Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w89 9/1 bl. 7
  • “Vol godslasterlike name”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Vol godslasterlike name”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat is die skarlakenkleurige dier in Openbaring hoofstuk 17?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • ’n Ontsagwekkende verborgenheid onthul
    Openbaring—Sy groot klimaks is op hande!
  • Deel 8—Die lang opmars van die wêreldmoondhede nader sy einde
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Die oordeel oor die berugte hoer
    Openbaring—Sy groot klimaks is op hande!
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
w89 9/1 bl. 7

“Vol godslasterlike name”

DIE Bybelboek Openbaring beskryf ’n gesig van “’n skarlakenrooi dier, vol godslasterlike name”. Dit bestaan ’n rukkie, en verdwyn dan in ’n afgrond waaruit dit later opkom (Openbaring 17:3, 8). Hierdie tydskrif het al dikwels hierdie skarlakenrooi dier as die Volkebond en sy opvolger, die Verenigde Volke, geidentifiseer. Maar waarom word daar gesê dat die skarlakenrooi dier “vol godslasterlike name” is?

Die eerste ontwerp van die Handves van die Volkebond, gebaseer op gesamentlike Britse en Amerikaanse voorstelle, is op 14 Februarie 1919 bekendgemaak. The Times van Londen het die volgende dag in ’n hoofartikel met die titel “Die Bond van vrede” gesê: “Ons kan met reg trots wees dat Engelse so baie met die Handves te doen gehad het. . . . Ons durf sê dat dit die belangrikste internasionale dokument is wat ooit gepubliseer is.” George Thayer, ’n predikant van die Eerste Kongregasionalistiese Kerk van Cincinnati in die Verenigde State, het dit beskryf as “die mees verhewe verklaring van die wil en begeerte van die verligte mense op aarde wat ooit op skrif gestel is”. Joernaliste uit die buiteland het ook lof uitgespreek. “Dit is nie ’n Bybel nie”, het die Franse koerant L’Homme Libre gesê, “maar kan veel meer as dit wees, aangesien nòg die Bybel, nòg enige Evangelis ooit verhoed het dat mense mekaar doodmaak. Idealisme het werklikheid geword.” Die Franse koerant Victoire het dit bestempel as “die grootste gesamentlike poging wat sedert die begin van die wêreld aangewend is om rede en reg op die aarde tot stand te bring”.

Na die stigting van die Volkebond het generaal Jan Smuts, een van Brittanje se verteenwoordigers in daardie kommissie, geskryf: “Die handves is een van die groot skeppende dokumente van die mensegeskiedenis. . . . Dit moet slaag, want daar is geen ander weg vir die toekoms van die beskawing nie. . . . Die volke wat nog buite die handves is, sal hulle die een na die ander skaar onder hierdie banier waaronder die menseras ’n triomftog van vreedsame organisasie en sukses gaan onderneem.”

Al sulke verwagtinge is verydel toe die Tweede Wêreldoorlog in 1939 uitgebreek het. Die Bond het misluk. Dit was bloot ’n menslike organisasie wat uit onvolmaakte mense bestaan het. Dieselfde geld vir sy opvolger, die Verenigde Volke. Maar op die dag toe die VV-Handves onderteken is, het ’n hoofartikel in The New York Times dit “die boom van vrede” genoem en gesê: “’n Groot hoop is gebore . . . Groot dinge mag volg.” Kerkleiers het die VV insgelyks “die enigste hoop” op vrede en “die laaste hoop” genoem.

Dit is godslasterlik om dinge aan menseorganisasies toe te skryf wat net God se Koninkryk tot stand kan bring. Die Bybel voorspel derhalwe dat die Verenigde Volke na ’n kort bestaan “na die verderf” sal gaan. Slegs God se volmaakte hemelse regering kan blywende vrede vir die mensdom bring.—Openbaring 17:11, 12; Jesaja 9:5, 6; Daniël 2:44.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel