Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w82 8/1 bl. 23
  • Ywerige ouers kweek sendelinge

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ywerige ouers kweek sendelinge
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • Soortgelyke materiaal
  • Pionierdiens—Is dit vir jou?
    Ons Koninkryksbediening—1998
  • Ons dien God as ’n gesin
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Die seëninge van die pionierbediening
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • Dink aan diegene in die voltydse diens
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
w82 8/1 bl. 23

Ywerige ouers kweek sendelinge

MEER as drieduisend jaar gelede het kinderlose Hanna, ’n getroue vrou in Israel, beloof om haar eersgebore seun aan Jehovah se diens af te staan indien hy haar ’n kind sou skenk. Jehovah het haar opregte gebede verhoor en sy het haar belofte vervul. Haar seun Samuel het ’n voltydse dienaar van God en ’n Bybelskrywer geword.—1 Samuel 1:4-28.

Baie Christenouers in ons dag het vir hulle kinders ’n goeie voorbeeld in Jehovah se diens gestel en hulle aangespoor om voltydse dienaars te word soos Samuel, eerder as om ’n wêreldse loopbaan te beplan. Hierdie gedagte is kragtig tuisgebring op 7 Maart tydens die gradeplegtigheid van die 72ste klas van die Wagtoring-Bybelskool Gilead wat in Brooklyn, New York, geleë is. Die 42 studente het vyf maande lank intensiewe opleiding vir sendingwerk in die buiteland ontvang. Wat het baie van hulle in die voltydse diens laat belangstel? Drie bloedsusters kan daardie vraag beantwoord—Brenda, Rhonda en JoDene Rittenbach:

“Ons is grootgemaak in ’n gelukkige, teokratiese huis waar ons ouers ons gehelp het om die waarheid lief te hê en uit te leef. Hulle het die voorbeeld gestel. Wanneer omstandighede dit toegelaat het, het hulle hulppionierdiens (60 uur per maand in die Christenbediening) saam met ons gedoen, veral tydens vakansies” het Brenda verduidelik.

“Hulle het ons ook geleer om ’n praktiese beskouing van die pionierdiens te hê” het JoDene bygevoeg, “deur ons verantwoordelikhede in die huis en in die pionierdiens met ons te hersien. Hulle het ons gehelp om dinge realisties te beplan in plaas daarvan om dit te idealisties te benader.”

Wat doen die Rittenbach-gesin noudat hulle ses kinders groot is? Die drie dogters sal binnekort in Colombia dien. Drie getroude seuns (en hulle vrouens) is ook in die voltydse diens. En wat doen die moeder en vader? Hulle werk voltyds op Watchtower Farms in die staat New York!

Dit lei geen twyfel dat Janice Peterson van Ontario, Kanada, deur haar ouers beïnvloed is om in die voltydse diens te tree nie. “My vader was voor sy troue ’n pionierprediker. As ’n getroude man met kinders was dit sy doelwit om pionierdiens met die gesin te doen en te dien waar die behoefte groot was. Sy droom is verwesenlik toe ons almal, my gebreklike moeder inkluis, in 1969 na Nicaragua verhuis het. Hoe gelukkig het dit my en my vader tog gemaak om daar saam as spesiale pioniers te dien! Nou sal ek en my man binnekort in Suid-Amerika dien.”

In party gevalle was dit selfs die grootouers wat die lewens van hierdie gegradueerdes beïnvloed het. Ross Miller se ouma was ’n kolporteur (pionier) in die vroeë deel van die eeu en haar ywer het twee geslagte beïnvloed. Haar seun, Ross se vader, het as ’n spesiale pionier en in die hoofkwartier van die Wagtoringgenootskap in Brooklyn gedien. Ross se moeder was ook ’n pionier. Hy het ’n oom en tante wat in Mexiko dien. Ywerige ouers en familielede kan ongetwyfeld die volgende geslag beïnvloed.

Verskeie ander in hierdie klas is dankbaar vir die goeie voorbeelde en bemoediging van hulle ouers, waarvan baie die gradeplegtigheid bygewoon het.

Al 2 044 wat die gradeplegtigheid bygewoon het, het hulle verheug in ’n puik program wat bemoedigende toesprake deur ouere manne van Bethel sowel as ’n uitstekende verskeidenheid ondervindings, musiek en ’n Bybeldrama deur die studente ingesluit het. Almal het die vurige toespraak van die agt-en-tagtigjarige president van die Wagtoringgenootskap, F. W. Franz, oor die onderwerp “Gedra julle soos manne” hoog op prys gestel. Hy het dit beklemtoon dat alle Christene, vroulik sowel as manlik, manmoedig moet dien, veral in hierdie gevaarlike dae voor Armageddon.—1 Korinthiërs 16:13, NW; Psalm 68:12.

Die 42 studente uit 5 lande sal in 18 lande op 4 vastelande dien. Hulle sendingwerk sal ongetwyfeld ’n groot bydrae lewer tot die uitbreiding van die Koninkryk.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel