Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w85 9/15 bl. 8
  • Jesus se doop

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jesus se doop
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Soortgelyke materiaal
  • Jesus word gedoop
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • Jesus word gedoop
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Jesus word die Messias
    Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Johannes doop vir Jesus
    My boek met Bybelverhale
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
w85 9/15 bl. 8

Jesus se lewe en bediening

Jesus se doop

OMTRENT ses maande nadat Johannes begin preek het, kom Jesus, wat nou 30 jaar oud is, na hom toe by die Jordaan. Waarom? Vir ’n kuiertjie? Stel Jesus eenvoudig belang in hoe Johannes se werk vorder? Nee, Jesus vra Johannes om hom te doop.

Johannes maak dadelik beswaar. “Ek het nodig om deur U gedoop te word, en kom U na my toe?” vra hy. Johannes weet dat sy neef Jesus God se spesiale Seun is. Johannes het immers uit vreugde in sy moeder se moederskoot opgespring toe Maria, wat Jesus verwag het, hulle besoek het! Johannes se moeder Elisabet het hom ongetwyfeld later hiervan vertel. En sy sou hom ook vertel het van die engel se aankondiging van Jesus se geboorte en van hoe engele die nag toe hy gebore is aan herders verskyn het.

Johannes ken dus vir Jesus. En Johannes weet dat sy doop nie vir Jesus is nie. Dit is vir diegene wat hulle van hulle sondes bekeer, maar Jesus het geen sonde nie. Maar ondanks Johannes se beswaar dring Jesus aan: “Laat dit nou toe, want só pas dit ons om alle geregtigheid te vervul.”

Waarom is dit reg dat Jesus gedoop word? Want Jesus se doop is ’n simbool, nie van bekering van sonde nie, maar dat hy hom aanbied om sy Vader se wil te doen. Jesus was ’n timmerman, maar nou het die tyd aangebreek vir hom om te begin met die bediening waarvoor God hom aarde toe gestuur het. Dink jy Johannes het verwag dat iets buitengewoons sou gebeur wanneer hy Jesus doop?

Wel, Johannes het later gesê: “Hy wat my gestuur het om met water te doop, Hy het aan my gesê: Op wie jy die Gees sien neerdaal en op Hom bly, dit is Hy wat met die Heilige Gees doop.” Johannes het dus verwag dat God se gees sou neerdaal op iemand wat hy doop. Daarom was hy moontlik nie werklik verbaas toe Jesus uit die water opklim en ‘God se gees soos ’n duif op hom neerdaal’ nie.

Maar daar het nog iets by Jesus se doop gebeur. Die hemel het vir Jesus oopgegaan en ’n stem het gesê: “Dit is my geliefde Seun in wie Ek ’n welbehae het.” Wie se stem was dit? Jesus s’n? Natuurlik nie! Dit was God s’n. Dit is duidelik dat Jesus God se Seun is, nie God self nie, soos party mense beweer. Mattheüs 3:13-17; Lukas 3:21-23; 1:34-36, 44; 2:10-14; Johannes 1:32-34; Hebreërs 10:5-9.

♦ Waarom het Johannes Jesus geken?

♦ Waarom is Jesus gedoop, aangesien hy geen sonde gehad het nie?

♦ Waarom was Johannes, in die lig van wat hy van Jesus geweet het, moontlik nie verbaas toe God se gees op Jesus neergedaal het nie?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel