Het jou kind ’n persoonlike intekening?
VERSTANDIGE ouers stel goeie lektuur vir hulle kinders beskikbaar om by hulle ’n begeerte in te skerp om te leer. Talle sorg byvoorbeeld dat hulle kinders ’n persoonlike intekening op die Bybeltydskrif Die Wagtoring het, wat gebruik word as die grondslag vir weeklikse Bybelbesprekings by vergaderinge van Jehovah se Getuies. Maar hoe oud moet ’n kind wees om ’n persoonlike intekening te hê?
Die volgende brief is vroeër vanjaar van ’n moeder ontvang: °Hierdie intekening is vir ons tweejarige seun. Hy moet gedurende die Wagtoring-studie sy eie eksemplaar hê. Ek het al probeer om hom ’n ander tydskrif te gee wanneer ons nie ’n ekstra eksemplaar gehad het nie, maar hy het opgelet dat die prentjies nie dieselfde is nie en wou die nommer hê wat ons gebruik het. Ek is seker dat die pragtige kleurprente selfs ’n jong kind beïndruk en sy vroeë waardering vir die geestelike voedsel wat hy nog nie kan verstaan nie, sal vergroot.”
Sorg gerus dat elkeen van jou kinders ’n persoonlike intekening op Die Wagtoring het. Ontvang ’n jaarintekening dear die bygaande koepon in te vul en saam met R10 te pos.
Stuur asseblief Die Wagtoring. Ek sluit R10 in.