “As u op oortredings ag gegee het, o Jah, o Jehovah, wie sou kon bly staan?” (Psalm 130:3). Hoe dankbaar moet ons tog wees teenoor Jehovah dat hy sy geliefde Seun aarde toe gestuur het sowel as teenoor Jesus dat hy gewillig sy lewe vir ons as ’n losprys gegee het!—Markus 10:45.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel