Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w90 12/15 bl. 30
  • Onthou jy?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Onthou jy?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Christen se beskouing van die hoër owerhede
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Verheerlik Jehovah as die enigste ware God
    Aanbid die enigste ware God
  • Wie se gesag moet jy erken?
    Kennis wat tot die ewige lewe lei
  • ‘Kom nader aan God, en hy sal nader aan jou kom’
    Kom nader aan Jehovah
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
w90 12/15 bl. 30

Onthou jy?

Het jy noukeurige aandag aan onlangse nommers van Die Wagtoring geskenk? Indien wel, sal jy heel waarskynlik die volgende onthou:

◻ Sal party gesalfde Christene die “groot verdrukking” oorleef en ’n tyd lank op die aarde lewe voordat hulle hemel toe geneem word?—Openbaring 7:14.

Die Bybel sê dit nie uitdruklik nie. Sommige Bybelse verslae dui aan dat gesalfdes moontlik tot in die nuwe wêreld sal deurlewe. Maar miljoene van diegene wat hoop om vir ewig op die aarde te lewe, het reeds die nodige opleiding ontvang om die nuwe wêreld aan die gang te kry. Die klein oorblyfsel sal derhalwe nie vir hierdie werk benodig word nie, en God kan besluit om hulle hemel toe te neem vir “die bruilof van die Lam” nadat die godsdienshoer, “Babilon die Grote”, tereggestel is (Openbaring 18:2, 10; 19:2, 7, 8).—8/15, bladsy 31.

◻ Wat moet die beweegredes wees van ’n man wat sy hart daarop sit om ’n Christenopsiener te word? (1 Timotheüs 3:1).

’n Man moet nederig ’n opsienersamp nastreef omdat hy ander wil dien. Wanneer hy dit aldus met opregte beweegredes doen, kan dit tot geestelike seëninge vir alle betrokkenes lei.—9/1, bladsy 18.

◻ Waarom het die apostel Paulus nie mismoedig geraak ondanks al die dinge wat hy moes verduur nie?

Paulus verduidelik: “Ek is tot alles in staat deur [hom] wat my krag gee” (Filippense 4:13, vgl. NW). Paulus het nooit sy laste alleen probeer dra nie. Hy het hom eerder tot Jehovah gewend vir onderskraging (Psalm 55:23).—9/1, bladsy 30.

◻ Wat is die bedoeling van Paulus se woorde in Efesiërs 4:26: “Word toornig en moenie sondig nie”?

Hierdie woorde gee toe dat ’n mens tereg kan kwaad word, maar wanneer dit gebeur, moet jy nie in daardie gemoedstemming bly en ‘die son oor jou toorn laat ondergaan nie’ (Efesiërs 4:26). Waarom nie? Omdat jy sodoende dalk vir die Duiwel die geleentheid sal gee om jou te verlei sodat jy iets slegs doen en jou God se misnoeë op die hals haal (Psalm 37:8, 9).—9/15, bladsy 21.

◻ Watter groot kontras is daar tussen die manier van onderrigting van Jehovah se Getuies en dié van die geestelikes van die Christendom?

Jehovah se Getuies onderrig met die gesag van God se Woord, terwyl die geestelikes van die Christendom hulle leringe grond op heidense godsdiensoorleweringe wat uit Babilon en Egipte oorgelewer is.—10/1, bladsy 25.

◻ Wat is die belangrikste rede waarom God se Seun na die aarde toe gekom het?

Jesus het in die eerste plek aarde toe gekom om die geskil te besleg wat Satan in verband met Jehovah se soewereiniteit geopper het.—10/15, bladsy 13.

◻ Doen ons enigsins afbreuk aan die eer wat Jehovah toekom as ons die sekulêre owerhede “hoër” noem? (Romeine 13:1, NW).

Nee, want Jehovah is veel meer as net “hoër”. Hy is “die Soewereine Heer”, “die Allerhoogste” (Psalm 73:28, NW; Daniël 7:18, 22). Die sekulêre owerhede is slegs hoër met betrekking tot ander mense in hulle eie sfeer van bedrywigheid. Hulle is daarvoor verantwoordelik om mensegemeenskappe te beheer en te beskerm.—11/1, bladsy 12.

◻ Waarom is liefde die grootste van die nege vrugte van God se gees wat in Galasiërs 5:22 opgenoem word?

Die ander agt vrugte van God se gees is blyke, of verskillende aspekte, van liefde, die vrug wat eerste genoem word. Al hierdie ander vrugte van die gees is noodsaaklike hoedanighede, maar hulle sal ons geensins baat as ons nie liefde het nie (1 Korinthiërs 13:3).—11/15, bladsy 14.

◻ Watter seëninge hou dit in as ons vir medegelowiges bid?

Wanneer ons vir die geestelike welsyn van ander bid, sal dit ons bande van broederlike liefde met hulle versterk. Ons sal ook simpatie met hulle hê en in hulle belangstellinge en hulle kommernisse deel. Enige bitterheid word aldus uitgeroei en maak plek vir opbouende gedagtes wat ons liefdevol en vreugdevol maak.—11/15, bladsye 21-2.

◻ Watter dwingende redes bestaan daar om Jehovah God te aanbid?

Ons moet Jehovah aanbid omdat hy die Skepper is en sy eienskappe ons na hom toe aantrek (Deuteronomium 32:3, 4; 1 Johannes 4:8; Openbaring 10:6). Die Bybel sê: “Die godsaligheid is nuttig vir alles, omdat dit die belofte van die teenwoordige en die toekomende lewe het” (1 Timotheüs 4:8). Geen ander godheid behalwe Jehovah kan so iets beloof en dan sy belofte vervul nie.—12/1, bladsye 6-7.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel