Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w83 1/1 bl. 12-13
  • Waar is die dode?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Waar is die dode?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Soortgelyke materiaal
  • Is die hel ’n regte plek? Wat is die hel volgens die Bybel?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Wie gaan hel toe?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Wat is die hel werklik?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2002
  • Wat het van die helse vuur geword?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2002
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
w83 1/1 bl. 12-13

God se Woord is lewend

Waar is die dode?

DIE man wat hier huil se naam is Jakob. Hy is baie hartseer omdat hy meen dat sy geliefde seun Josef doodgemaak is. Daardie bloedbevlekte lang kleed wat Jakob vashou, behoort aan Josef. “’n Wilde dier het hom opgeëet”, roep Jakob uit. “Verskeur, verskeur is Josef!”—Genesis 37:33.

Die mense rondom Jakob is sy ander kinders. Hulle probeer hulle vader troos. “Maar hy het geweier om hom te laat troos en gesê: Nee, treurende sal ek na my seun in die doderyk [“hel”, Katolieke Douay-vertaling] afdaal!”—Genesis 37:35.

Waar het Jakob gemeen is Josef? Het hy geglo dat Josef vir ewig na ’n plek van foltering gegaan het, en wou Jakob soontoe gaan om by hom te wees? Of het Jakob eerder net geglo dat sy geliefde seun dood en in die graf was, en wou hy self ook sterf?

Kyk na hierdie man wat veel pyn verduur. Dit is getroue Job. In sy benoudheid bid hy tot God: “Ag, as U my maar in die doderyk [“hel”, Douay-vertaling] wou wegsteek, my wou verberg totdat u toorn bedaar het, my ’n bepaalde tyd wou stel en dan aan my wou dink!”—Job 14:13.

Dit is duidelik dat Job wil sterf om van sy lyding en pyn verlos te word. Wat glo hy dus sal sy toestand wees nadat hy gesterf het? Waar is die dode? Job glo nie dat hy in ’n plek genaamd hel sal voortlewe nadat hy gesterf het of dat hy aldaar in vuur gefolter sal word nie. Job weet dat wanneer ’n persoon gaan na die plek wat hierdie Katolieke Bybel “hel” noem, hy bloot na sy graf gaan waar hy niks weet nie en gevolglik geen pyn verduur nie (Prediker 9:5, 10). Die oorspronklike Hebreeuse woord vir hierdie plek van die dode is Sheol, en dit beteken die gemeenskaplike graf van die mensdom. In die tekste wat hier aangehaal is, sê party ander Bybels, soos die Authorized Version, dus “graf” in plaas van “hel” of “doderyk”.

Is daar enige hoop vir diegene wat onbewus in die graf is? Kan hulle weer lewe? Ja, die Bybel sê: “Die dood en die doderyk [“hel” of “graf”] het die dode gegee wat daarin was” (Openbaring 20:13, 14, vgl. AV). Watter goeie nuus is dit tog! God sal persone wat gesterf het weer opwek en aldus die hoop verwesenlik van persone soos Job wat aan die opstanding geglo het.—Job 14:14, 15.

[Prent op bladsy 12]

Wat het Jakob bedoel toe hy vir sy familielede gesê het dat sy seun in die hel was?

[Prent op bladsy 13]

Waarom het Job gebid om hel toe te gaan?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel