Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w88 10/15 bl. 2-3
  • Die teken—’n Bewys dat die nuwe wêreld naby is?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die teken—’n Bewys dat die nuwe wêreld naby is?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • “Goeie nuus”
  • Aardbewings—’n Teken van die einde?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Is die wêreld se einde naby?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • Die geslag van 1914—Waarom betekenisvol?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • Laaste dae
    Redenering uit die Skrif
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
w88 10/15 bl. 2-3

Die teken—’n Bewys dat die nuwe wêreld naby is?

“Die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke.”—Mattheüs 24:7.

TERWYL die Eerste Wêreldoorlog gewoed het, het The Watch Tower, 15 April 1917, hierdie woorde aangehaal en gesê: “Ons sien nou ’n gedeeltelike vervulling van hierdie profetiese verklaring in soverre dat feitlik al die nasies van die aarde in ’n dodelike konflik gewikkel is. Die beskikbare voedselvoorraad verminder oral, en die lewenskoste styg.”

Nou, 71 jaar later, vestig hierdie tydskrif steeds sy lesers se aandag op hierdie profesie. Drie eertydse geskiedskrywers het hierdie profesie opgeteken as ’n deel van “die teken” wat Jesus Christus gegee het.—Mattheüs 24:3, 7; Markus 13:4, 8; Lukas 21:7, 10, 11.

Sedert 1914 is honderdmiljoene lewens deur oorloë, hongersnode, pessiektes en ander rampe uitgewis. The New Encyclopædia Britannica (1987) meld 63 “Groot, geskiedkundige aardbewings” wat oor die afgelope 1 700 jaar voorgekom het. Sewe-en-twintig oftewel 43 persent hiervan het sedert 1914 plaasgevind. Die boek Terra Non Firma, deur professors Gere en Shah, bevat ’n lys wat ’n langer tydperk dek. Vier-en-vyftig persent van die totale getal “betekenisvolle” aardbewings op daardie lys het sedert 1914 plaasgevind.a AI hou ’n mens rekening met die feit dat verslae uit vorige eeue onvolledig is, kan ons nie anders as om die gevolgtrekking te maak dat die mensdom in ons tyd grootliks deur aardbewings geraak is nie.

lets selfs skrikwekkenders het mense se harte met vrees vervul toe atoombomme op die Japannese stede Hirosjima en Nagasaki gegooi is. Die kernmoondhede besit nou so baie wapens van massavernietiging dat die mensdom deur uitwissing bedreig word. Soos die geskiedskrywer Lukas voorts in Jesus se profesie opgeteken het: “Daar sal verskriklike dinge en groot tekens van die hemel kom . . . en op die aarde benoudheid van nasies in hulle radeloosheid . . . en mense se harte [sal] beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom.”—Lukas 21:11, 25, 26.

Al sou die supermoondhede dalk instem om die getalle van sommige wapens in hulle arsenale te verminder, sal sulke ooreenkomste nie die mens se vrees vir gewelddadige misdadigheid, ekonomiese ineenstorting en terrorisme verminder nie. “Mense is deesdae meer bekommerd”, sê ’n koerant in Afrika, “oor hulle eie veiligheid as oor enigiets anders. . . . Misdadigheid het hand-uit geruk . . . ; daar is ’n aldeurdringende vrees.” Ja, en Jesus het voorspel dat die ‘vermeerdering van die ongeregtigheid’ nog ’n akkurate besonderheid van die teken is.—Mattheüs 24:12.

“Goeie nuus”

Jy sal egter verlig wees om te hoor dat die tragiese ontwikkelinge wat pas gemeld is volgens die voorspelling gepaard sal gaan met “goeie nuus [wat] in die hele bewoonde aarde verkondig [sal] word” (Mattheüs 24:14, NW). Dit is “goeie nuus” oor God se Koninkryk. Daardie bomenslike wêreldregering het reeds miljoene lojale onderdane versamel. Dit sal binnekort tussenbeide tree in menseaangeleenthede en in die mensdom se behoefte aan ’n regverdige nuwe wêreld voorsien.—Lukas 21:28-32; 2 Petrus 3:13.

Baie mense veronagsaam die “goeie nuus” ongelowig. Ander sê dat hulle dit glo, maar doen min daaromtrent. Sommige handel ’n tyd lank daarvolgens, maar begin dan twyfel. Is sulke negatiewe reaksies ook as deel van die teken voorspel? Nog belangriker, hoe kan jy by hierdie teken baat vind?

[Voetnoot]

a The World Book Encyclopedia (1987) meld 37 “Groot Aardbewings” sedert 526 G.J. Vyf-en-sestig persent van hierdie aardbewings het sedert 1914 plaasgevind.

[Foto-erkenning op bladsy 2]

Voorbladfoto’s: Foto van die Amerikaanse Nasionale Argief WFP/VLO-foto deur F. Mattioli

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel