Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w85 8/15 bl. 27-29
  • Is onsedelikheid afgodediens?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Is onsedelikheid afgodediens?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Ander soort afgodediens
  • Hoe kan ons rein bly?
  • “Wandel soos kinders van die lig”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
  • Vrae van lesers
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
  • Hoe om jouself te beskerm teen een van Satan se strikke
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2019
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
w85 8/15 bl. 27-29

Is onsedelikheid afgodediens?

DIE Spaanse weekblad Cambio16 het vertel van ’n verwikkeling in die programme van Franse roofradiostasies. Onder die opskrif “Seks oor die lug” het dit gesê: “Ander [stasies] het pornografie verkies​—of moet ons sê, pornofonie—​en hulle wy hulle tyd aan lewende sendings van orgasmes, ekstases en liefkosings in volledige besonderheid. . . . Tussen een-uur en drie-uur in die oggend bewerkstellig die [stasie] kontak tussen luisteraars wat mekaar nie ken nie sodat hulle regstreeks oor die telefoon van hulle liefdesdade of masturbasies kan vertel.”

Die berig vertel voorts hoe een omroeper paartjies na die ateljee nooi en “die byvoeglike naamwoorde van sy erotiese woordeboek begin afrits as begeleiding vir die swaar asemhaling en sugte van paartjies wat besluit het om voor die mikrofone omgang te hê.”

Die publiek se belangstelling is deur hierdie soort uitsending gaande gemaak, soos blyk uit opskrifte en hoofartikels in Paryse dagblaaie soos Le Matin en Le Quotidien.

’n Ander soort afgodediens

Hoe moet ’n Christen hierdie nuwigheid in radio-uitsendings beskou? Die apostel Paulus het die Christene van Efese vermaan: “Dit sê en betuig ek dan in die Here, dat julle nie meer moet wandel soos die ander heidene ook wandel in die verdwaasdheid van hulle gemoed nie​—mense . . . wat ongevoelig geword het en hulle oorgegee het aan die ongebondenheid om in hebsug allerhande onreinheid te bedrywe.” Of, soos die Nuwe Vertaling dit stel: “Hulle het heeltemal afgestomp geraak en hulle met ’n onversadigbare drang aan losbandigheid oorgegee om al wat vuil is, te doen. Maar dit is nie hoe julle Christus leer ken het nie. Julle het tog van Hom gehoor, en omdat julle sy volgelinge is, is julle onderrig volgens die waarheid wat in Jesus is.”​—Efesiërs 4:17-21.

Miskien sal iemand kapsie maak en sê dat om te luister na onsedelike gedrag oor die radio nie dieselfde is as persoonlike deelname aan sulke dade nie en dat dit nie afgekeur behoort te word nie. Maar vir die Christen is die skeidslyn baie skerper as dit. Ons lees byvoorbeeld in Efesiërs hoofstuk 5: “Hoerery en allerhande onreinheid . . . moet onder julle selfs nie genoem word nie, soos dit die [geestelik rein] heiliges betaam; ook nie gemeenheid en dwase of lawwe [“vuil”, NAV] praatjies wat nie pas nie.” As onreinheid nie eens genoem mag word onder Christene nie, sal hulle beslis nie getuies daarvan wil word nie, hetsy deur leesstof, televisie of die radio.​—Efesiërs 5:3, 4.

Maar waarom is dit so belangrik dat ’n Christen elke vorm van onsedelikheid moet vermy? Waarom moet hy wegbly van pornografie, hetsy dit gesien of gehoor kan word? Paulus antwoord: “Want dit moet julle weet dat geen hoereerder of onreine of gierigaard, wat ’n afgodedienaar is, ’n erfdeel het in die koninkryk van Christus en van God nie. Laat niemand julle met ydel woorde verlei nie, want daardeur kom die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid. Wees dan nie hulle deelgenote nie.”​—Efesiërs 5:5-7.

Het jy daarop gelet dat onsedelikheid ’n vorm van afgodediens is? Hoe so? Omdat die onrein begeertes van die vlees, die smagting na ongeoorloofde genot, ’n voorwerp van toewyding word sodat daar geen plek meer vir reine aanbidding is nie. Daar het nou ’n ander God in die persoon se lewe gekom​—die god van gierige, selfsugtige, onsedelike begeerte. Godvrugtige eienskappe word deur onbehoorlike geslagsbegeertes verdring. Deur sy oë of ore tot pornografie te wend, stel die persoon enige verhouding wat hy dalk met die heilige God, Jehovah, het in gevaar.​—Jesaja 6:3.

Hoe kan ons rein bly?

Hoe kan ons die versoekinge van die hedendaagse Sodom en Gomorra weerstaan? Ons kan dit doen deur sterk geestelike beginsels aan te kleef en dit ons hart en verstand te laat oorheers. In die voormelde brief aan die Efesiërs het Paulus sy medegelowiges aangespoor: “Hou dan op om te lewe soos julle vroeër gelewe het; breek met die ou, sondige mens in julle wat deur sondige begeertes verteer word. Julle gees en gedagtes moet nuut word; lewe as nuwe mense wat as die beeld van God geskep is. Lewe volkome volgens die wil van God en wees heilig.”​—Efesiërs 4:22-24, NAV.

Hoe kan ons daardie nuwe “gees” behou? Deur meer kennis van en waardering vir die Bybel te verkry en deur ons te onderwerp aan die leiding van die Heer se “getroue en verstandige dienskneg”​—die Christelike liggaam wat duidelike riglyne verskaf vir ’n godvrugtige lewe in hierdie bose en swaar tye. Ons het ook die opbouende omgang nodig wat verkry kan word deur gereelde bywoning van die Bybelopvoedkundige vergaderinge van Jehovah se Getuies. Wanneer hierdie studie en omgang ons gereelde gewoonte is​—soos om te eet—​dan sal ons “gees” standvastig en sterk wees. Dit sal ons beweeg tot verset teen die versoekinge van hierdie onsedelike stelsel wat seksuele bevrediging tot elke prys as ’n hedendaagse afgod opgestel het.​—Mattheüs 24:45-47; Handelinge 8:30, 31; Hebreërs 10:24, 25.

[Prent op bladsy 27]

Kan hierdie dinge jou tot afgodediens verlok?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel