Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w85 8/15 bl. 31
  • Onthou jy?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Onthou jy?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Soortgelyke materiaal
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Voed jouself met die vervulling van Jehovah se woorde
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Behaag Jehovah deur goedhartigheid aan die dag te lê
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
w85 8/15 bl. 31

Onthou jy?

Het jy die laaste paar nommers van Die Wagtoring geniet? Kyk of jy die volgende gedagtes kan onthou:

◻ Wat kan Christene help om verborge foute te bowe te kom?

Christene wat Jehovah wil behaag, moet lewe met die wete dat hulle nie hulle foute vir God kan wegsteek nie. Hulle moet ook Jehovah se hulp aanvaar om sulke swakhede te bowe te kom (Prediker 12:14, NW; Filippense 4:13, NW).​—15/4, bladsy 20.

◻ Watter uitdaging in verband met Christelike rypheid moet elke kneg van Jehovah onder die oë sien?

Is die kneg van Jehovah bereid en gretig om die verantwoordelikheid te aanvaar wat op ’n ryp, geestelike persoon neerkom? Of dryf hy maar net saam terwyl ander sy verantwoordelikheid vir hom dra? (Galasiërs 6:4, 5).​—1/5, bladsye 9, 10.

◻ Hoe kan ons goedheid betoon deur ware vriendskap aan te kweek?

Ons betoon goedheid wanneer ons vir ander wys dat ons hulle waardeer. Ons kan dit doen deur na ander te luister en nie die gesprek te oorheers deur net oor onsself te praat nie. Goedheid beteken ook dat ons let op wat ons vir ander sê (Spreuke 12:18).​—15/5, bladsye 4, 5.

◻ Wat het Jesus bedoel toe hy in Markus 9:50 gesê het: “Julle moet sout in julle hê”?

Jesus het bedoel dat sy dissipels in woord en daad bedagsaam, taktvol, opbouend en vredeliewend moet wees, dat hulle optrede teenoor mekaar van goeie smaak moet getuig.​—15/5, bladsy 24.

◻ Wat is sommige feite wat toon dat Jesus nie op 25 Desember gebore is nie?

Desember is ’n reënerige, koue seisoen in Betlehem. Herders sou dus nie met hulle kuddes in die oop veld oornag het nie. Dit is ook onwaarskynlik dat die Romeinse keiser sou verwag dat die mense in die winter moet reis, aangesien die Jode alreeds teen die Romeine in opstand wou kom.​—1/6, bladsy 8.

◻ Waarom moet die doop ’n tyd van bepeinsing en nugtere denke vir kandidate wees?

Doop is die tyd wanneer ’n persoon toon dat hy ’n lewensbelangrike besluit geneem het​—om hom aan God as die soewereine Heer te onderwerp en om, as ’n Getuie vir Jehovah, geen deel van die wêreld te wees nie (Lukas 3:21; Mattheüs 4:10; 1 Johannes 5:19).​—1/6, bladsy 31.

◻ Wat het Jesus bedoel toe hy in Lukas 1:37 (NW) gesê het: “By God sal geen verklaring onmoontlik wees nie”?

Jesus se woorde beteken nie dat God sommer enigiets kan sê nie, maar eerder dat geen woord of verklaring van Jehovah onvervuld kan bly nie (Jesaja 55:10, 11).​—15/6, bladsy 14.

◻ Hoe voed Jehovah se volk hulle vandag met “elke uiting wat uit die mond van die HERE uitgaan”? (Mattheüs 4:4).

Hulle voed hulle nie deur bloot self God se Woord die Bybel te lees en te bestudeer nie, maar deur gesamentlik en individueel te ondervind hoe wonderlik Jehovah sy woorde teenoor sy volk vervul en ten behoewe van hulle optree.​—15/6, bladsy 17.

◻ Wat is van die vernaamste kenmerke van die Hindoe-godsdiens?

Hindoes word nie deur ’n sentrale liggaam bestuur nie; daar is geen vasgestelde aanbiddingsvorm nie; daar is nie een boek, soos die Bybel, wat die bron van hulle opvattings is nie; daar het eerder deur die eeue heen ’n groot verskeidenheid Hindoe-geskrifte verskyn, en ses verskillende filosofiese denkrigtinge het ontstaan.​—1/7, bladsy 4.

◻ Hoe het Christene in die eerste eeu opgetree teenoor iemand wat nie ’n uitgesette sondaar was nie maar wat die Christelike weg willens en wetens verwerp het?

Die apostel Johannes het raad gegee oor die wat ‘van ons uitgegaan het’ en oor die wat ’n valse leer verkondig het (1 Johannes 2:19). In 2 Johannes 10 het hy Christene aangeraai om sulke mense ‘nie in hulle huis te ontvang’ of te groet nie. Die woord “afval” kom van ’n Griekse woord wat die gedagte van ‘verlating, afstanddoening of opstand’ bevat, en iemand wat hom opsetlik en formeel van die Christengemeente gedissosieer het, sou aan daardie beskrywing voldoen het. Lojale Christene sou nie met so ’n afvallige gemeenskap wou hê nie.​—15/7, bladsy 31.

◻ Hoe kan die ware godsdiens uitgeken word?

Die ware godsdiens moet voldoen aan God se standaarde van waarheid soos in die Bybel uiteengesit; dit moet die vredevolle vrug liefde voortbring; en dit moet ook God se naam, Jehovah, eer.​—15/7, bladsy 7.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel