Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w82 10/1 bl. 11
  • ’n Verstandige beskouing van geleerdheid

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Verstandige beskouing van geleerdheid
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • Soortgelyke materiaal
  • Moet jou kind na ’n kosskool gaan?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • Geleerdheid—Wat dit kos, wat dit bied
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • Ouers—Watter toekoms wil julle vir julle kinders hê?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • Pioniers bring en ontvang seëninge
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
w82 10/1 bl. 11

’n Verstandige beskouing van geleerdheid

DIE Bybel raai ouers aan om hulle kinders op te voed “in die tug en vermaning van die Here” (Efesiërs 6:4). Sulke opleiding is baie waardevoller as sekulêre geleerdheid.

’n Vader in Nigerië stem hiermee saam. Hy sê: “Ek het gereeld geestelike dinge, onder meer die dagteks, met my kinders bespreek. Ek wou hulle help om Jehovah lief te hê en na sy raad te luister. Ek wou hulle ook ’n sterk geloof gee.

“Ek was bewus van die onchristelike invloed wat by die skool op hulle uitgeoefen word. Ek het hulle dus nie in ’n koshuis laat woon nie. Ek wou hê dat hulle elke dag huis toe moes kom sodat ek kon voortgaan om hulle volgens die Skrif op te lei. Ek onthou hoedat my dogter eendag na skool vir my vertel het dat ’n ryk man haar genooi het om hom te besoek. Ek het hom besoek en uitgevind dat hy onsedelike bedoelings met haar gehad het. Ek was bly dat sy nie in die koshuis gewoon het waar ek haar nie veel leiding sou kon gee nie.

“Ek het ook die pionierdiens [voltydse predikingswerk] as ’n doelwit aan my kinders voorgehou, en drie van hulle het as pioniers ingeskryf nadat hulle gematrikuleer het. Toe Michael op skool was, het hy die begeerte uitgespreek om ook ’n apteker te word soos ek. Ek het vir hom gesê dat hy ’n goeie professie in gedagte gehad het, maar dat hy, indien hy universiteit toe sou gaan, die gevaar sou loop om deel van die wêreldlike stelsel te word. Jy sien, ek het opgemerk dat baie gegradueerdes onwenslike eienskappe ontwikkel het. Party van hulle het trots geword en hulle waardering vir God en sy diens verloor.

“Michael het klaarblyklik ernstig oor hierdie dinge nagedink, want ’n paar jaar later het hy geleenthede om universiteit toe te gaan van die hand gewys en eerder as ’n pionier ingeskryf. Hy en sy vrou, Eunice, wat ook ’n pionier geword het nadat sy gematrikuleer het, dien nou by die Bethel [die Wagtoringgenootskap se takkantoor] in Lagos.”

Jong Christian se ouers het hom ook die waarheid geleer en hy is sterk beïnvloed deur sy moeder se ouers wat pioniers was. Nadat hy gematrikuleer het, het hy self etlike maande lank pionierdiens gedoen en die begeerte uitgespreek om dit sy loopbaan te maak.

Maar sy vader het gemeen dat dit belangrik was dat die seun universiteit toe gaan om ’n veilige toekoms te verseker. Hy het dus daarop aangedring dat Christian vir ’n vyfjarige universiteitskursus inskryf.

Wat het Christian gedoen? Wel, sy gewete het vir hom gesê dat hy sy vader moet gehoorsaam, soos die Bybel beveel (Efesiërs 6:1). Maar hy het stappe gedoen om sy geestelikheid te bewaar terwyl hy op universiteit was. Trouens, toe hy vind dat sy kursus nie te tydrowend was nie, het hy as ’n pionier ingeskryf.

Sy vader was eers hierteen gekant, maar het mettertyd daartoe ingestem. Christian het sy gevoelens opgesom toe hy vir sy vader gesê het: “Ek waardeer alles wat Vader vir my gedoen het en ek wil Vader gehoorsaam. Dit is waarom ek ingestem het om universiteit toe te gaan, en ek is van plan om die ooreenkoms na te kom. Maar ek is ook toegewy aan Jehovah, wat beteken dat ek sy belange eerste moet stel. Myns insiens is die pionierdiens een van die beste maniere om dit te doen.”—Mattheüs 6:33; Prediker 12:1.

In albei die voormelde gevalle is die jongmense geseën. Maar hoe moet Christene geleerdheid oor die algemeen beskou? Lees ons volgende artikel.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel