Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w87 2/15 bl. 21
  • Insig in die nuus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Insig in die nuus
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n “Aanstootlike” naam?
  • Verlowing: ’n kontrak?
  • Aangepas by die moderne tegnologie
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
  • Is godsdiensgeskiedenis vir jou van enige nut?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Wessel Gansfort—“’n Hervormer voor die Hervorming”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
  • Die Hervorming—’n Nuwe wending in die soektog
    Die mensdom se soeke na God
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
w87 2/15 bl. 21

Insig in die nuus

’n “Aanstootlike” naam?

Die Katolieke tydskrif Comnuovi tempi beveel aan dat die goddelike naam nie verwoord word nie, maar hoogstens as JHWH getranskribeer en as “Here” uitgespreek word. Dit was die reaksie op ’n petisie van die “Vereniging vir Joods-Christelike Vriendskap” van Rome wat gesamentlik deur vooraanstaande Katolieke en Joodse teoloë en geleerdes onderteken is. Die petisie het versoek dat “uitgewers en die redaksionele personeel van koerante en tydskrifte” ophou om die naam “Jahwe” te gebruik omdat dit “aanstootlik is vir Jode, wat die naam van God as onuitspreeklik beskou”. HuIle versoek, sê die Vereniging, is gegrond op ’n “ou Joodse tradisie” wat tot vandag toe “ononderbroke gehandhaaf is”.

Maar moet Christene hulle deur Joodse tradisies laat lei? Sal dit vir hulle reg wees om God se naam opsy te stoot en dit nie uit te spreek nie? Die Bybel toon dat God wil hê dat almal moet weet dat hy, “wie se naam Jehovah is”, die Allerhoogste is (Psalm 83:18, NW; Esegiël 38:23, NW; Maleagi 3:16, NW). Jesus het hierin die voorbeeld gestel. Pleks van die Joodse tradisies te volg wat ‘die gebod van God kragteloos gemaak het’, het hy sy volgelinge geleer bid: “Laat u Naam geheilig word” (Mattheüs 6:9; 15:6). En net ’n paar uur voor sy offerdood het hy in gebed gesê: “Ek het u Naam aan [die dissipels] bekend gemaak en sal dit bekend maak.”—Johannes 17:26.

Verlowing: ’n kontrak?

Die jong Brasiliaanse vrou en haar verloofde het pas hulle nuwe huis klaar gemeubileer. Die uitnodigings was reeds uitgestuur, en alles was skynbaar gereed vir hulle troue, net drie dae later. In afwagting van haar nuwe lewe het die bruid haar werk opgegee. Toe, sonder enige waarskuwing, het die bruidegom die verlowing verbreek. Verslae en teleurgesteld het die verstote bruid ’n hofsaak aanhangig gemaak. Haar advokaat het aangevoer dat die ‘huweliksverlowing ’n voorlopige kontrak is, en as dit sonder goeie rede verbreek word, moet die onskuldige party vergoed word vir enige verliese wat hy of sy gely het’. Die hof het saamgestem en die man beveel om aan sy gewese verloofde ‘’n bruidskat gelykstaande aan ’n wetlik vasgestelde salaris te gee en om die hofkoste en advokaatsgelde te betaal’. In kommentaar op die beslissing het regsgeleerde Nereu Mello in die koerant Jornal da Lapa van São Paulo geskryf: “Die huweliksverlowing is ’n baie ernstige kontrak, en die verbreking daarvan word nie lig opgeneem voor die Wet nie.”

Hierdie beskouing van die erns van die huweliksverlowing is nie nuut nie, Onder die Mosaïese Wet het ’n verloofde vrou wat hoerery gepleeg het, dieselfde straf ontvang as ’n owerspelige getroude vrou. Sy is anders behandel as die ongetroude vrou wat gehoereer het (Deuteronomium 22:23, 24, 28, 29). Die verlowing is destyds as bindend beskou—asof die paartjie reeds getroud is (Mattheüs 1:19). Vandag beskou Christene ’n verlowing ook as ’n ernstige stap, Hulle neem dit nie lig op nie.—Vergelyk Mattheüs 5:37.

Aangepas by die moderne tegnologie

Nadat Martin Luther uitgevaar het teen die verkoop van aflate (kwytskelding van sekere vorme van straf vir sonde) het die Rooms-Katolieke Kerk die gebruik in 1562 verbied. Maar Pedro AlbeIIan, ’n amptenaar van die Vatikaan, het onlangs beklemtoon dat die leer oor die toestaan van aflate steeds “onloënbaar en onveranderlik” is. ’n Hersiene Rooms-Katolieke handboek oor aflate toon dat die Vatikaan hierdie ou leerstelling by die moderne tegnologie aangepas het. Volgens The Times van Londen kan biskoppe nou “drie maal per jaar deur middel van die radio of televisie ’n volle aflaat aan hulle getroue lidmate toestaan wanneer hulle ’n seën in die naam van die Pous uitspreek”. Daar is egter ’n beperking. “Dit moet ’n direkte uitsending wees”, sê Luigi De Magistris van die Vatikaan se Heilige Apostoliese Penitensiarie, die kantoor wat hom met aflate besig hou. “Dit is nie genoeg om na ’n opname te kyk nie.”

Maar is aflate Skriftuurlik, hetsy hulle verkoop of persoonlik of oor die TV gegee word? Hoewel Jesus soms vryelik sondes vergewe het, het hy niks gesê oor die nodigheid vir aflate nie. Die apostels het ook nie. “Die bloed van Jesus Christus, [God se] Seun, reinig ons van alle sonde”, het die apostel Johannes geskryf. “As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig” (1 Johannes 1:7, 9). As alle sondes op hierdie manier vergewe word, wat bly dan oor waarvoor ’n mens deur straf moet betaal of deur aflate kwytgeskeld hoef te word?—Johannes 3:36; Romeine 5:10.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel