Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w83 12/15 bl. 24
  • Is Jesus op 25 Desember gebore?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Is Jesus op 25 Desember gebore?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Soortgelyke materiaal
  • Moet Christene Kersfees vier?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2017
  • Kersfees—Waarom is dit gevaarlik?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • “Waarom ek nie Kersfees vier nie”
    Ontwaak!—1994
  • Moet jy Kersfees vier?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
w83 12/15 bl. 24

Is Jesus op 25 Desember gebore?

DIE meeste mense glo waarskynlik dat dit die geval is. Wat toon die getuienis?

Slaan gerus die onderwerp “Kersfees” in ’n ensiklopedie na. Dit sal heel waarskynlik die oorsprong van Kersfees toon, en hoe die datum 25 Desember as Jesus se geboortedag gekies is. Elke jaar bevat talle publikasies hierdie informasie. Die volgende kommentare kom uit tydskrifte wat in Desember 1981 gepubliseer is.

Frontier, ’n publikasie van Frontier Airlines, het gesê: “Vir die vroeë Christene was verjaarsdae ’n heidense gebruik. Dit was ondenkbaar om ’n mens se eie verjaarsdag te vier, wat nog te sê Christus se verjaarsdag. Dit was heiligskennis om selfs te kenne te gee dat ’n Goddelike Wese ’n verjaarsdag het.

“In die volgende 300 jaar het hierdie gesindheid begin verander, en in 354 n.C. het die Biskop van Rome 25 Desember tot die dag verklaar waarop Christus se geboorte herdenk moet word.”

These Times, ’n publikasie van die Adventiste, het gesê: “Geruime tyd voor die koms van die Christendom was 25 Desember ’n heidense viering . . . Keiser Aurelianus (270-275 n.C.) het gou hierdie heidense aanbidding van die son benut en in die jaar 274 n.C. het hy 25 Desember amptelik as die geboortedag van die Onoorwonne Son verklaar. . . . In 354 n.C., twee jaar na die einde van Sint Julius se bewind, het die nuwe Roomse biskop, Liberius, al sy mense beveel om 25 Desember as die korrekte dag van Christus se geboorte te vier.”

Ja, 25 Desember is uit heidense vierings as Jesus se geboortedag oorgeneem, soos U.S. Catholic verduidelik: “Die Romeine se gunstelingfees was die Saturnalieë, wat op 17 Desember begin het en geëindig het met die ‘verjaarsdag van die onoorwonne son’ (Natalis solis invicti) op 25 Desember. Tydens die tweede kwart van die vierde eeu het wakker amptenare van die kerk van Rome besluit dat 25 Desember ’n goeie dag sou wees om die geboorte van die ‘son van geregtigheid’ te vier. Kersfees is gebore.” Die artikel sê voorts: “Dit is onmoontlik om Kerkfees van sy heidense oorspronge te skei.”

Hoe het party gereageer toe hulle hierdie feite omtrent Kersfees geleer het? The World Book Encyclopedia sê onder “Kersfees”: “As gevolg van hierdie gevoelens is Kersfees gedurende die 17de eeu in Engeland en dele van die Engelse kolonies in Amerika verbied.”

Dit behoort ’n mens dus nie te verbaas dat ingeligte Christene vandag nie Kersfees vier nie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel